Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Nou weet ek hoe.... November 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
November brandstof prys November 2026 Geert -2 hours ago
Goeie more almal Cobb - Tips en idees Goeie Hout -8 hours ago
Elektrisiteit November 2026 Johann L -9 hours ago
Rona November 2026 Johann L -9 hours ago
Gister se erge hitte... November 2026 Rona du Plessis -19 hours ago

Hoegemaak met Tentpenne

Kaapstad
Profile picture for user Rusty
Submitted by Rusty on
Forums

Ons kampeer al sedert die 1960s maar het langs pad bietjie stormskade opgedoen en sokkel so biki om te beweeg.   Ons wil dalk die malperd opsaal om 'n teardroppie of iets kleins aan te skaf en te gaan staan op 'n ver plek langs die rivier. Dik sand oppad suintoe en harde klipgrond as jy daar kom. 

Weet nie wat wind gaan maak met awnings en aparte windbreekseil nie.  Daar is nie bome of pale of iets waaraan mens goed kan vasanker nie.   Dis Karoowêreld daar.  Maar wind kan bietjie têre en groot bome is uitgeruk.  Sewereeks BMW en agttienvoet woonwa is in die lug getol, dakke moet maar die hoed styfdruk.

Hoe slaan mens die goed stewig op, of kamp mens liewer daarsonder?  Die wind kom in vlae en ruk skielik op boontoe.  Dalk is Marilyn Monroe se nagedagtenis daar en dis 'n mannetjieswind..

 

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 10/04/2023 - 11:17

Welkom op die forum en ek sien uit na jou saamgesels  -  veral omdat ek raai ons is albei in dieselfde ouderdomsgroep en ons wortels is geskiet in die beste plek in Suid-Afrika, uitgesluit natuurlik die Kruger Wildtuin.

Ek lei af julle is gesoute karavaan-kampeerders, maar het nie op die oomblik 'n karavaan nie. Gegewe die "stormskade" wat beweging aan bande gelê het, sou ek eerder nie iets soos 'n "teardrop"-tipe karavaantjie aanbeveel nie.  Hierdie karavaantjies is net 'n geskikte lêplek en jy sal 'n leefruimte moet opslaan.  My gevoel is eerder 'n goed-ingerigte karavaan met die absolute minimum tent/afdak opslanery  -  dan is jou tentpen-probleem ook sommer opgelos en jy kan steeds 'n mannetjieswind met sy interessante gevolge geniet !

Vertel 'n bietjie meer.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 10/04/2023 - 11:44

Môre Rusty

As ek jou inset reg lees, " dik sand en klippe", dink ek jy moet eerder na 'n goeie boswa en 4x4 trokkie begin soek. Daar is baie verskaffers daar onder, kyk gerus na die INFANTA, Bush Lapa, Afrispoor en Gecko om net 'n paar te noem.  

Was dit jou BMW en 18 voet wa, wat wind rondegooi het?

"Sokkol om te beweeg", is dit jou eie lyf wat skade het, of omdat jy nie 'n woonwa het nie. ?

0
Kaapstad
Profile picture for user Rusty

Rusty

Mon, 10/04/2023 - 13:33

Die stormskade is iets wat my neuroloog wakker hou, nadat die kardioloog gefaal het.  Mens se lyf moet maar byhou by Photoshop wat jy langs pad gereeld raakry.  Dus is die stormskade baie liggaamlik en heeltemal binne my eie vel.  Annerdag vir 'n jong enetjie met 'n luisterkettie om die nek laat verstaan dat ek 'n totale lyfoorplanting makeer; sy moet maar kyk of daar 'n twintigjare lyf iewers op 'n guerney verbykom en die joppe gou afhandel. 

Ons het drie jaar in 'n woonwa gewoon bo en behalwe die baie kampeer regoor SA.  Terloops, KNP sien my nie weer nie, daar is te veel eiesinnige privaatoperateurs daar en hulle boelkie die privaat toeriste.  Daar is ander parke met die groot vyf of selfs groot sewe; 'n hele aantal net anderkant die Tygerberg.   Hoef nie ver te ry nie en ek het boonop 'n ewige vrees vir daai dier in Afrika.  Het al mense moes begrawe wat gebyt geraak het van 'n moedswillige muskiet.   Leeu is toe nie koning van die oerwoud nie, maar muskiet speel baas oor als.

Die Infanta Enkulu 4 lyk na iets waarin ek sou kon sterf as ek nog so 30 of veertig jaar oorhet, maar die manne ruk die goed rond met Cruisers op die videos, wys hoe die awnings werk maar mens sien min van die deel waar ek en my Darlingmost Wificle moet slaap; dis met elke vervaardiger so.  Hulle is behep met uitsleepyskassies en uitswaaidakkies, maar nie met die deel wat die meeste saak maak nie.    Ek wou al 'n byl duer die TV gooi as nog een begin awnings oopswaai.  

Die BMW was iemand anders s'n en hy is op slag dood; het daklangs op 'n aankomende W123 280E geland. 

Daai groot waens:  ek het in 2006 laas gesleep en het nog nooit in die sand gesleep nie,  Deur die driffie, anderkant die rivier, is seker 30km swaar sand, tweespoor met 'n duidelike middelmannetjie.  Min mense kom by die plaas verby, dus is die pad nie uitgetrap en sinkplaat nie.  Wanneer dit warm en droog is, moet selfs die trekkers maar ligloop daar. 

Ons wil ry tot daar en dan vir 'n tyd daar bly.  Daar is geen geriewe nie maar ek en sy het albei op plase grootgeword, verstaan veldties en long drops en sulke goed, ons weet van was uit 'n waskom en lampetbeker, ons verlang geen geriese nie en sal heel eerste enige mikrogolfie op Gumtree gaan vrylaat.  Ons het vir dekades geen TV gehad nie; nou ook nie, maar het 100mbps tot binne-in die TV, vir YouTubevideos.  Dit gaan agterbly.

Ek is op my gelukkigste as die kokkewiet huppel tot voor my bed, of die suikerbekkie hier by my kop vir my op die takkie kom loer, die lewerik en die geelvink dans op die renosterbos en die visarend my roep vir 'n vissie.  

Vanoggend vir Leefek se mense gese alle woonwaens moet nou offroaders wees, want ek het gesien hoe lyk die N1, N2, n7 en N12.  Hier in die Kaap kon ek anderdag die groot VW oor 'n slaggat parkeer, met 'n meter elk wat weerskante uitsteek.  In Oosterzee en Tygerdal.  Ons gaan sterk rygoed makeer, nie spoeg en plak nie.    As jy 'n Ventertjie sien met Mickey Thompsons of Coopers onder eendag, raai maar reg, dit sal dan seker ekke moet wees. 

Ons leef na buite en verkluim nie as die wind effe draai nie; ons gooi hout op die vuur vir nog 'n uur.  Mens gaan net in as die bloedsuiker val en fris boeretroos nie die gaap kan hok toe jaag nie.  Stormweer, en net stormweer, is ons binne. 

My oulike vrou het al tussen meer as 20 gaste in die sitkamer geheel en al verklee, van letter alles, sonder dat iemand agtergekom het.  Sy trek die nuwes onder die oues aan voordat sy die oues dan net verwyder.  Aantrek in 'n teardroppie gaan nie 'n probleem wees nie en daar is genoeg USB nipples vir kameras, macbooks, ssd blades en sulke goed. 

Daar kom 'n baie netjiese 4x4 dingetjie met diff locks tot op die wipers.  Ons gaan daar kom.  Het alreeds die volgende oorweeg:

-  Metalian Maxi met Howling Moon/ Thule clamshell RTT, andersins Venter Savuti of iets tweedehands

-  Jetstream / Edgeout / Vagabond / Sherpa en nog een wat in die Kaap gepleeg word uit veselglas, Tonga of Tonka of so-iets.  Solank die goed DROOG bly.

Ek dink nogal met my verstand, maar as ek met my hart of my beursie gedink het, so Conqueror UEV-25, MobiLodge, Enkulu4 almal oulike gelyk het, so ook Armadillo en BorderX.  Maar dis baie flesse boontjies daai en bonkig, swaar en dus kan dit onbeholpe raak. 

Bush Lapa maak niks vir my nie.  Die vereistes is dat daar 'n klaar opgemaakte bed moet wees, agter 'n muur en nie seil nie, en dat dit geen opslaan verg nie.  Boslapa is vir jong latte wat met lappe vroetel terwyl iemand die bier vashou.  

EdgeOut en Metalian word albei hier naby gebou, ek dink Conqueror ook.  Wil ek op 'n Metalian gaan slaap en drie keer deur die nag die trappie moet af na 'n dors bossie toe?  Dink nog daaroor, maar daai goed lyk mooi.  Eksels het waentjies gebou en die Metalian lyk of die manne darem Matriek gemaak het.  

My eerste waentjie, circa 1974 se koers, loop steeds en daar is nog nooit herstel of selfs geverf nie.  Mens bou 'n handewerk vir die nageslag, of gaan drink tee. Dit breek nie waar ek sweis nie. Daarom dat die kar wat met die hand gebou word, my aandag getrek het.  Dis nie een van daai goet wat Wit St Anneries Peertjies nog moet klaar gaan bou nie.  Mense het graag opinies, maar ek boer met feite, want feite is nie fiksie nie. 

As ek halwe woord en onvolledige sinne skryf, of swak spel, gee hierdie die skuld/;

https://www.mayoclinic.o…

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 10/04/2023 - 14:21

.... het ek nou lekker gelees aan jou inset. 

As jy agter 'n muur wil slaap, met 'n reeds opgemaakte bed, dan is die Gecko net die wa vir jou. Gaan loer gerus op internet. Stort en toilet is ook sommer binne. Lekker kompak en nie te groot vir jou  VW nie. Laasgenoemde is dan seker maar 'n Onderrok of Toer-ek??laugh

Op die forum is dit nooit nodig om verskonings te maak nie. Ons lees tot Len se insette ook aandagtig.laugh

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus