Almal weet nou al dat ons 15 Desember gery het Dwarswegstrand toe, en hier staan tot 27 Desember. Dan is dit vier nagte by Bontebok NP voor ons Oujaar huis toe gaan. Die gesprekslyn is maar net vir terugvoer soos ons toer verloop.
Dis spotgoedkoop! Staanplek…
Dis spotgoedkoop! Staanplek 24 kos my R405/aand. Dit is wel vir vier mense.
Hallo Chris, ja dit is baie goedkoop.
Ons het ook 2 slaapkamers. 1 x dubbelbed en 2 x enkelbeddens en dan ook slaapbank in sitkamer. Effektief dus slaapplek vir 5. Moet ook die park se wasmasjiene gebruik indien nodig. Die verskil is dat jy voorsiening maak vir beurtkrag met jou wa. Ek vat ook my losstaande inverter saam as backup. Ons gaan tuis in die Helen Lochner woonstelle, nie die duplex nie. Ingeboude braai op stoep en afdak vir voertuig aan die eenheid. Gaan kyk op hulle web W/s 2. Of julle in so eenheid sal bly, weet ek nie.
Dit maak nie vir my sin om so ver te sleep en ek kan teen daai bedrag bly.
Ek het gaan kyk
Daar is net van die dupleks woonstelle beskikbaar, en dit kos R1 060 per aand. Dan bly ek maar in die wa. Met kinders is dit beter om nader aan die strand te wees vir maklike toegang en toesig. Ons is dalk oorbeskermend, maar ons laat nog nie ons kinders alleen strand toe gaan nie. Ek was maar kriewelrig toe hulle die afgelope naweek saam met maatjies op die strand was by Hartenbos terwyl ons opgepak het Sondag. Al die ander ouers was houtgerus, maar as ‘n kleintjie deur ‘n brander omgeslaan word en skrik verdrink hy/sy gou en gaan jy nooit betyds by hulle wees nie.
Daar is net van die dupleks…
Daar is net van die dupleks woonstelle beskikbaar, en dit kos R1 060 per aand. Dan bly ek maar in die wa.
Stem volkome saam jou. Ek het gedink dat jy jou kinders onder oog wil hou. As ek my kleinkinders saam wou vat , 14 en 10 onderskeidelik, sou ek ook altyd saam hulle wou strand toe gaan. Gelukkig is hulle darem bietjie ouer as jou kinders. 28 is natuurlik ook baie nice.
Chris, ek moet ook bysê, ons…
Chris, ek moet ook bysê, ons kry 30% afslag omrede ons bespreking 14 dae of langer is. Pensioenarisse kry 25% normaal af, maar slegs een afslag geld. So ek kon nie die 25% ook afkry. Sou gladnie omgegee het daarvoor.
Hierdie is vir 3 volwassenes.
Hennie dit is baie goedkoop …
Hennie dit is baie goedkoop
Ja, ek het mos vir jou fotos gestuur terwyl ons daar was.
See-uitsig gekry
Ek het vir Dwarswegstrandoord gevra of daar ander staanplekke as 24 beskikbaar is. Hulle laat weet toe dat 29 en 1 - 18 beskikbaar vir ons datums van 21 tot 31 Maart 2024. 1 - 18 is almal agter die ablusie weg van die see af. Ek het toe gevra vir 29 en ons is nou daar bespreek.
Dis langsaan 30 waar ons die afgelope twee Desembers gestaan het, en ek het nogal die afgelope Desember vir Salomien gesê dit sou my tweede keuse wees as 30 nie beskikbaar is nie. Ek weet sommige mense (soos Wessel) is skrikkerig daarvoor om voor teen die see te staan. Ons het al woeste wind ervaar by Dwarswegstrand op staanplek 30 die afgelope twee Desembers. Terwyl ek dit uiteraard nie geniet nie, is ek darem nie bang daarvoor nie. Ons voltent staan stewig in die wind, en ek sit maar ‘n stormnet ook oor vir gemoedsrus.
Wind lawaai
Ek is so skrikkerig vir wind, ek vat sommer ou Grompie in 'n krat en gaan ry ook Australië plat![]()
Rond bedoel jy?
gaan ry ook Australië plat
Daai nooi in die wit Hilux ry rond, nie plat nie. Anders sou sy ‘n halternek gedra het…
Rond bedoel jy? ...
Daai nooi in die wit Hilux ry rond, nie plat nie. Anders sou sy ‘n halternek gedra het…
Chris, hy het nie mooi opgelet in die klas nie. 😂🤔🤫





Chris, ek bly in vaste…
Chris, ek bly in vaste verblyf @R406 pn en hoef dus nie so vêr vanaf Gauteng te sleep nie. Ry ook in 1 dag af ondertoe en 2 dae terug. Dan het ons nie nodig om so vroeg daar te ry nie.