Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Wessel ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
Chris B Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Lekker Chris. Het dit geniet… Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -3 hours ago
Kom ek probeer nog een Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -3 hours ago
Proef Video - Elim Gasteplaas Keimoes Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -3 hours ago
Grabouw buitelug skou November 2026 Wessel Strydom -4 hours ago

Daai tyd van die jaar

Pretoria
Profile picture for user Slowstrike
Submitted by Slowstrike on
Forums

BILTONG maak tyd

Vir die eerste keer in al die jare wat ek biltong maak het ek nie self die speserye gemeng nie en sommer pakke speserye gaan koop van Crown National.

Geen geur van koljander rooster in `n pan wat die huis vul die jaar nie 

Wie het gaan jag of gaan nog jag die jaar .

Soos die tyd minder word hier in ons huidige huis het ek al beginne ontslae raak van baie dinge onder andere van die jag wapens. Saamtrek vir hulle is nie moontlik nie en jag ook nie meer regtig iets wat ek wil doen nie.

Het gister `n eland Boud en rugstringe ontvang van my susterskind aan wie ek een van die gewere gegee het so nou lê die baie werk voor. 

Dit het hom meer as 18 maande geneem om die lisensie te kon bekom. In die goeie ou dae was die langste wat ek gewag het vir `n lisensie 2-3 maande.

Groetnis

Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 26/06/2023 - 10:53

... maar jag nie en maak ook nie biltong nie. My dogter in Roemenië is haar pa een vooruit. Sy maak beesbiltong in 'n klein biltong "box" wat my skoonseun gemaak het. Sy gebruik ook Crown biltongspeserye.

Ek werk graag met vleis, maar as ek self moet sorg vir my vleis - bedoelende doodskiet of keelaf sny - dan sal ek seker maar 'n vegetariër word. Te veel van 'n sissie om dood te maak. Ek het in die verlede graag saamgegaan op jagtogte, maar het in die jagkamp vertoef en my besig gehou met kosmaak vir die jagters en hulp verleen met die afslag en verwerking van die vleis. Ek wil nie sien hoedat die dier doodgemaak word nie. Maar soos reeds gesê, ek eet graag saam.

0
Brackenfell

HennieBo

Mon, 26/06/2023 - 11:17

Ek wil nie sien hoedat die dier doodgemaak word nie. 

Wat doen jy dan as jy 'n "kill" sien in die willetuin? Ekself is ook nie 'n jagter nie. 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Mon, 26/06/2023 - 11:18

Maak nie self biltong of wors nie, hier is n man op die dorp wat die karkas vat en bewerk net soos jy dit wil gebruik. Wildswors met varkspek, en sy speserymengsel. Droee wors met Persie stertvet en n ander speserymengsel, Biltong, en dit hang by hom tot droog. Als word vakuumverpak en gaan dit vrieskas vir bere.

Self skiet ek of maak ook nie meer dood nie, dit het my regtig begin ontstel, toe hou ek op. Hier naby was n familie wat springbok skuts is, en het vir my die wild geoes, kopskote op 300m, die dier sak net inmekaar.

Hulle het verlede jaar verhuis PE toe, nou sit ek met n penarie, Moet 2 jong Hartebeesbulle en 5 Blesbokke oes.  Sal maar dat die wat se hulle kan eers vir my skyfskiet dat ek kan sien..

Wilds skenkels is puik in n potjie, het hoeka gister een gemaak.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 26/06/2023 - 11:34

....oppad!!! In my dae kon ek in lêhouding darem 'n kol skiet op 300m met R1. 

Tel dit in my guns Herman??

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 26/06/2023 - 12:51

Dit is in 'n mate opwindend om 'n "kill" te sien, maar ek geniet dit nie. Ek het nog slegs by 2 geleenthede so-iets beleef - beide kere 'n luiperd wat 'n jong vlakvark vang. Die tweede keer het die vlakvarkie darem weggekom nadat die sog die luiperd gestorm het.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Mon, 26/06/2023 - 13:39

Wessel, as jy n jaggeweer met n silencer het en die groepring van 3 skote maak jy met n R5 toe, dan is jy baie welkom.

So gepraat van R1. Op skool vir die skietspan met die ,22's. So die R1, behalwe vir die moerse knal en bietjie skop heel ok. Het n silwer balkie gekry en veral op 300m het ek gereeld volpunte geskiet. Die staan met snel en snap was my armpies daai tyd bietjie lig vir die geweer om gemaklik te wees, maar nog steeds nie te vrot nie. Hier is nog n stel messe wat ek tydens die Kommando dae op n prysskiet dag vir die 300m gekry het.

Tydens diensplig, was dit lekker dae gewees op die skietbaan. Die enigste dae wat effe rustiger was. Het die arme swak skuts jammer gekry, hulle is altyd aangetree en bietjie verinneweer einde van die dag.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 26/06/2023 - 14:05

... R5 groepering is effe aan groot kant, of hoelaugh Nee wat, ek is ook nie 'n geswore jagter nie, maar skyfskiet is lekker.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 26/06/2023 - 15:39

Het die arme swak skuts jammer gekry, hulle is altyd aangetree en bietjie verinneweer einde van die dag.

Daarom het ek besluit dat ek nie 'n jagter sal word nie. Die arme bokke sal net vol gate geskiet word. 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 26/06/2023 - 16:15

................as ouens so praat van biltong maak, nie dat ek enigsens daarby betrokke is nie, maar saam eet doen ek wel.

Ek weet natuurlik biltong kom van 'n dier wat gejag is, maar ek wil nie van die jagproses deel wees nie.  In my amper 70 jaar wat ek Kruger Wildtuin toe gaan, het ek nog nooit 'n "kill" gesien nie.  Ek hoop om dit tog nog eendag te sien omdat dit die verloop van die natuurlewe is  -  letterlik is dit die een se dood is die ander se brood.

Ek koop maar my biltongtjies by ons plaaslike slagter.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 26/06/2023 - 16:17

Alhoewel ek nie ‘n morele beswaar het teen biltong jag nie, sal ek dit nie self pleeg nie. Dis een van daardie dinge waarmee party mense grootword. Ek het nie. Ek kan redelik goed skiet, en ons moes gereeld statiese en onder druk bewegende teikens raakskiet om te oefen toe ek in Botswana gewerk het.
 

Eers het ek staptoere gelei en self die .458 gedra en later gewerk by Abu kamp met opgeleide olifante. Daar het ek en ‘n ander gids gestap op die grond terwyl gaste op die olifante ry, en het ons elkeen ‘n .458 gedra om wilde olifante weg te hou van die opgeleides. Gelukkig was dit nooit vir my nodig om een te skiet nie. Ek moes wel een keer ‘n blou aap skiet wat agressief geraak het met die dames wat in die kombuis gewerk het. Dit was darem met ‘n .243 en nie die .458 nie. Die aap het reg bo my in ‘n boom gesit so 12m van die grond af, maar ek het dit gelukkig met die eerste skoot gedood. 
 

Biltong het ek wel baie van gemaak, want daar het trofeejagters na die eerste konsessie toe gekom waar ek gewerk het. Hulle het nie die vleis saamgevat nie, en ons het dit gratis gekry. Buffel, tsessebe, wildebees, kudu en selfs een keer olifant. Lg het ek van biltong gemaak, maar het dit op die ou end vir my spoorsnyer gegee. Dit was dalk ‘n sielkundige ding, maar dit was net nie vir my lekker nie.
 

Wat speserye betref het ek net sout, swart peper, geroosterde heel koriander wat daarna gekraak is, fyn gemaalde naeltjies en bruin asyn gebruik. So nou en dan bietjie steak&chops speserye en vir chili bites  cayenne peper. 

0
Vaalwater, Limpopo
Profile picture for user Josef Willem

Josef Willem

Tue, 27/06/2023 - 16:43

So het ek saam met pa begin jag op n jong ouderdom, het toe n trofee kamer vol geskiet, alles in Suid afrika op 4 bene, toe is daai lys vol, toe begin ons met die voëls en toe besluit ons nee wat, is nou tyd om oorsee te gaan jag, het toe Bison, bruin en swart beer en n klomp verskillende tipes tak bokke geskiet, berg bok en Berg tier of berg leeu ook.

Het klaar 1 sessie in vir die jaar en sal oor twee weke van nou af weer veld toe gaan om die res te gaan skiet, ons maak biltong, droëwors, mince, stew en steaks.

het sover 2 gemsbokke in en volgende is 1 eland en 2 blouwildebeeste en dalk nog n gemsbok.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 27/06/2023 - 17:27

Ek gaan jou nou 'n vraag vra waaroor ek nog altyd gewonder het. Laat ek eers dit sê - ek verstaan jag vir die pot - hetsy of dit vir mince, stew, steaks, biltong of droëwors is. Maar ek het nog altyd gewonder watse "kick" kry 'n mend daaruit om trofeejag te doen. Watse genoegdoening kry 'n mens daaruit om 'n beer, leeu, luiperd ens. te skiet? Ek wil nie in 'n polemiek betrokke raak nie en ek wil nie "stir" op die forum en dalk mense die harnas injaag nie nie. Ek kon nog net nooit die kluitjie by die oor kry t.o.v. trofeejag nie. Ek weet dit bring baie geld vir wildplaas-eienaars in. Maar hoekom wil 'n trofeejagter 'n spesifieke dier, waarmee hy eintlik 'n f met kol kan doen, doodskiet en teen 'n muur in 'n trofeekamer opsit.

Ek vra maar net. Dalk het jy of enige ander trofeejagter 'n antwood wat my nuuskierigheid kan bevredig.

0
Pretoria
Profile picture for user Slowstrike

Slowstrike

Tue, 27/06/2023 - 20:56

Ek het van my jagwapens by een van my vrou se kollegas gekoop Wapens het aan haar man wat ook `n groot trofee jagter was gekoop na sy afsterwe haar gehelp om van die ander wat oorgebly het ontslae te raak.

Sy self het ook sy trofee jag gehaat en het van al die trofeë en wapens ontslae geraak na sy afsterwe. Ek het hom ontmoet op funksies en dit was al waaroor hy sinvol kon gesels. Dit was sy passie en volgens hom was daarmee niks verkeerd nie en ek het sy standpunt gerespekteer maar nie daarmee saamgestem nie.

Ook maar goed ons almal verskil van mekaar maar tog is daar dinge waaroor die meerderheid kan saamstem soos bv kamp en die leefstyl wat dit meebring. Dit laat ons aanklank vind by mekaar ten spyte van die verskille.

Ek moes al help om van `n probleemdier of twee ontslae te raak of `n dier uit sy lyding te verlos want soms is/was dit nodig.

Eerste vleis is bewerk en word more aand gehang

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus