Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Met Tequila Spek gerolde KaasJalapenos Rona du Plessis -4 hours ago
Beetsop Ertjie Sop! - Hester Kruis Jan Meyer -6 hours ago
KI-oor die muur Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -7 hours ago
Nou's ek honger!.... Ertjie Sop! - Hester Kruis Rona du Plessis -13 hours ago
Snert Ertjie Sop! - Hester Kruis Geert -16 hours ago
My jonger suster ... Ertjie Sop! - Hester Kruis Chris Boucher -16 hours ago

Maurits en Kalaghadi

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Môre Maurits

Ek begin die gesprek namens jou. Jy het my nou skoon jaloers omdat jy toer/vakansie hou, skaapvleis kan bekostig EN nog Kalaghadi ok gaan besoek.

Ek hoop julle gaan by Augrabies ook oorstaan. Gaan ry bietjie daar rond, dit is eintlik mooi daar.

Ek sien uit na 'n lekker daaglikse verslag met fotos

Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 27/08/2022 - 11:20

... dit Maurits. Ja, ek hoor wat jy sê van 'n karavaan se wiele moet rol. Myne sal tot minstens vroeg Nov nog stilstaan.

Ek aanvaar dat jy net tot Twee Rivieren sleep. Ek hoop vir jou part dat die paaie noord van Twee Rivieren is nie te vrot nie. Vir die wis en die onwis moet julle dalk maar mondskerms saamvat. En Martie dalk selfs 'n sportbra, want by geleentheid gaan julle skud - sonder twyfel. Bring maar die Hilux se banddruk af na hoogstens 1.6 Bar - selfs laer.

My beurt wag April 2023 - maar nie met die wa nie.

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 27/08/2022 - 12:11

Middag Maurits

Ek lei uit Chris B se inset hierbo af dat jy met 'n padwa kampeer. Ook dat jy met 'n Hilux sleep. 

Ek was ook verlede jaar slegs tot in Twee Rivieren. Lekker daar gestaan vir 5 aande en elke dag twee maal/dag gaan wild kyk. Dalk was ek gelukkig want die paaie was omtrent elke 2de dag tenminste met bande gesleep, om die sinkplaat te stryk.  

0
Sandbaai

maurits

Sat, 27/08/2022 - 16:54

In reply to by Wessel Strydom

Ek gaan met my karavaan net tot by Twee Rivieren en dan maar rondry. My vrou trakteer my een aand in n tent kamp. Ek hoop nie sy dink ek gaan streke uithaal nie

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 27/08/2022 - 19:24

Naand Maurits

...as ek so bederf word met 'n tent kamp, enige streke uithaal, tot braai en slaai maak.laugh 

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 27/08/2022 - 19:30

Maurits

Soos julle indraai in die kampeerterrein, in die middel af staan 'n eensame doringboom. As jy 'n lang verlengkoord het, maak jou staan daaronder. Dit is die 1ste boom en dalk nie 'n gemerkte staanplek, maar glo my, jy gaan die plat staanplek geniet. Die kraan is ook effe vêr, vir konstante koppeling, maar ek kon bykom met by verleng-tuinslang.

Heeldag koelte, en binne 20m van ablusieblok af.

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 27/08/2022 - 19:36

Maurits

sien die foto, dan kan jy dit nie miskyk nie

 

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 22/09/2022 - 14:44

Hoe het jy die Kalaghadi gevind en geniet. 

Sal graag jou indrukke wil hoor, gestaaf met foto's.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus