Kampforum bied aan: Bosbraai Sterrekyk Desember 2022 / Januarie 2023 by Weesgerus Vakansie Oord.
Die geleentheid word aangebied saam met Weesgerus se Bosbraai aktiwiteite wat plaasvind op die 17de Desember '22, 29ste Desember '22 en 2de Januarie '23
Kampforum gaan 'n sterreky program aanbied gedurende die Bosbraai aande waar vakansiegangers meer kan leer en sien oor die hemelruim, planete en sterre!

17 Desember:


| Attachment | Size |
|---|---|
| WEESGERUS ADVERTENSIE.pdf | 2.21 MB |
Chris, ja ek gaan dit…
Chris, ja ek gaan dit aanbied oor die 3 aande.
Dankie Geert dat jy my voorgestel het aan Billy.
Ons sien baie uit daarna om Weesgerus te besoek gedurende die besige tyd en om met al die mense interaksie te kan hé.
Ek sal ook sommer foto's neem en bietjie terugvoering kom gee met drone video's
Weesgerus Bosbraai Sterrekyk ...
Jammer jy het net telaat van dit te hore gekom anders sou ek eers daar vir 'n week gaan staan het en dan Dinokeng Resort toe gegaan het. Glo dit gaan lekker wees. 👏👍🏕🔥
Planete ...

As ek na die 4 kyk, hoekom is Venus se Temp. so hoog teen die ander wat in "-" is ?
Venus is ...
... bietjie naby aan die son. Aarde is bietjie verder en Mars nog verder. Jupiter en Saturnus is @#£% ver van die son af - daarom so erg koud.
hoekom is Venus se Temp. …
hoekom is Venus se Temp.
Venus is selfs warmer as Mercury wat nader aan die son is. Die rede daarvoor is omdat Venus 'n atmosfeer het.
Temp. °C verskille ...
Saturnes is 1,47 biljoen km van die son af teen -138°C
Jupiter is 740 miljoen km van die son af teen - 145°C
Mars is 222 miljoen km van die son af en wissel van +20 tot - 153°C
So die distansie van die son af het nie so groot invloed op die temp. nie ?
Die rede daarvoor is omdat Venus 'n atmosfeer het.
Dankie Anton (dit bly grieks vir my)
Ek sien die aarde is 148,68 miljoen km van die son af (volgens Google)
Ons gaan mekaar met week of…
Ons gaan mekaar met week of twee mis.
Ek het vanmiddag 'n e-pos gestuur om te bespreek vir Sondag tot volgende Vrydag, die kleinseuns is Vrydag klaar met eksamems en oupa jeuk om voor die ou dame met koekies ens te begin bak vir kersfees.
Sy weier om na 5 Desember weg te gaan, en ons vlieg 3 Januarie. Tyd begin nou styf trek.
Weesgerus Bosbraai Sterrekyk ...
Anton, julle tyd kom ook nou vinnig nader soos ons kamp ook. 👍🏻🏕🔥🍺🥩
Julle moet dit geniet. 🪐
Willem, die eerste sessie is…
Willem, die eerste sessie is om die draai. Ons ry Vrydagoggend en gaan dan eers die laaities by die Lodge oplaai waar hulle by ouma kuier en dan teen 2 pm by Weesgerus wees om in die Chalet in te book. Vrydagaand tree Pieter Smit glo daar op, maar ek sal dit grootliks mis want ek moet die teleskoop opstel en kalibreer om reg en akkuraat te wees vir Saterdagaand.
Dit voel nogal soos 'n uitdaging want ek het nog nooit so iets aangeboed vir meer as 50 mense nie en by Weesgerus klink dit vir my na meer as 500! Ek sal dus my "planetray camera" gebruik om beelde te projekteer op 'n skerm sodat almal darem kan sien wat die teleskoop optel.
Ons kom Sondag terug Centurion toe vir vroulief se verjaarsdag die 20 ste. 23ste skiet ons weer deur Bela Bela toe waar ons op die plot gaan bly en kersfees saam met familie deurbring en dan ry ons weer die 28ste van daar af Weesgerus toe vir die 2de en 3rde sterrekyk sessies - dan gaan ons kamp en ouma gaan saam. Kom weer die 3rde Januarie terug....
Geniet dit Anton
Dit lyk of jy jou feesgety mooi beplan het. Geniet dit Anton, ek sou graag een van die sessies wou bywoon...reeds ander planne....altyd geintreseerd hierin, miskien op n volgende geleentheid
Ons is veilig by Weesgerus…
Ons is veilig by Weesgerus in ons chalet. ![]()
Ons vertrou dat die weer…
Ons vertrou dat die weer gaan lekker saamspeel vir julle sterrekyk-sessie môre-aand.
Goeiemôre en dankie Chris. …
Goeiemôre en dankie Chris. Ek kon darem gisteraand alles opstel en kalibreer aangesien sterre en planete sigbaar was, maar teen 9pm het die wolke oorgetrek. Ek hoop dat vannaand 'n helder hemelruim gaan bied.
Gelukkig gebruik ek ook 'n laptop en projektor met groot skerm waarop bietjie teorie en inligting gewys word. So as dit bewolk is dan kan ons darem nogsteeds na iets kyk en leer hoe dinge inmekaar pas en wat ons perspektief vannaf die aarde is.
Ek moet noem dat ek baie…
Ek moet noem dat ek baie lanklaas in 'n chalet vertoef het by so 'n tipe oord. Die kamp opslaan was dus baie vinnig, maar daar kort heelwat - Veral die geselligheid wat met kamp gepaard gaan...
Goeie môre Anton, lyk my jy…
Goeie môre Anton, lyk my jy raak nou oud, kamp in 'n chalet, ag nee man![]()
Anton julle moet dit steeds geniet al is dit bewolk, ons kry nie altyd wat ons wil hê nie, maar net om in die natuur te wees is klaar 100 keer beter as die stads lewe.
Die een ding wat ek opgemerk…
Die een ding wat ek opgemerk het hier waar ons in die chalets bly is die stilte. By kampeerplekke raas dinge baie meer. Die kenmerkende geluide van mense wat binne in karavane rond beweeg en tent ritssluiters wat oop en toe gemaak word bestaan nie hier nie. Geen klanke van potte en panne wat in en uitgepak word nie en ook nie die geraas van lug pompies wat matrasse opblaas nie. Daarmee saam is die geluide van geselligheid ook minder.
Anton ....
.... ek's nuuskierig. Hoe het gisteraand se sterrekyk-sessie afgeloop? Het die weer toe lekker saamgespeel? Het jy 'n klomp belangstellendes gehad?
Chris dit was heeltemaal toe…
Chris dit was heeltemaal toe onder wolke. Ek kon darem die gedeelte wat op my laptop was op die projektor vertoon en gesels oor ons posisie in ons sonnestelsel sowel as ons posisie en uitkyk na die sterre en konstellasies. So teen 9pm het dit liggies begin reën en toe het ek oor die mikrofoon 'n paar vehale gelees vanuit die antieke Griekse weergawes van die helde en gode wat in die konstellasies uitgebeeld word. 10pm was ons gesin in die warm swembad en toe is die wolke weg en sterre sigbaar vir 'n kort rukkie.... ![]()





Sou dit ook graag wou bywoon
In November 1999 kamp ons in Skukuza. Een middag begin ek 'n geselsie met 'n mede-kampeerder. Hy nooi my toe uit om die aand by hom te kom kuier - hy stel sy teleskope op. Watter belewenis!!
'n Paar jaar later het ons maatskappy 'n beplanningsvergadering by 'n hotel tussen Pretoria en Johannesburg (is dit Muldersdrift-omgewing?). Ons word uitgenooi om een aand hulle mini-sterrewag te besoek. En wie loop ek daar raak? My amateur sterrekundige van destyds in Skukuza wat die aanbieder is. Weereens was dit 'n wonderlike ervaring.
Anton - ek aanvaar jy gaan die aanbieder wees? Ek maak dié afleiding na jou en Geert se kommunikasie hieroor.