Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
misverstand!!! Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Wessel ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -3 hours ago
Chris B Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -3 hours ago
Lekker Chris. Het dit geniet… Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -6 hours ago
Kom ek probeer nog een Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -6 hours ago
Proef Video - Elim Gasteplaas Keimoes Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -6 hours ago

SANParke en hulle besprekingstelsel

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader
Submitted by Len Loader on
Forums

Daar is deesdae op sosiale media platforms en lesersbriewe in dagblaaie alhoemeer klagtes oor 'n gesukkel met akkommodasie besprekings in veral die Kruger Wildtuin.

Ek vermoed die frustrasie word veroorsaak deur die gesogtheid van wildtuin-vakansies wat alle vorms om te bespreek oorweldig.

Ek weet ChrisB maak met groot sukses gebruik van 'n 3de party instansie Ezi-Bookings terwyl ek weer van ook 'n 3de party instansie Kruger Lowveld Bookings in Kaapstad gebruik maak.  Vir my is dit net so 'n plesier om met laasgenoende instansie te onderhandel.  Ek kan bel maar verkies om 'n epos te stuur en binne 'n uur kry ek my gevraagde bespreking.  Indien daar hier en daar nie plek is nie, hou hulle vir my dop vir kansellasies en vul dit later. Absoluut pynloos.

Ek betaal my deposito per EFT direk aan SANParke oor en kry binne ure my bespreking bevestiging per e-pos.  Later voor die spertyd betaal ek die balans ook per EFT oor en binne ure kry ek my finale bespreking bevestiging.

Makliker en probleemvry as dit kan mens nie kry nie  -  ek volg hierdie gebruik al jare.

Ns.  Ek besef my besprekings is altyd buite seisoen, maar het selfs 'n klompie jare gelede in die Julie-skoolvakansie op dieselfde metode plek bespreek vir drie karavane en dit was netso maklik.

Brits

Wessel Strydom

Fri, 28/07/2023 - 13:34

Middag vriende

Ek het nog altyd moeiteloos direk by Sanparke telefonies bespreek, selfs in die dae van universiteitvakansies.

Die afgelope week was dit die 1ste keer dat ek gesukkel het. Die foon waord net nie beantwoord nie, en die outomatiese stelsel laat jou aanhou tot in lengte van dae.

Ek het toe ook vir die 1ste keer van Ezi bookings gebruik gemaak. Wat 'n plesier, die foon word onmiddellik beantwoord, in my voorkeur taal. Binne enkele minute was my bespreking gedoen en het ek my epos met besprekingsnommer ontvang.

Dit laat my dink dat hulle direkte toegang tot Sanparke se stelsel het, want selfs die besprekingsvorm was 'n Sanparke vorm.

Die vraag is nou, kan mens deur Ezi bookings vir enige Sanparke wildtuin bespreek, of net Kruger en Kalaghadi?

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 28/07/2023 - 18:27

.......hierdie satelietkantore het voorrheen aan SANParke behoort en die een hier in die Kaap beskik oor ou SANParke personeel.  Hierdie kantore is toegelaat om op hulle eie te gaan en hulle het beperkte toegang tot SANParke se stelsels.  Jy kan vir enige SANParke oorde deur hulle bespreek.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Fri, 28/07/2023 - 20:11

Hele tyd gelede geregestreer vir aanlyn besprekings. Dan check jy op die beskikbaarheid, en bespreek jou datums , kan al die Sanpark kampe so deurkyk. Kry n deposito versoek bykans onmiddelik en doen n Eft. Ek doen besprekings so vir Karoo,Addo, Bontebok, Aghulhas en ons vorige trip Kruger ook so gedoen.

Onlangs in Kalaghadi gesien die kantoor gebruik dieselfde blad om te kyk wat is beskikbaar op die stadium. So ek glo die blad kom van n sentrale punt af.

Vir die lank voor die tyd besprekings gebruik ek Eezi bookings, dit is net minder moeite. Haal egter die lekker uit die "check availability" en" book now" gevoel.

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 29/07/2023 - 07:30

Môre Herman

Ek het nog nooit vir "aanlyn besprekings" uitgedraf nie.

Ek gebruik ook die "beskikbaarheid" enjin. Altyd opvallend hoe vol 'n kamp raak die oomblik as skole sluit, en omgekeerd.

Jy kan mos maar steeds na die beskikbaarheid kyk, met foon in die hand, en dan blitsvinnig Ezi-bookings bel.laugh

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sat, 29/07/2023 - 08:41

Die satelliet kantore kon altyd ‘n dag voor die besprekings vir die publiek oopmaak besprekings maak. Dit het verander in 2021. Van toe af gebruik ek hulle nie meer nie. Ek stuur die laaste werksdag voor besprekings oopmaak ‘n e-pos aan die sentrale besprekingskantoor in Pretoria, en die dag wat besprekings oopmaak kry ek my deposito versoek brief met die bespreking wat ek aangevra het. Aanlyn besprekings het die voordeel dat jy afslag kry (5% as ek reg onthou), maar jy moet dadelik ten volle betaal met jou kredietkaart. Op my manier en deur die satelliet kantore kry jy ‘n maand om 50% te betaal en die balans so twee maande voor jou besoek as ek reg onthou. 

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 29/07/2023 - 11:23

Môre Chris S

Jy onthou heeltemal reg wat die betalingswyse aanbetref. Wel, dis hoe dit vereis word met besprekings lank vooruit.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Sun, 30/07/2023 - 05:16

Ons is geseend met Sanparks hoofkantoor 10 minute van ons huis af. Verder gebruik ek ou stelsel vir online bookings. Het al op meer as een geleentheid plek gesoek by park waar ek moes wag vir kanselasie, het details dan deurgegee aan verskeie sateliet kantore, maar het self ook gaan loer vir kanselasies....het nog elke keer self reggekom voor sateliet kantore. So sedert dit doen ek maar my eie ding direk met Sanparks 

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 24/11/2024 - 11:32

Ek kry nounet 'n kennisgewing van al die spesiale afslag wat Sanparke bied op sekere parke, in hoofsaaklik volgende jaar .

Môre oggend gaan ek bespreek vir volgende jaar in KarooNP. Die geldige datum is presies die dae wat ons daar wil wees, 15 tot 19 September. word adverteer vir 45% afslag.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Sun, 24/11/2024 - 12:28

Ek sien my wildtuin dae val ook in Black Friday specials...maar is heelwat minder as ander parke....tussen 10 en 12,5%. Minder populere kampe soos Pretoriuskop gee egter meer. Ons afgelope kuier Storms Rivier het ons op laasjaar se Black Friday gekoop. ..was toe n lekker 50% afslag...dit het baie gehelp op totaal

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 14/10/2025 - 11:25

Ek het vanoggend begin bespreek aan ons Sanparke besoeke wat deel uitmaak van ons toer na Baviaanskloof.

Groot is my ontnugtering toe ek wil betaal met ETF metode. Die besprekingsnommers het oorgeslaan na byvoorbeeld RR....9. Nie meer net een "R" nie en daar bom ABSA se stelsel uit. Mens kry net nie Sanparke as begunstigde geskep nie. Sanparke is blykbaar bewus van die probleem.

Ek het toe vir die 1ste keer die "Quick pay" weg gevolg, waar mens aanlyn met jou kredietkaart betaal. Tot ek kon dit darem baasraaklaugh 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 14/10/2025 - 14:30

Ek het toe vir die 1ste keer die "Quick pay" weg gevolg, waar mens aanlyn met jou kredietkaart betaal. Tot ek kon dit darem baasraak 

Al nadeel is dat mens dadelik die volle bedrag moet betaal. Ek is bly die Baviaanskloof toer begin vorm aanneem.  

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 14/10/2025 - 15:02

Chris S, dit het dan verander. Ek het op beide besprekings slegs die deposito bedrae betaal. Ek kon ook die opdateerde "Deposit request letter" dadelik kry en druk.

Die finale bedrae is eers volgende jaar betaalbaar.

 

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Tue, 14/10/2025 - 17:46

As jy bespreking inbel is dit gewoonlik 30 dae voor deposito betaal. Jy kan enige bedrag wat jy verkies dan met kaart betaal. Ek dink Wildehont praat van as jy online bespreek......dan moet jy direk 100% betaal

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 14/10/2025 - 19:44

Geert, jy is seker reg. Ek het normaalweg deur Ezi bookings bespreek. Daarna die "request letter" per epos ontvang. Daardie besprekingsnommer en my kliënte nommer gebruik om via "quick pay" die 1ste gevraagde betaling te doen. 

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus