Hoekom bou die mense grondpadsleepwaens? Daar tussen Nuwerus en Kliprand sweef my ou direkteurskoets oor die wit stofgruis, laat net 'n wit streep agter soos 'n straler. By Oorlogspoort buite Colesberg dieselfde ding.
Toe raak die vakansie op en ons moet teer toe. Die N1, N12, N7, N4, N2 vra grondvryhoogte, een van die dae nog diff locks seker ook. Oral om die aarde verval paaie vinnig en 🇿🇦 is nie uitgesluit nie.
Hoekom is alle woonwaens nie die Enduro of Gravelor soort nie?
Daar is....
...baie grondpadwaens deesdae, praat nie eers van ordentlike boswaens nie.
Die Stealth reeks en die Aloe reeks het ook lieflike grondpadwaens.
Stealth
Ja, daardie rowwer Sprite en Stealth lyk goed, die Infanta waens ook. Waar sleep mense die sagter goed?
Iewers gelees dat 'n ou met sy Edgeout 'n gasbottel en nog goed verloor het iewers halfpad tussen Verdwaal en Verwurg. Pop rivets het ingegee. Mense wat nie self regte klinknaels kan inmoker nie, gebruik pop rivets. En dit hou net van agtuur tot brekfis.





Goeie vraag
Jy som dit mooi op veral hier in MP en sekere dele in Limpopo is paaie baie sleg die Sprite Tourer SW is n voorbeeld van n gravelroader