Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Wessel ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
Chris B Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Lekker Chris. Het dit geniet… Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -4 hours ago
Kom ek probeer nog een Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -4 hours ago
Proef Video - Elim Gasteplaas Keimoes Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -4 hours ago
Grabouw buitelug skou November 2026 Wessel Strydom -5 hours ago

Kompas Rigting

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Middag vriende

Jammer Len, die temperatuur is reeds by 28C verby, dan is dit sommer "middag".

Ek het vanoggend weer 'n kompas gekoop vir kampering, vorige ene verloor. Nou het ek weer rigting in die lewe. 

Wie van julle slaan nog kamp op volgens kompasrigting? Ek hou daarvan om my wa se rug so effe Noord-Wes te plaas, dan maak mens jou eie skadu oor jou tentgedeelte. Dit probeer ek integreer met bome se posisie om hulle skadu ook te benut. 

Dit werk natuurlik slegs as mens 'n staanplek kan uitsoek, en wat toelaat om te staan soos mens wil opslaan. 

Wat gebruik julle vir rigting bepaling, kompas, selfoon od Voortrekker metode met 'n analoog horlosie?? 

 

Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Wed, 05/10/2022 - 11:56

Ek verkies ook om rug noordwaarts te staan - veral in die warmer maande. Ek het 'n kompas in die wa en ook 'n "app" op my foon.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 05/10/2022 - 12:08

.............soos ChrisB, staan ek altyd met die rugkant noord en die tent/afdak-kant suid.  Ek het 'n kompas wat in die karavaan bly wat ek gebruik en my foon het ook 'n kompas-funksie.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 05/10/2022 - 12:14

My stokou iPhone het ‘n ingeboude kompas. My 10 jaar oue Casio Protrek horlosie ook. Ek steur my egter nie altyd so erg aan rigting nie. In die wildtuin hou ek daarvan om teen die heining te staan en slaan die oop kant van my tent in daardie rigting op. Dieselfde by die see.
 

Ek het al vertel hoe ons in Shingwedzi amper reg Wes gekyk het en toe ‘n grondseil as skadunet gespan het om die middagson te keer. Noudat ek daaraan dink moet ek onthou; ek het een van daardie Coolaroo skadunet seile wat ek vir die kinders vir skadu gespan het om onder te speel toe hulle klein was. Ek moet dit in die Kavango pak. Dis lekker lig en het ogies op die hoeke om mee te span. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Wed, 05/10/2022 - 12:32

.... het soms so 'n skimmelkop-houding om weg te kyk van die mede-kampeerders en verbygangers af. As ek haar wil tegemoetkom is dit nie altyd moontlik om met die wa se rug noordwaarts te staan nie. Maar as 'n reël is dit egter bykans 'n standaard om só op te slaan.

Ekself is nie juis gepla om met ons gesigkant na mede-kampeerders of verbygangers te staan nie. Ek poog egter om nooit met die voorkant in 'n westelike rigting op te slaan nie.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 05/10/2022 - 12:35

..............nooit weer nie !  Daardie namiddag se westeson in die Wildtuin is dodelik.  Hier is 'n foto waar ons by Satara teen die heining noord-wes opgeslaan het en ek het my voorgeneem, nooit weer nie.

.

.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Wed, 05/10/2022 - 12:43

Vir ons gaan dit oor privaatheid, en dan die beste waarde vanaf die stoep. As dit nou wes le, dan is dit so,of suid of wat ook al. Ek sal regtig nie opslaan en heeltyd sit en kyk wie verbysluip en my bierblikke tel nie. Natuurlik is dit seker anders in n vakansieoord waar die staan plek bloot n staanplek is, en die mede-kampers die besienswaardighede is.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 05/10/2022 - 12:52

Noudat ek my fotos hierbo weer bekyk : ek moes die spulletjie net omgedraai het, A-raam teen die heining (destyds het ek nie 'n "mover" gehad om dit te doen nie).  Dan het die tent-afdak suid gekyk soos ek daarvan hou en die sykant aan die westekant kan laat sak word as daar nie westeson is nie.  Ek het mos nou ook 'n neuskas-afdakkie wat die hoofvenster lekker van son sal kan beskerm.

Miskien kamp ek eersdaags weer by Satara teen die heining !

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Wed, 05/10/2022 - 12:56

Wie van die kompas manne onthou nog van magnetiese deklenasie ? Army se kaart en kompas opleiding.  Hier by my is dit-28deg wes. So ware noord le 28grade regs van waar die kompas wys.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 05/10/2022 - 13:00

..............ek was in die Militêre Polisie en ons het nie kompas opleiding gehad nie  -  netsoos vandag se SA-polisie wat ook kompas-rigtingloos ronddobber en nie weet waarheen hulle oppad is nie. !

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Wed, 05/10/2022 - 13:03

.... ek ken nie daardie geleerde woord van jou nie (deklenasie), maar ken dit as magnetiese- en ware noord. Maar ek is nou nie só ingesteld op ware noord nie. Die kompas se aanduiding is vir my doeleindes goed genoeg.

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 05/10/2022 - 15:15

Herman

Gits man, nou het jy 'n klomp grade oopgekrap. 28 Grade verkeerd is sommer baie, veral as koelte ter sprake is. Jy sal maak dat ek my nuwe kompas se naald gaan buig.

Ek aanvaar dus dat die Noord, soos bepaal met wyser horlosie wel ware Noord is. Daar is mos geen magnetiese effek betrokke nie. Ek toets vanoggend die nuwe kompas, en merk op dat sy Noord en my horlosie Noord nie lekker ooreenstem nie. Ek skryf dit toe maar af aan die effek wat Marie op die kompas het, nou weet ek beter.laugh  

 

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Wed, 05/10/2022 - 15:37

Solank my wa in die agtermiddag in die koelte staan waar moontlik is alles reg vir my. Soek nie weste son op die wa nie.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Wed, 05/10/2022 - 16:38

Ek probeer altyd om die beste uitsig te kry, maak nie saak waar die son sak nie. Ons staan tans hier by Klipdraai en kyk reg wes, die son klap ons hard, maar die swembadens en parkie lê wes van ons, en die kleinseuns kan heerlik baljaar sonder dat ons moet "worry".

My voorkeur is nataarlik onder 'n boom, maar selfs dit is nie kritiek nie.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Wed, 05/10/2022 - 16:54

By Skukuza is jou kompas Noord 19,7Grade Wes van ware Noord, So As Jy 12uur daar kom, en die horlosie metode werk nie, en jy weet nie hoe die skaduwee gaan val laatmiddag nie, dan pluk jy die ou army kompas uit en dadelik is jy 100% in die kol. Shaun se favourite tipe aanhaling"probeer slim wees" Skies Shaun, ek kon nie help nie.

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Thu, 06/10/2022 - 07:23

Daai weermag kompas wat ons geleer het Herman werk soos n bom werk tot tyd uit gewoontlik is ek innie somer 25 /40 min uit winter n ander storie soms tot n uur uit wink

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Thu, 06/10/2022 - 10:57

Ons staan eintlik nooit so lank dat ek teveel worry oor die son se rigting nie.   Natuurlik moet my sonpaneel gevoer word en koelte is handig gedurende die sinnige tye.     

Bygesê is my rigting baie goed en ek kan heel akkuraat rigting aandui sonder 'n kompas.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus