Na aanleiding van 'n versugting elders, begin ek die gesprekslyn. Wat dink julle van al die politieke kapperjolle, gatomswaai ensovoorts wat tans aan die orde van die dag is? Hoe uitgesproke kan ons op die forum wees, die regskenners op die forum moet help sensor asb.
Ek kan nogal baie kwytraak oor die mediese parool van sekere persone.
Len ek kyk nou. Total…
Len ek kyk nou.
Total number vaccines 14 126 000
Total number persons 10 350 000
Dit is op bladsy 8 https://sacoronavirus.co…
Pasop waarvoor jy wens
Terug na die gesprekslyn se onderwerp. Politiek is twak, maar dit bepaal baie dinge. Vra maar iemand wat in ‘n disfunksionele munisipaliteit se gebied woon. Ek glo die meerderheid Afrikaanstaliges ondersteun nie die ANC nie, en kla al lank vandat hulle die meeste regerings op al drie vlakke oorgeneem het in SA. Baie van ons wens sekerlik ook al lank dat die ANC steun sal verloor en mag sal verloor.
Die ANC val nou uitmekaar. Almal wat nuus lees/luister sal weet waarvan ek praat. Meer en meer begin dit lyk asof hulle minder as 50% steun gaan kry in die volgende nasionale verkiesing. Ongelukkig beywer die huidige president hom om eenheid in die ANC te hervestig, en stel hy die party se belange bo die van die land (nes sy voorganger). Die probleem is dat daar geen alternatief is vir die ANC nie.
Die drie groot opposisiepartye pas nie een die meerderheid van die land se burgers nie. Die DA verteenwoordig die klein middelklas en word steeds as ‘n wit party gesien. Die EFF spreek tot die werklose jeug en die VF+ tot die meer konserwatiewe Afrikaner. Ek weet party mense sal van my verskil oor laasgenoemde - dis hulle goeie reg. Hoe dit ookal sy; die drie partye se idiologieë verskil te veel om saam te werk. Dit het ons al gesien in die koalisies op plaaslike vlak. Dis hoekom inwoners van Tshwanetoria kla dat die DA nie die pyp rook daar nie. Hulle het die EFF se stemme nodig om besluite te neem en begrotings goed te keur. Waar die DA die meerderheid is word gedebatteer en dan word tot stemming oorgegaan en die DA kry wat hulle wou gehad het. Waar hulle in koalisie regeer moet hulle veranderings aanbring wat die EFF wil hê voor lg saam met hulle stem om besluite te neem.
Ek wil my nek uitsteek en sê die enigste oplossing vir die vakuum wat gaan ontstaan wanneer die ANC nie meer 50% kry nie, is vir die gematigde deel van hulle - noem dit maar die Ramaphosa faksie - om met die DA saam te smelt. Dan moet mens hoop die RET faksie en die EFF kry nie meer steun as die gematigde ANC/DA nie. As die ANC en EFF in koalisie gaan is dit neusie verby met ons.
Waarom vertel die vaccers…
Waarom vertel die vaccers nie dat Pfizer reeds in 2002 n patent verkry het op n entstof teen coronavirus in honde wat feitlik identies is aan die huidige entstof teen Covid 19 nie?
Waarom vertel die vaxxers nie dat Pfizer die volledige genoom van die virus in 2019 gepatenteer het voordat die pandemie uitgebreek het? Of weet hulle dit nie?
Gebruik Google en sien dis die Amerikaanse patentekantoor.
Hallo Google almal nou. …
Hallo
Google almal nou. Die rook trek al uit die rekenaars.![]()
Waarvoor staan CR
Môre vriende
Om by Chris S aan te sluit, ek bekommer my oor waarheen die wegbreek stem van die ANC gaan beweeg. Gaan die ANC gesien word as Cyril se party of Ace s'n?
Hier gaan ons weer....alles…
Hier gaan ons weer....alles rondom inentings is een of ander sameswering....
Ek gooi ook nou my hande in…
Ek gooi ook nou my hande in die lug vir mense wat met een oog na alles kyk.
Die ou volk
Ek weer deur almal se insette gelees en as die kom by die volk is dit een ding seker en dis ons staan nie saam elke ou glo dit of dat wat reg is met my en glo met ander ook as dit polletiek kom glo ek die land is innie moelikheid n ou word vir 5 jaar tronk toe gestuur vir n tv wat hy steel as jy n hoog geplaas te is maak jy wat jy smaak jy steur jou nie eers aan n hof nie want jou pelle is groter as die gesag in RSA kan ons darem saam stem hieroor ??![]()
Stem 100% saam. Jy moet…
Stem 100% saam.
Jy moet net onthou slim mense sal nooit met dom mense saamstem nie. Die groot probleem kom in om die slim ou te identifiseer.
Daar is 'n ou tv gesegde. "Nie almal wat dink hulle is $#% slim, is slim nie."
Gronbeginsel van ANC
Middag vriende
Daar is 'n belangrike faset wat deel uitmaak van die ANC beleid. Dit staan bekend as die National Democratic Revolution. Gaan soek dit gerus, dit is wat die ANC najaag, die oorname van alles tot beskikking van die "people".
Dit het al lankal begin toe die ondergrondse minerale regte van die grondeienaar ontneem is, en aan staat oorgedra is. Deesdae het gevolg- die nasionale gesondheid sorg aanslag, die grondonteiening wetsontwerp, om maar 2 belangrikstes te noem. O ja, dan nog die nuwe pensioenfonds waartoe alle werkers moet bydra, in die agtergrond sluimer nog die oorname van die Reserwe bank ook.
Nou is die vraag, as Cyril as president tot die NDR strewes verbind is, moet hy as radikaal, of liberaal beskou word. Is dit die faksie wat moet saamsmelt met enige ander opposisie party, soos die DA?
Net so Skerpioen
Ek het op n ander forum gesien waar ek nou al so 12 jaar is groot maats oppie forum is nie meer so lekke met mekaar (bekgeveg ) die sindroom van jy is minder slim en ek is dik slim het ingeskop by baie ouens op verskillende forums na vandag praat ek nie meer op die tipe drade (onderwerpe) nie ek bepaal my by dit wat ek van hou en kennis het om n inset te lewer
Dis waar wat jy sê. Wyse…
Dis waar wat jy sê. Wyse woorde van jou kant. Vriende word kwaai vriende. Familie wil mekaar nie meer ken nie. Ek is ook nou klaar met hierdie een.
Ek het uit nuuskierigheid die hele Website van "Pfizer" deurgegaan. Daar is baie goed wat ek nie van virusse en algemene gesondheid geweet het nie. Dis laat mens anders oor goed dink. Die groot feit wat do alles uitstaan is dat jy verantwoordelik is vir jou eie gesondheid. Kyk met oop oe na alles en besluit self.
Die SARS-CoV-2 covid virus is al van 2003 besig.
Sinkende ANC
Die ANC is oor die algemeen nie goed vir die land nie. Die sinkende ANC skip nog minder. Ek is bewus van die NDR, maar die gematigdes in die ANC het tot dusver gekeer dat dit ten volle uitgevoer word. Ek glo nie ‘n samesmelting van lg faksie met die DA is ‘n haalbare opsie nie, ideologies verskil hulle steeds te veel. Maar politics make for strange bedfellows.
Die alternatief - dat die EFF en ANC saam in die bed klim - is ‘n resep vir ‘n ramp. Die EFF sal die gematigde faksie van die ANC opvreet en Ace en Julius sal Zuma soos ‘n amateur laat lyk. Gee hulle tien jaar en hier bly niks oor nie. Die verkiesing op 1 Nov gaan ‘n swak aanduiding wees weens Covid, maar weens onwilligheid om in te ent behoort Covid in elk geval nog met ons te wees teen 2024 se nasionale verkiesing. Hopelik is die wederkoms binnekort.
Hier op kampforum het ons…
Hier op kampforum het ons gelukkig nie slim of slimmer mense nie.
Hier is net donkies en skape en hulle lyk vir my maar oor die algemeen altwee ewe dom? Of is dit ewe slim? ![]()
Dankie Len
Dus, ongeveer 4 000 000 wag nog vir hul tweede Pfizer inenting en dan eers sal die syfer opskuif na 23% van die bevolking.
Ek het vanoggend geluister na Fauchi se nuutste opinies wat sê dat die mees onlangse data daarop dui dat 3 jabs eintlik die korrekte aantal is vir die Pfizer om behoorlik te werk. Daarom word die 3rde nie meer gesien as 'n "booster" nie maar as deel van die voorgeskrewe hoeveelheid dose.
Politiek
Politiek :-
Interessante beskouings oor die politieke spektrum hierbo.
My opinie oor die komende munisipale verkiesing is :-
- Die ANC gaan aansienlik stemme verloor tot onderrkant 50%
- Stemme wat die ANC verloor, gaan gedeeltelik die EFF bevoordeel en die res van die ANC se verlore stemme sal nie gaan stem nie
- Die ANC gaan geweldig steun van die Zoeloes verloor in KZN
- Die DA gaan sywaarts beweeg en min of meer dieselfde bly
- Die EFF se steun gaan styg, hoofsaaklik deur die ANC se verlore steun. Samewerking/koalisies tussen hierdie twee vyande is skraal
- Die Vryheidsfront Plus gaan sywaarts beweeg en min of meer dieselfde bly
- Die ander kleiner partye en onafhanklikes mag hier en daar stemme kry van kwaad-ANC ondersteuners.
Dink die persentasie wat…
Dink die persentasie wat saakmaak tans nie die ene van die totale bevolking nie, eerder 'n kleiner substel bevolking van 18 jariges en opwaarts, maw kinders uitgesluit? Om kinders in die som in te sluit terwyl hulle tans nie ingeent word nie maak nie sin nie?






Maskers
Ek weet nie of ons sal kan meeding met die goed wat van China ens ingevoer word nie? Hier by Value Mart in Rooihuiskraal se mall verkoop hulle pakke van 50 maskers vir R79 - dan is dit verskillende kleur ook.