Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Stem heeltemal saam Wessel… November 2026 neef Herman -5 hours ago
Herman... November 2026 Wessel Strydom -6 hours ago
Wessel, hierdie is n… November 2026 neef Herman -8 hours ago
Nou weet ek hoe.... November 2026 Wessel Strydom -13 hours ago
November brandstof prys November 2026 Geert -13 hours ago
Goeie more almal Cobb - Tips en idees Goeie Hout -19 hours ago

Wat pak jy waar, woonwa of...

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Middag vriende

Na aanleiding van Chris B se opmerking op die gesprek van Jan Meyer, wonder ek waar en hoe pak julle as julle met woonwa  vakansie hou.

Ek pak baie soos Chris B, soveel moontlik agter op die bakkie. Kombuislaaie, vrieskas wat afgeskakel is, kampgoete [2x plastiese kratte], stoele, sonpanele, graaf, elektriese neuswiel, Groottent, grondseil en ekstra gasbottel met gasbraaier, en 'n klein braaiertjie vir vuurmaak.. 

In die Kavango kom die eet en drinkgoed. Koelkas volgelaai, maar afgeskakel. Klere natuurlik, en op agterste bed kom die beddegoed, 2 opvoustoele, tafel, en droograk. 

Vir 'n enkele aand se oorslaap, kan ons die agterste bed leegmaak, en sommer daar slaap. Dit spaar die moeite om neus en voorste bed oop te maak.

Ek verstom my ook aan wat alles uit sommige mense se woonwaens gepak word. Ek wonder partymaal wat is die totale gewig van sulke volgepakte waens. 

 

Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Wed, 22/03/2023 - 15:09

... toer gewoonlik met 'n redelike groot voorraad Bolandse voggies. Dít, tesame met die volgende kom alles agterin die bakkie:

Braaidrom, mini-Weber, minstens 1 sak brikette, karavaan spaarwiel, tent (meestal net rally met pale), penne "box", 82 liter Snomaster (aangeskakel), Coleman koelhouer met yskas se inhoud, elektriede boor, grondnette, lapa-afskortings (net as ons lank op een plek staan, bv 2 - 3 maande by Eiland Spa), opvoubare wasgoedlyn en ander kleiner items soos kompressor, brandblusser, "jumpers", gereedskapkis, driepootpot ens.

Indien die draagbare lugreëlaar saamgaan word dit voor in die wa op die vloer vas gegespe. Ons bed is opgemaak, met opvoutafels daaronder en stoele plus TV (in sy oorspronklike verpakking) bo-op. Die yskas is leeg. Niks staan op die vloer waar jy dalk moet beweeg nie. Ek het geen vrees dat my wa dalk te swaar gelaai is indien hulle my by 'n weegbrug sou aftrek nie.

Voor in die neuskas is 'n gasbottel, graaf, tuinslang, geel plastiekblokke vir "levelling", leë waterkan en opvangemmer vir wasbak se water.

Slegs as ons die lapa-skadunetafskortings saamneem word laasgenoemde se pale in die palehouer onder die wa geplaas - andersins is dié houer leeg.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 22/03/2023 - 18:25

Niks word in die Exclusive gepak wat nie in 'n kas of onder 'n bank ingepak word nie, absoluut niks nie.  Verder :

  • In die yskas word die vrieshokkie (vooraf gevries) met reeds-gevriesde vleis ingepak - tjok-en-blok vol.
  • Op die vloer van die yskas word botter en kaas blokke gepak asook 'n houer met eiers. Die yskas word 'n dag voor vertrek verkoel.  Niks kom in die rakke en deur van die yskas nie.
  • Onder die dubbelbed kom los goedere soos die ketel vir die gasstoof, wyn en bier en 'n paar ekstra komberse
  • Die dubelbed word volledig opgemaak voor ons vertrek, maar niks word daarop geplaas nie.
  • Die eethoekie met sitplekke kan opreis gebruik word omdat niks hier gepak word nie.
  • In die badkamer se storthokkie word twee opvoutafels, vier kampstoele, vyf staal skinkborde, skottelgoed-wasrak met bybehore en wasgoedemmer gepak.  Dis die enigste plek wat ons nie kan gebruik tydens ons reis nie, maar dis 'n baie handige tydelike stoorplek van groot en ongemaklike goed om in te pak.
  • Al die kruideniersware word weggepak in die verskillende kruidenierskassies in die kombuisie.
  • Ons klere is uitgepak/gehang in die onderskeie klerekaste waarvan daar oorgenoeg is.
  • Die tentpale kom in die pale-hokkie, agter die neukas.
  • In die neuskas :

     Spaarwiel, geelblokke, emmers vir gryswater, tentpenne, hammer, toilet chemikalië,         buitelig, gieters, stutte-slinger, hark, grafie, besem, kragkabels (lang en kort), oprol (lap) tuinslang, byl en twee 3kg gasbottels

Ons het nou wel nie 'n bakkie of dubbelkajuit nie, maar die Pathfinder het oorgenoeg pakplek as die agterste twee rye rugleunings platgeslaan word.  Hierin kom min of meer die volgende:-

  • Ons Edesa 42 liter vrieskassie met al ons gevriesde vleis word vooraf met 220V gevries en daarna met vooraf gevriesde vleis gelaai en tydens reis voorsien die P/F 12V-krag vir die vrieskas.  Dit staan heelagter aan die regterkant.
  • Agter aan die linkerkant kom al die tent/stoeptent seile en grondnette, gepak in die volorde wat dit benodig word om op te slaan. 
  • My drie gereedskapkissies : (1) Al my gereedskap (2) Kleinerige karavaan onderdele, skroefies en wassertjies (3) Die P/F se standaardkassie met sleeptou, "jumper"kabels ens.
  • Sak hout en sak houtskool.
  • Koelboks met koeligheid vir die reis en tentopslaantyd.
  • Draagbare braaier, maar deesdae los ek dit tuis omdat oorde voldoende fasiliteite het.
0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 22/03/2023 - 19:47

Dankie Len

Ek het so vinnig vergelyk met jou paklys, en ek besef die hark kort. Weer die afgelope week op Marakele 'n hark gemis. Ek is gewoonlik so haastig,dat nadat die grondseil vasgeslaan is, ek eers agterkom van 'n paar slegte klippers daaronder. 

Eintlik ry ons darem baie goete saam, en tog kan mens nie daarsonder nie. 

 

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Fri, 24/03/2023 - 07:22

Goeie môre Kampforum vriende, dit is naweek wie wegbreek moet dit geniet en veilig ry.

In die Penta se neuskas kom die volgende items:

1. Spaar wiel

2. Een gas bottel 

3. Toolboksie met noodsaaklike gereedskap

4. Skoffelpik - as mens regtig nodig het om slote te grou

5. Driepoot Potjie

6. Krag kabel

7. Alva braai met verleng pyp 

8. Los ligte

9. Draft skirt

10. Gas pyp om vuur aan te steek

11. Ratchet met twee verlengings, een vir wiele ruil, en een vir movers (lange vir movers en korte vir wiele)

12. Herlaaibare blaas masjien vir blare en tent seil skoon blaas as ons oppak

13. Twee van daai uit rek tuinslange 

14. Die opwas se geisertjie 

15. Driepoot staander vir braai lig

16. Byl

Binne in die Penta die volgende 

Linkerkaht voorste bank:

1. Elektriese domkrag

2. Draagbare braaier

3. Gieter en emmer

4. Waaier plus verwaremer waaier lg vir winter kampeer

Regterkan voor bank:

1. Braai roosters, oa.  rotisserie en braaibroodjies ens

2. Paella pan

3. Tent pale (die skuif in voor die banke

4. Karavaan batery

5. Solar stel

6. Nog so paar kleinegeite

Dubbel bed. (Altyd op gemaak)

1. Vier plasiek TV skinkborde / tafeltjies 

2. TV in sy oorspronklike verpakking

3. Twee verskillende groote opvou plastiek tafels

4. Besem

5. Twee sambrele

6. My stap kierie

7. Die skadunet windskerm

8. Die opwas staander

9. Opvou wasgoed lyn

10. Opvou hangkas vir die add-a-room

Die yskas (dubbel deur) word vooraf gepak met die nodige, ons vat vleis en kos van die huis saam.

Niks word in die Penta op die vloere gepak nie, ek haat dit om oor goed te moet kl8m as ek iets soek.

Alle ander goed soos tente, ammo bokse met verleng koorde, penne, hammers ens kom binne die sleep voertuig.

Ek sal verander en byvoeg soos wat ek oor die naweek skoon maak na ons besoek by Jubaweni 

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 24/03/2023 - 10:26

Môre Johann

Genade mens, bly daar iets agter by die huis om te steel?

Ek het nou al 2 keer deur jou lys gewerk. Ek kan nie glo dat jy al daai goete op die genoemde plekke ingepak kry nie. 

My Kavango gaan dit nie kan hanteer nie. Ek dog ek ry/sleep baie goed saam, maar daar is geen kompetisie nie.

Nou wag ek vir byvoorbeeld Willem se inset.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 24/03/2023 - 10:53

..............Johann se paar goedjies wat hy ingepak kry, is 'n prestasie. (Voor my Exclusive het ek ook 'n Penta gehad).

Ek het ook my neuskas-items hierbo ook iewat aangevul.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Fri, 24/03/2023 - 11:05

Met die Exclusive het ek ook baie gelaai, maar met die 3B het als verander.  Hy het nie so baie pak plek nie maar wel baie plek vir klere.  Ek pak ook nog altyd die grond seile, voltent, stoelle en tafel in die Ford.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 28/03/2023 - 09:18

Môre vriende

Ek pak soos genoem al die swaar goed agter op die trokkie. 

Die meeste gewig in die Kavango is weens die volgelaaide koelkas, drank onder banke en die 120l water in die tenk.

Vir een of ander rede voel ek gerus met die water in die tenk, hoewel ek nog nooit grootmaat water langs die pad benodig het nie. Ons het meestal so 40l drinkwater ook by ons, agterop die bakkie.

As die Hilux se bladvere dit nie kan hanteer nie, sal ek maar 'n Karoo-lammetjie aanskaf. Laasgenoemde het nou die grom van 'n V8 nie, net so effe geblêr in jou ore. laugh

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus