6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Piekniek plekke Kruger 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Piekniek plek Kruger 2026 Geert -1 hour ago
Wessel.. Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
Wildtuin restaurante Kruger 2026 Rona du Plessis -2 hours ago
Rona... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -2 hours ago
Geert se braaivleise.... Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -2 hours ago

wanneer het julle weer 'n kamp saamtrek ?

Centurion
Submitted by henkrits on

dagsê almal!

Ons het 'n paar kampvriende verloor, OF met "verkoop hul karavaan" (geld) OF ons kinders en hulle kinders se ouderdomme verskil maar net te veel is(ons tienerdogter is 14 en seun amper 16)  is , en so meer. So ons wil bietjie begin byvoeg by ons lys van mense wie ons kan nooi om te gaan kamp, en ek dink so saamtrek is ideaal vir die kinders om te meng en te besluit watter maats is "nice pelle", en dan val ons ouers mos maar daarby in.

Ek sien nie gereelde kamp saamtrekke nie, sekerlik oor Covid. So ek vra maar, kom ons kyk wat kom uit LOL!

Lekker dag vir julle, ons gaan volgende naweek saam met familie en vriende by Manyane kamp, was al daar, was heel lekker.

groete

Henk

Centurion

Voortrekker

Thu, 16/09/2021 - 14:24

Hallo Henk.    

Ja Covid het dinge so 'n bietjie belemmer wat saam kamp aanbeterf.   Ek vermoed een van die dae gaan 'n mens seker moet bewys dat jy nie ingeent is nie voor jy by 'n kampeerplek toegelaat gaan word om seker te maak jy behoort nie aan een of ander ondergrondse duisterse beweging wat besig om die wêreld oor te neem nie wink   Ok, Ek grap net!

Julle moet die Manyane kamp geniet en kom deel asb met ons as julle terug is.   Ek dink oom Wessel is juis nou daar by Pilansberg besig om penne in te slaan.

 

 

Vaalpark

Johann L

Thu, 16/09/2021 - 16:58

Middag Henk, baie welkom hier op Kampforum, jy moet lekker saam gesêls.

Ek dink Wessel is besig om wild te soek, hy is al paar dae daarwink

Henk geniet Manyani, dit is 'n baie lekker oord met goeie atmosfeer.

Sien nie die probleem nie

(1) kies kamplek

(2) Aankondig kamplek

(3) Laai sanitasion vlooistof en masker's

(4) Gaan kamplek to

 Jou wa / my bus / daai ou se tent --------- Donnerse meer as 1.5M uitmekaar------ wink --- dus moer genoeg ver van mekaar af.

Waarisdieprobleem?

BV Aasvoelkranz VOL bespreek vir die lang naaweek --------

SE maar net

Jozi, ons kamp ook baie. Ek kamp volgende naweek. Was Paasnaweek by Afsaal (oulike plek, pragtige swembad area en ablusie, en eienaar Pieter is baie nice dude) en langnaweek voor dit by Klein Kariba. My vraag was nie oor Covid nie. My vraag was of hierdie forum saam kamp, of nie. Op fotos wys dit vorige jare was daar groot saamtrekke as groep, en dit lyk lekker. 

 

Middag vriende

Wie gaan wel komende naweek ZKD toe? Daar was mos 'n uitnodiging/advertensie 'n ruk gelede vir die komende langnaweek.

Ek gaan dit nie maak nie, want het verlede naweek tuisgekom uit Pilansberg.

 

hi Wessels, ons gaan oormore Manyane toe, os alles mooi daar ? Geen idee waar jy diebuitnodiging gesien het vir Zaagkuilsdrift nie, maar dis waarvan ek praat: sal graag sulke groepkampe wil bywoon in toekoms. Lekker dag verder, groete. Henk

Gaan kyk na die gesprekslyn "Manyane Pilansberg", jy sal al my kommentare en fotos daar kry.

Manyane is tans effe stowwerig, skraps aan koelte, maar ablusies is skoon en dit werk. Heerlike groot storte, met voldoende aantrek-spasie.

Drie waarskuwings;

1] daar is 2 gedeeltes waar die pad redelik deurgery is met vreeslike knikke. Tipiese turf boggels, en mens sien dit te laat, want die teer oppervlak makeer niks nie

2] Daar het vreeslik baie spoedhobbels bygekom, veral in nabyheid van 4 rigting stoppe. 

3] Probeer binne spoedgrens bly, veral net voor Mogwase vang hulle met radar.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 22/09/2021 - 09:58

Gaan kyk ook na die Manyane Resensies, ongelukkig is daar nie foto's nie. (Bo aan die resensies skakels na die gesprekslyne, klik op dit.)

.

 

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus