Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Stem heeltemal saam Wessel… November 2026 neef Herman -1 hour ago
Herman... November 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
Wessel, hierdie is n… November 2026 neef Herman -4 hours ago
Nou weet ek hoe.... November 2026 Wessel Strydom -9 hours ago
November brandstof prys November 2026 Geert -9 hours ago
Goeie more almal Cobb - Tips en idees Goeie Hout -15 hours ago

Vervanging van sleepstang konsertina rubber

Worcester
Profile picture for user Wildehont
Submitted by Wildehont on
Forums

My Kavango se rubber bellow (dis die regte Engelse naam vir die konsertina rubber sloop wat die ghries op die sleepstang binne en die stof buite hou) is stukkend. Dit veroorsaak ‘n ghries gemors op my hande en soms broek met elke haak en af haak. Ek glo julle weet waarvan ek praat, maar hier is ‘n foto van een as julle wonder. 
 

A
 

Ek het hierdie handige raad gekry vir die vervanging van die rubber. Ek moet net ‘n nuwe een gaan koop sodat ek dit Saterdag kan opsit. Ek gaan maar die oue afsny, skoonspoel met petrol en saamvat sodat ek die regte een kry. 

Brits

Wessel Strydom

Tue, 28/02/2023 - 08:22

Môre Chris S

Ek het gou na my hak gaan kyk, my Kavango, en dalk joune ook, het heeltemal 'n ander haak. Ek vermoed dat die warm rubberhuls moontlik moeiteloos daaroor kan beweeg.

Ek sal nie sommer net strip nie, kyk eers of dit nie kan oorgaan nie, want ons meganisme staan nie so hoog nie. 

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Tue, 28/02/2023 - 08:50

Manne koop maar vir julle so 1 maal per jaar 'n kannetjie "silicone spray" en spuit dan al die rubber gedeeltes van julle voertuie om dit teen verweer en son te beskerm.   

 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 28/02/2023 - 09:06

Ek vermoed dat die warm rubberhuls moontlik moeiteloos daaroor kan beweeg.

My Kavango het presies dieselfde meganisme as die een op die foto. Onthou, my wa is al 15 jaar oud.  

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 28/02/2023 - 09:11

spuit dan al die rubber gedeeltes van julle voertuie om dit teen verweer en son te beskerm.   

Het silikoon sonskerm in? wink

Die rubberhuls (dankie vir die mooi naam Wessel) se verweer is nie van die son nie. Ek dink dis maar slytasie, want daar is baie beweging op die sleepstang - veral voor ek die skokbreker daarop vervang het. Die wa staan in die motorhuis tussen toere, en die voorste bed se vloer (die deksel wat oopklap waarop die voorste bed se tent staan) gooi skaduwee oor die rubber wanneer ons kampeer. Die rubberhuls is waarskynlik ook al lekker oud, ek weet nie wanneer/of dit vervang is nie. 

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Tue, 28/02/2023 - 10:27

Die silicone spray gaan nie UV blok nie, maar dit gaan die rubber in stant hou om die verweer beter te weerstaan en sodoende langer te hou.      Rubber en plastiek is geneig om bros te word na lang gebruik wat kan veroorsaak dat dit maklik skeur.  Silicone sal die rubber en plastiek bewaar.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sat, 04/03/2023 - 14:55

Dit was so maklik as wat die aanwysings beweer het. Ek het sommer alles mooi skoongemaak met petrol, en vars ghries ingesit. Die nuwe huls het my R127 gekos.

A
 

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus