Ek spring gewoonlik laat weg met bespreking. Ek maak altyd van Ezi booking op Stellenbosch gebruik as ek Sanparke wil besoek.Hierdie jaar het ek hulle weer gekontak om 7 nagte in die Kgalagidi te bespreek.Na n bietjie gesukkel het ons die7 nagte vol gekry. Ek het op my eie na nogal baie geduld self 4 datums gekry en aan hulle deurgestuur om vas te maak. Hulle weier nou om my 40% afslag te gee aangesien volgens hulle het die bespreking deur huule geskief en is ek derhalwe nie geregtig daarop nie. Wat nou? Maurits
Volgens hulle is die…
Volgens hulle is die bespreking deur hulle gedoen en nou is ek nie geregtig op die 40 % korting nie. Ek het nou net weer vir Mellissa gebel en genoem dat ek baie ongelukkig is omdat ek nog altyd deur hulle bespreek het en geregtig was op die voordeel. Maurits
Ek vermoed.....
...dat die probleem moontlik die volgende is,
'n persoon is dalk NIE geregtig op die 40% korting as 'n besprekingskantoor die besprekings doen nie.
Wie weier met die korting, SANPARKE of EZI bookings?
Ek doen altyd my besprekings…
Ek doen altyd my besprekings, hetsy in die kortingsperiode of nie, deur EZI Bookings. Nog nooit 'n probleem gehad nie. ?????
Wessel,.............
..............ek verskil. Ek weet vir 'n feit dat as jy aanlyn bespreek, jy NIE geregtig is op die 40% korting NIE. Daarom doen ek al vir jare my SANParke besprekings by Trudie Kotze van Kruger Lowveld Bookings in Kaapstad en kry nog altyd my 40% korting.
Gesels ....
....sommer saam, ek sal mos nie weet nie. Ek het nog altyd al my SANPARKE besprekings self gedoen, deur hoofkantoor te bel.
Ezi- Bookings
Het nou reggekom. Hulle het nou net e- pos gestuur en my 40% korting gegee. Ek weet nie hoekom hulle nie eers wou nie. Groete. Maurits. Ek wou eers van Chris Boucher se vooraf besprekings vat, maar is nou tevrede.
SANParke se inbelsentrum
Wessel, ek is bly jy is tevrede om by SANParke se inbelsentrum reg te kom met jou besprekings. Ek het ongelukkig 'n hekel in inbelsentrums en verafsku dit met mening. Vir my werk bespreking deur Trudie Kotze by Kruger Lowveld Bookings verstommend maklik en eenvoudig. Ek stuur bloot vir haar 'n e-pos met wat ek wil hê en binne 'n paar uur kry ek bevestiging wat sy kon kry. Dit wat sy nie kon kry nie hou sy daagliks dop en vul my bespreking aan soos plekke beskikbaar word. Binne 'n week het ek alles wat ek wou hê, insluitend my 40% afslag.
Ek stem saam ....
... met Len. Ek gebruik net EZI Bookings i.p.v. Kruger Lowveld Bookings. Die twee dames by eersgenoemde, Melischa en Jowene, lewer wat my aanbetref onoortreflike diens. Ek verstaan net nog nie om watter rede Maurits 'n probleem met die gryskop-afslag beleef het nie.
Jammer dat ek nie kon help met een van my vooraf-besprekings nie Maurits. Moet ek op 1 Junie vir jou plek bespreek vir Mei 2024 in die wildtuin?
In my geval.......................
..............kan ek nie nou al (op 1 Junie) bespreek vir Mei 2024 in die Kruger Wildtuin nie en sal maar later in die jaar vir Trudie vra om my te help as ons wel kan gaan. Ek weet ek sal dan wel plek kry al neem dit 'n bietjie langer.
Jammer, ons is nou iewat af van die gesprekslyn, maar ek dink die onderwerp is darem afgehandel.
Ezi bookings
Chris, ek kry altyd wonderlike diens van die twee dames op Stellenbosch. Hoekom Melisha eers gonoem het dat ek nie afslag kry nie is n raaisel. Sy het dit gistermiddag reggestel en toe die korting gegee. Ek dink hulle lewer puik diens.Maurits.
Ons gebruik ook Ezi bookings…
Ons gebruik ook Ezi bookings, en Melish het ons onlangse Kgalagadi bespreking gedoen. Ek het paar riglyne gegee wat ons graag wil doen, en sy het die aangepas soos beskikbaar was en n puik 14 dae bespreek. By aankoms op Twee rivieren het die dames gesê dat dit regtig n besonderse toer is wat ons doen. Eerdteklas diens.





Verduidelik bietjie daardie…
Verduidelik bietjie daardie laaste sin t.o.v. hulle weiering. Ek volg nie lekker nie.