Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Stem heeltemal saam Wessel… November 2026 neef Herman -16 minutes ago
Herman... November 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Wessel, hierdie is n… November 2026 neef Herman -3 hours ago
Nou weet ek hoe.... November 2026 Wessel Strydom -8 hours ago
November brandstof prys November 2026 Geert -8 hours ago
Goeie more almal Cobb - Tips en idees Goeie Hout -13 hours ago

Penta sleep

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Ek begin die gesprek na aanleiding van Chris S se inset, waar hy noem sy vriend se Penta sleep onstabiel. My eie swaer se Penta was ook onstabiel agter sy Pathfinder. Sodra hy op 100km/ht kom, het die wa net begin swaai. Hy was 'n ervare ou woonwa sleper.

Ek wonder net of mense nie ingedagte swaar goed agter onder die dubbelbed, en daar langs pak nie.

Ek het 'n 2001 Palma gesleep, sonder enige stabiliseerders en nooit enige swaai probleme ervaar nie. Ons het egter net droograk en beddegoed onder dubbelbed gepak. Bo op was die plastiese tafel en 5 stoele.

Wie sukkel met dieselfde probleem??

Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Fri, 30/06/2023 - 19:11

Die kompressor in ń aircon is n geseelde eenheid, so daar is nie oop kontakte nie. Die fan motor is n " brushless" tipe, so ook nie vonkies nie. Dus is die kans dat dit kan moeilikheid maak redelik beperk. Maar moet nie glo dit is onmoontlik nie.

Prof Wessel. Jy verduidelik maar karig oor die hefboom.  Voorbeeld as ek jou reg verstaan.

Van as  tot agter wa by eenheid is 5m. Eenheid weeg 10 kg. Dus 50 whatever. Vanaf as tot by A raam is 10m. So 50/ 10= 5. So ek moet 5kg op die A raam sit, dan is die spul weer in balans.??

Groete.

 

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 30/06/2023 - 19:32

Volpunte Herman. 

Paul moet nou net sy korrekte afstande gebruik.

Ek het 'n Prof gehad met 'n halwe vinger, lit verloor op sy wynplaas. Hy het altyd gesê en beduie-- nege en 'n half vir die jongman uit 10.

So staan ons met prakties en 'n mede student vra hom info oor Natruim. Nou loop hy en mompel---sodium, sodium sodium. Vererg die meisie haar en seg----Prof, ek wil weet van Natruim, nie bleddie Sodium nie!!!!

Ekskuus, ek word oud as ek sulke staaltjies onthou. 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Fri, 30/06/2023 - 20:25

Nou vir wat sal Prof dit Sodium noem in Tukkies!! die element is Na,  Natrium.   Hoekom die Engelse dit n Sodium noem.....Of dalk omrede Sodium die een helfte van sout is, en afgelei van die naam Sodium. Klink soos Romeins, Latyns, vir sout????. Hulle het mos alles ge-ium.  dalkies. Eish... Lekker om twak te praat in die ernstige lewe wat ons in verkeer. Maak dit baie meer aanvaarbaar.

Jy kan maar meer staaltjies vertel Wessel, jy kry 9,5 uit tien vir die een.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Sat, 01/07/2023 - 05:43

Daar is natuurlik heelwat elemente wat kan veroorsaak dat jy n swing in jou karavaan kry. My vorige karavaan was n Sprite Swing gewees. Die aanbevole band druk wat fabriek aangedui het was 2,4. As ek bande op 2,4 gepomp het, het my Swing geswing agter die kar. Ek het toe opgestoot tot tussen 2,9 en 3,0 en swing probleem was opgelos. Sederdien word bande nie minder as 2,9 gepomp nie....ook op sleep voertuig

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 01/07/2023 - 07:27

Wat Geert noem is wel belangrik. 

Die tipe band speel natuurlik 'n groot rol. Eintlik moet woonwaens toegerus wees met bande wat vrag kan dra, dus 'n bakkie-band of dan 'n C-tipe ["commercial]. Hou in gedagte die BVM van 'n gelaaide wa, maklik tussen 1600 tot 1800kg. 

Dit beteken dat met 'n  2-wiel wa, elke band ongeveer 800 tot 900kg moet kan dra. Geen karband kan nie. Bakkiebande kan, maar moet dan volgens spesifikasie gepomp word. Dit het lekker stewige sywande wat vervorming verhoed, swaai keer en koeler loop.

My Palma se bakkiebande het ek 3.5 bar koud gepomp, maar dit kon tot 4.5bar gepomp word. Soos genoem het ek nooit swaai-probleme gehad nie.

Deesdae met die Hilux en ligter Kavango, beide met Bridgestone bande, pomp ek al 6 bande net 2.5bar. Dit is voldoende om 1000kg/band te hanteer.

Ek dink dit is ook gevaarlik om die maksimum druk van 'n band te oorskry. Al die info oor drukke en drakrag is gedruk op die sywande.

0
Groenkloof, Pretoria

Paul Mulder

Sat, 01/07/2023 - 08:51

Ek pomp my Exclusive se bande 2.5 bar warm (2.2 koud) vir die lang pad en 2.0 (1.7 koud) warm vir die stadig ry in die KNP. Dit werk beter op ongelyke paaie en niks skud binne in die woonwa nie.

Die Exclusive swaai nooit nie. Al probeer ek n' swaai initieer.

Soos Geert sê daar is baie faktoore wat onstabieliteid veroorsaak. Die belangrikste is om die pak gewig op of na voor van die as te pak.

As die woonwa onstabiel is soos hy uit die fabriek kom is daar n' struktureele fout.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sat, 01/07/2023 - 14:35

................uit die fabriek gekom met "C" klas bande, dit wil sê kommersiële bande met 'n plakker bo die wiel "300Kpa".  Dis die druk wat ek pomp, altyd as die bande koud is. Die Pathfinder se bande pomp ek ook 300Kpa en het oor ± 80 000km se sleep nog nooit 'n pap band gehad met hierdie kombinasie nie.  Soos Paul hierbo sê, ons Exclusive sleep uiters stabiel met feitlik geen swaai nie.  In die paar gevalle waar 'n effense swaai voorgekom het, is tydens dwars-rukwinde wat 'n mens maar altyd dan en wan in die Kaap ervaar.

0
Groenkloof, Pretoria

Paul Mulder

Sun, 02/07/2023 - 08:49

My 2015 Exclusive het uit die fabriek gekom met Velocity Raptor 195 R14 C 8 ply bande en bo die bande staan 2.5Kpa. Dit is die koud druk (band druk is altyd gespesifiseer as koud). Die bande was in die 14de week van 2013 vervaardig. In die 8 jaar en so ± 100 000 Km het ek een punkture gehad wat deur n' self tap skroef veroorsaak was. Ek het die bande laas week vervang met die selfde maak bande wat in week 44 van 2021 vervaardig was. Beste wat ek kon kry. Ek het ook op beide die sleep voertuig en woonwa Band Druk Monitors.

Ja Len, dwars-rukwinde veroorsaak onstabieliteid maar dit het niks met die woonwa se stabieliteid te doen nie. Dit is normaal en uiters effens.

Ons Exclusive met die dubble as is uiters stabiel.

0
Groenkloof, Pretoria

Paul Mulder

Sun, 02/07/2023 - 09:01

Op my 1997 Gypsey Raven D (15 jaar gesleep en so ± 80 000km) en 2012 Penta (3 jaar gesleep en so ± 10 000Km) het ek altyd die band druk 3 bar of meer gepomp. Daai enkel as bande werk naby aan hulle maximum dra kapasietyd en "bulge" verskriklik as jy swaar laai.

Ek het drie band vaalings met die Gypsey gehad. Die laaste een het die kant van die woonwa erg beskadig. Met die Penta het ek net een lekasie gehad.

Daar is baia voordeele met die dubble as maar ook nadeele. Ek verkies tog die dubble as. Die bande werk nie hard nie.

0
Groenkloof, Pretoria

Paul Mulder

Sun, 02/07/2023 - 09:05

1) The double axle is a far more stable tow - ADV

2) It is easier to pack a double axle caravan, you don't have to worry too much about weight distribution - ADV

3) A double axle caravan is more susceptible to pot-hole damage - Dis ADV

4) A double axle caravan does not turn easily in the camp site - Dis ADV

5) A double axle caravan does not work well with movers, the turn problem - Dis ADV

6) It is easier to change a wheel on a  double axle caravan - ADV

7) It is less of a risk of damage if one tire deflates - ADV

8) A double axle caravan does not give any warning if a tire has deflated - Dis ADV

9) The load per tire/axle is less than heavy single axle caravans - ADV

10) When the tires need to be changed after 5 years the cost is double - Dis ADV

11) Braking is improved as there are 4 brakes which brake the caravan - ADV

12) The tow ball carries less weight as the 4 wheels keep the nose up - ADV

13) As the double axle caravan is very long the longitudinal stresses are more severe, leaking/wood rot due to shell/body flexing is more prominent (not really a double axle issue)- Dis ADV

14) If you want movers (EWIKS), 4 movers have to be fitted, ~double cost - Dis ADV

15) More difficult to level on a sloping stand - Dis ADV 

16) Less vehicles are legally capable of towing a heavy double axle caravan - Dis ADV

17) ?

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 02/07/2023 - 09:23

.... and the verdict after above analysis. Bly eerder weg van 'n dubbelwiel en koop 'n luukse boswa. 

0
Groenkloof, Pretoria

Paul Mulder

Sun, 02/07/2023 - 09:46

Ja. En as mens so rondkyk in die kampeer terein is dit die tendense. Meestal Boswa en Mobi Lodge.

Die off-road moontlikheid trek die mark weg van die konventioneele woonwaens.

Ons het Botswana en Namibie vir 2 maande getoer (sonder woonwa) en nooit n' konventioneele woonwa gesien nie. Net Boswa of Mobi Lodge. Die Bush Lapa's lyk vir my die mees populêre Boswa.

0
Groenkloof, Pretoria

Paul Mulder

Sun, 02/07/2023 - 09:53

Ek kan tog nie ons sien staan vir twee maande in n' Boswa nie. Die Exclusive is n' huis op wiele en werk baia goed vir ons. Vir oornag staan sluit jy net die deur oop en loop in. Jy hoef niks op te slaan nie as jy nie will nie.

As ons off-road gaan sleep ons niks. Ons kamp in ons dome tent of bly in n' chalet.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 03/07/2023 - 11:27

Môre Len

Jou titel hierbo was eintlik 'n vraag aan Paul. Na sy analise wou ek weet wat is sy uitslag/aanbeveling. Sien sy antwoord gedateer 2/07/23.

Moenie met my raas nielaugh

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus