Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
misverstand!!! Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Wessel ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -3 hours ago
Chris B Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -3 hours ago
Lekker Chris. Het dit geniet… Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -6 hours ago
Kom ek probeer nog een Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -6 hours ago
Proef Video - Elim Gasteplaas Keimoes Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -6 hours ago

Wildtuin toe met 'n tent

Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher
Submitted by Chris Boucher on
Forums

Na aanleiding van Wessel se voorstel dat ek dalk 'n nuwe gesprekslyn moet begin wat handel oor die moontlike tent-kampering in die Krugerwildtuin gedurende Mei 2024, het ek dit goedgedink om wel sodanige draad te begin. Ek haal graag aan waarmee ek dié gesprek begin het.

Ek loop gister 'n ou skoolmaat van my raak by Supa Quick toe my mahala nuwe Dunlops opgesit word. Hy woon ook in Kleinmond, maar die plek waar ons mekaar die meeste gesien het die afgelope paar jaar, was in Tsendze waar hy gereeld op staanplek 25 kamp met sy tent. Hy noem toe dat hy ook sy Honda CRV na Supa Quick wil bring vir 'n "check-up" voordat hy eerskomende Donderdag die pad wildtuin toe vat. Hy en sy vrou ry jaarliks met sy kar wildtuin toe en kamp baie basies net met hulle tent, 'n klein opvoutafeltjie, twee stoele en twee kampbeddens. Maroela, Tsendze en Punda is altyd op hul reisplan van ongeveer 3 weke in die wildtuin.

Ek begin toe dink - waarom gooi ek nie ook ons Howling Moon boogtent, 'n gazebo, tafel en stoele, afblaasmatras en die basiese benodigdhede in en vat die pad wildtuin toe nie (karavaanloos). Ons het dit al drie keer gedoen - die eerste keer 'n week in Satara, 'n paar jaar later 'n week in Shingwedzi en die laaste keer 'n week in Berg-&-Dal. En dit was elke keer vrek-lekker. En dit klink my mammie ontvang die idee goed om só wildtuin toe te gaan - hopelik vir sowat 3 weke (dalk 'n week elk in 3 kampe). Oorslaap heen en terug sal dan in Lekkeslaap-plekke wees. Skielik sien ek ook uit na 1 Junie om plek te bespreek vir Mei 2024.

Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Thu, 24/08/2023 - 16:58

Soos voorheen genoem (lyk my dit was op 'n ander draad), is my bespreking vir Mei 2024 gewysig vanaf Shingwedzi na Onder-Sabie. Die idee is steeds om slegs met die tent en gazebo te gaan. Dit klink al hoe meer of my Roemeense kinders wel in die wintertyd SA toe gaan kom en gevolglik sal ons maar beperk word met ons kuiertyd in die wildtuin ten einde betyds terug by die huis te wees vir hulle aankoms in Suid-Afrika. Gevolglik kan ek nie voorsien dat ek vir só 'n kort tydperk die "ou lady" sal haak nie.

Synde ons vanaf 12 Mei in Onder-Sabie bespreek is, waarvan die eerste aand in 'n 2-bed "bungalow", het ek dit goedgedink om die voorafgaande aand (11 Mei) in Malelane-kamp in 'n rondawel te bespreek. Dan kan ek die volgende dag rustig deur die wildtuin na Onder-Sabie ry waar ons eers om 14:00 kan inboek.

Ek het so pas 'n e-pos na EZI Bookings gestuur waarin ek die byvoeging van bogenoemde aand aanvra. Dit sal ons 21 nagte in die wildtuin gee.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Thu, 24/08/2023 - 19:57

Die laaste keer wat ek in 'n tent gekamp het was 58 jaar gelede tydes my diensplig in die weermag.  Die enigste kere voor dit was Voortrekker-kampe en 'n paar keer in die agterplaas van my ouerhuis in Pretoria.  Eerder julle twee ChrisB as ek en my annerhelfte, sy het nog nooit in haar lewe in 'n tent gekamp nie.

As ek net dink in die Wildtuin aan 'n lewe uit 'n tas/sportsak, kratte en die losgoed, die ge-in en uitpakkery, wind, koue, hitte en reën en die ongemak van 'n kampbed of afblaas-matras, dan het jy my lankal verloor.  En wat van kruipende goggas en slange wat moontlik 'n tuiste binne-in jou tent kan vind ?

Jammer vir hierdie tirade en ek is bly vir julle onthalwe as julle daarvoor kans sien, maar vir my sal dit nooit kampering met ons karavaan kan vervang nie.  Vir my kan 'n Wildtuin-vakansie nie losgemaak word van 'n karavaan-vakansie nie , die twee vorm 'n eenheid.

Wanneer my dae van karavaan-kampering getel sal wees, sal ek maar noodgedwonge oorgaan na vaste-akkommodasie, maar beslis nie tent-kampering nie.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Thu, 24/08/2023 - 21:03

 Hierdie idee van Chris... herinneringe en ń herhaling 40 jaar gelede se kamp.

Kyk, dat twee oues van dae, en so naby sewentagintag weer in ń verlepte tentjie wil gaan kamp vir n páár weke......Klink soos n naweek kamp van destyds met n pakkie kondome en n bottel soetes. Pure pret.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Thu, 24/08/2023 - 21:53

.... die tentkampding in die wildtuin gedoen. 2011 (Satara), 2012 (Shingwedzi) en 2015 (Berg-&-Dal). En vir ons was dit elke 'n moerse belewenis. Alles word in die sleepwa gestoor - dit is ons koskas en klerekas. 'n Gerieflike opblaasmatras (die hoogte van 'n normale bed) en Porta Potti in die tent voorsien in jou nag se behoeftes. Die gazebo huisves 'n tafel, tweeplaatstoof, stoele en vries/yskas. Wat meer het jy nodig. Beslis nie so gerieflik soos 'n karavaan nie, maar ons kom niks kort nie.

Ek en my vrou het grootgeword met tentkampering. Vir ons bly dit 'n lekker ervaring. Ons het dit wel lanklaas in die wildtuin gedoen, maar ons raak sommer opgewonde by die gedagte daaraan.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 25/08/2023 - 07:17

Dit was ook ons eerste keer by Tsendze. Desember 2008 as ek reg onthou. Toe ons daar aankom is daar ‘n bye nes in ‘n holte in ‘n appelblaar oorkant ons staanplek. Rodger probeer hulle toe uitrook, en ons gaan staan op ‘n veilige afstand. Drie bye kies toe egter Salomien se nek om hulle angels in te verloor.
 

Na die moeilike begin het dit nie regtig beter geraak nie. Daar was mopaniewurms orals, letterlik orals. As jy van jou stoel af opstaan om iets te kry is die stoel oortrek van hulle wanneer jy weer wil gaan sit. Dieselfde met die tent. Mens hoor hulle sommer uit die bome val op die tent. Sulke lekker vettes. En hulle pootjies klou aan die seil, so as jy party afhaal klou hulle so dat jy hulle hard genoeg druk dat hulle binnegoed uitpeul. Soos dit in die reën seisoen in die bosveld is, was daar ‘n verskeidenheid ander goggas in groot getalle. Onder andere ‘n skerpioen in die paadjie na die badkamer toe. 
 

Ek het in noordelike Botswana gebly van 2003 tot 2005, so dit het my nie werklik gehinder nie. My meisie (ek en Salomien was toe nog nie getroud nie) het egter verskeie keer daagliks haar humorsin verloor. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Fri, 25/08/2023 - 09:37

Hier's foto's van ons tentkampe in die wildtuin:

2011 in Satara - nog met die ou tent en ou gazebo:

Tent

2012 in Shingwedzi - ook met die ou tent en ou gazebo"

Tent

2015 - Berg-en-Dal - in die huidige tent, maar toe sonder gazebo:

Tent

My ou beter-helfte kan, as 'n Karoo plaasmeisie, dit nogal "rough up" - minder bang vir 'n spinnekop en slang as ek. Tot en met ons eerste karavaan in 1993 het ons niks anders geken as tentkamp nie.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Fri, 25/08/2023 - 12:31

... toe my ekstra nag in die wildtuin - in Malelane-kamp. Gister laatmiddag die e-pos gestuur en vanoggend kry ek toe bevestiging van Melische by EZI Bookings. Ek ek kry toe die enigste 3-bed hut in die kamp. Volgens die kamp-uitlegplan is dit die verste hut van die ingangshek af en die naaste aan die rivier. Daar's nie 'n wonderlike uitsig nie - net suikerriet aan die oorkant. Maar dit maak nie saak nie, want ons sal seker maar laterig die middag daar arriveer - ek beplan om te ry vanaf Aldam. En dit is buitendien net vir die een aand.

Die volgende dag het ek die spreekwoordelike "wêreldse tyd" om tot Onder-Sabie te ry met stilhouplekke by Afsaal, Skukuza en Nkuhlu - ons kan mos eers 14:00 in ons akkommodasie inboek.  Dalk loop ek my nog vas teen die Loaders en die Labuschagnes.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 25/08/2023 - 12:49

Kampeerders steur hulle mos nie aan die 14:00 inkloktyd nie. Of gaan julle in vaste verblyf bly die eerste aand? Anders is dit beter om so 09:30 in te klok by die kamp, sodat mens daarna vir jou ‘n voorkeur staanplek kan probeer kry. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Fri, 25/08/2023 - 14:29

.... is in vaste verblyf - 'n 2-bed bungalow met uitsig - omdat ek van die begin af voorsien het dat ons te laat in Onder-Sabie gaan arriveer om 'n beter kans te staan vir 'n lekker kampplek. Dan kan ons dalk reeds die middag begin kyk of daar mense is wat aanstaltes maak om die volgende dag te vertrek en hopelik sodanig 'n lekker kampplek bewerkstellig vir die volgende 19 aande se kampeer.

Ek weet baie mense hou nie van die bedrywigheid op die paaie rondom Onder-Sabie nie, maar jy kan darem in 'n klomp rigtings beweeg. En wat my aanbetref is dit ongetwyfeld een van die beste wildomgewings in die wildtuin. Ons lief Onder-Sabie omgewing en dit is omtrent die enigste kamp waar ons die plaaslike restaurant gereeld ondersteun tydens "brunch".

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 25/08/2023 - 17:29

.............ek is bly dat jy jou nie laat afskrik van hierdie negatiewe (of soos jy elders verkies, realistiese ou) se kommentaar oor tentkampering in die Wildtuin nie.

Verwysend na Herman se kommentaar, die laaste sin hierbo : so met die jare verander 'n mens se inpak-lys, byvoorbeeld daar is een pakkie wat nie meer nodig is om in te pak nie.

Geniet die tentkamp, ons sien julle in Mei-maand daar.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 28/08/2023 - 17:31

Toe ek vandag ringpenne vir my karavaan se stoeptentpale by Tentco bestel, sien ek op hulle webblad dat hulle van die sagte sponsproduk het wat jy aanmekaar las met swawelstert-laste. Synde ons op 'n afblaasmatras gaan slaap wat maklik stukkend steek, het ek vir my 6 stelle daarvan bestel. 'n Stel bestaan uit 4 stukke wat 1,5 vierkante meter dek. My tent is 9 vierkante meter - vandaar 6 stelle. Dan beoog ek ook om maar, as 'n "back-up", nog 'n afblaasmatras by Outdoor Warehouse aan te skaf. Ek het 'n relatief nuwe afblaasmatras (Desember gekoop), maar ek wil maar voorbereid gaan. Onder-Sabie se kamp-oppervlaktes is nogal lekker gelyk en beskik oor mooi gruisbedekking, maar ek gaan maar eerder voorbereid. Dit is darem lekker hoë matrasse - so hoog soos 'n gewone bed (46 cm). Maar dié sal ek doen as ek eers weer terug is by die huis.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 28/08/2023 - 19:42

... ek sal maar die tent by die huis opslaan en kyk waar ek dalk moet sny aan die blokke. Elke stel bestaan uit 4 blokke - m.a.w. 24 blokke om in die 9 vk meter in te pas. Dit gaan noodwendig beteken dat daar bietjie snywerk voorlê. Hoe - sal ek maar moet sien.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Mon, 28/08/2023 - 20:11

Jy sal fotos moet stuur van die oefening. Lê hier en kyk weer die AB rugby nederlaag en bedink die uitleg in my kop. Ek dink jy gaan n 600 x 600 hoekie kort.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 28/08/2023 - 20:41

Chris, ek dink jy is baie braaf

Maar weet jy hoe sien ek uit daarna. Die vorige 3 kere was baie bakgat. Ek wil nie so ver sleep vir 3 weke se kuier nie. Ek is gewoond daaraan dat as ek Laeveld toe sleep is dit vir 3 - 4 maande. En my ander ou helfte is soooo game daarvoor. Ons het met tentkamp grootgeword. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 29/08/2023 - 07:41

Jare gelede het 'n tannie vir ons by Eiland Spa vertel dat een van die skoonmakers by die ablusies vir haar gesê het: "Madam, ek verstaan nie julle witmense nie. Julle woon daar in Pretoria in 'grand' huise, maar dan kom plak julle hier in die bos".

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus