Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Lekker Chris. Het dit geniet… Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -35 minutes ago
Kom ek probeer nog een Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -58 minutes ago
Proef Video - Elim Gasteplaas Keimoes Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
Grabouw buitelug skou November 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
VSA stelsel November 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Politiek ---geld.... November 2026 Wessel Strydom -1 hour ago

Klipdraai.

Vaalpark
Profile picture for user Johann L
Submitted by Johann L on
Forums

Ons het die 30st September tot vandag, 9 Okt by Klipdraai gekamp, dit is 'n uitstekende oord met volop dinge om te doen vir alle ouderdoms groepe.

Hierdie was ons derde kuier by die plek, en ek kon dadelik sien iets is besig om te gebeur hier.

Daar is baie ontwikkeling aan die gang, oa. 'n groot lapa wat bo-oor die nuwe warm swembad staan. 

Wild ritte teen R100 per volwasse en R50 per kind word by die kantoor gereel.

Dag een, oomblik een, gebeur byna dieselfde met my as met Wessel. Ons is besig om die seil tent op te slaan toe ek by die deur uit klim, trap ek sleg op die staal trappie, en die ding voeter om onder my, my been (maar merrie) is omtrend aan flarde en ek los daar 'n knoop woord wat skrik vir niks.

Koelte!te is nog 'n probleem, veral vir iemand wat soos ek nie lief is vir son en warm kry nie.

Die oord is net buite Meyerton en is sommer naby Johannesburg vir 'n vinnige wegbreek.

Elke staanplek is duidelik gemerk en het die gewone huishoudelike 3punt krag punte naby staanplekke, water is ook goed versprei.

Naweke is die oord baie vol, maar geen lawaai nie, een kampeerder het wel Saterdag aand sy musiek redelik hard gehad, maar hy het oral kom hoor of dit pla, en ek get gevra of hy sal omgee om dit tog maar bietjie sagter kan sit want nie almal hou van dieselfde musiek nie, hy het dadelik die klank gaan af draai.

Klipdraai
Terwille van die kleinkinders moes ek wes kyk, na die ontspannings area, en die son was lelik warm.
Klipdraai
Groot lapa bo-oor die warm swembad wat hulle mee besig was met finale afronding.
Klipdraai
Hier kan die lapa beter gesien word.
Klipdraai
Ablusie geriewe is skoon en netjies, stort hokkies is gerieflik en bly redelik droog in die aantrek kant as jy die gordyn gebruik soos jy  veronderstel is, wat een of twee blykbaar nie weet nie.
Klipdraai
Die kleinkinders het dit geniet om hul koppe in die koeler boks af te koel.
Klipdraai
Net om vir Chris B te wys, hierdie valie kan ook snoek braai.🤣

 

Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Mon, 10/10/2022 - 10:23

Harry, ja dit is so, hy het Julie 2022 die plek oor gekoop.

Baie vriendelike persoon wat Sondag almal by die hek 'n veilige terug reis kom toe wens het, en beweeg ook heelwat deur die kampeer terein rond.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 10/10/2022 - 10:39

..............Johann vir jou terugvoer van julle kampervaring by Klipdraai, naby Meyerton.  Dis duidelik 'n baie netjiese plek en jou kleinseuns het beslis hul gate uit geniet, du Oupa en Ouma seker ook.

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Mon, 10/10/2022 - 10:51

Dis lekke om te sien oord eienaar / bestuur gee om en kyk om na die mense verseker klink dit na n puik oord

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 11/10/2022 - 11:00

Dankie vir die terugvoer. Wat ‘n voorreg dat grootouers en kleinkinders so saam kan kampeer! 
 

Wat is daardie blou plastiek voorwerp met die swart wiele op die foto van die wa; is dit ‘n waterkan? Indien wel hoeveel liter en waar koop mens dit? Ek sal so een kan gebruik. 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 11/10/2022 - 11:33

...is seker 'n generator vir die Kia. As dit lank staan, sukkel dit met aanskakellaugh

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Mon, 17/10/2022 - 22:03

Dankie vir terugvoering Johann L. Ons het self nog net 1x Klipdraai besoek en sal graag weer gaan, maar naweke is maar moeilik met die JHB verkeer wat onplesierig besig is. Daai wildsritte na die leeuplaas is regtig baie besonders gewees....vreeslike netjies versorgd. Lyk of nuwe eienaar positiewe veranderinge aanbring....op hul fb blad lyk dit ook lekker om weer te gaan

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus