Goeie môre vriende, ek het lank 'n toep gebruik wat vir my die diesel pryse naby, aan waar ek my bevind, uit gewys het. Die "App" het op gehou werk,(Pitstops) en ek kry nie 'n ander een op Istore nie.
Ek weet iemand op die forum gebruik iets dergliks, kan die mense wat so iets gebruik, asb vir my hier terugvoering gee van wat julle gebruik, en hoe dit vir jou werk?
Dankie Wynand, ek gaan daarna…
Dankie Wynand, ek gaan daarna kyk.
Met die petrol ptys wat…
Met die petrol ptys wat beheer word sal dit nie vir my werk nie maar het gaan loer op Google.
Goedkoper diesel
Toe ek nog met ‘n diesel gesleep het, het ek ook altyd gesoek na die goedkoopste volmaak plekke. Uit ondervinding regoor die land, het ek geleer dat die koöperasies gewoonlik goedkoper is as die res. Mens kry ook depots waar vragmotors volmaak wat goedkoper is as die hoofstroom. In die groter stede is dit moeiliker om die goedkoper plekke te vind. Daar moet mens maar staatmaak op plaaslike kennis.
Waar dit gerieflik is
Middag vriende
Ek sal nog probeer om in Brits by die goedkoopste plek, mits dit betroubare diesel is, te gaan ingooi. Dit is ook by die kooperasie, maar o genade die verkeer by daai pompe is vreeslik. Die boere met bakkies, trokke, taxis en dan natuurlik die magdom Hiluxe![]()
As ons egter op die langpad is, gooi ek maar sommer by die gerieflikste vulstasie langs die hoofpad in. Ek gaan nie tydmors en sukkel om goedkoper diesel te soek nie, bloot om dalk R20 op 'n halftenk te spaar nie.
Maak julle reg
Roemers hier in petrol dorp loop hoog maak maar reg petrol diesel , pryse gaan styg iemand benodig geld ![]()
Môre Shaun, ja nee jong, ons…
Môre Shaun, ja nee jong, ons is so gewoont daaraan![]()
Ek,kon glad nie 'n app kry wat vir my werk nie, sal,maar die kooperasies gebruik as ons nie hier ingooi nie![]()
Ek verkies Sasol diesel, maar soms is hul vulstasies, veral daar ver, duurder as die ander.





FillApp
Ek het probeer om dit te installeer, maar gevind dat dit nie juis gebruikersvriendelik is om die installasie af te handel nie. Ek gaan egter weer probeer. Ek het dit raakgelees op Netwerk24.