Goeie môre almal, dis alweer 'n nuwe maand, en hopenlik is die winter verby in Brits![]()
Sterkte aan almal vir die maand wat voorlê, sommige gaan blomme kyk, en ander mag moontlik effe minder lekker ervaar.
Mag dit net goedgaan met almal, en veral die wat 'n draai by hospitale en dokters moet maak.
Sideshow
Len, ek hoop werklik dat die ANC n paar houe op die neus kry. Dat hulle gelig word, is maar onwaarskynlik. Nou moet ek versigtig wees, met die Amerikaanse verkiesing waar Trump teen Hillary Clinton gestaan het, was my woorde, dit sal nooit gebeur nie, en kyk net.
Die dat Toyota, en die ander gewilde "brands" baie betroubaar is, uitstekende diens lewer, en baie agentskappe regoor die land, glo ek beinvloed die keuses. Al hou ek van die prys en look van die ander, waar op aarde word dit gediens. Dit sal maar vir ons klipdassies ongemaklik wees om vir n dag in die groter dorpe te gaan sit terwyl daar gediens word. Maar, die koopkrag sit seker meer in die stede as platteland, hier koop ons maar gebruikte motors ![]()
Gebuigde as
Ek wil nie Wessel se blommetoer-draad besoedel nie - daarom meld ek dit hier.
My seun het op pad vanaf Orpenhek na Swadini, net duskant Hoedspruit, 'n ongeluk met 'n vragmotor moes vermy. Die vragmotor het oor die middellyn beweeg, blykbaar om 'n slaggat te vermy. My seun was gedwonge om vanaf die linkerskouer van die pad te gaan en het sodoende met sy bakkie en Penta deur 'n sloot gery.
Eers toe hulle die dag by Eiland oppak, het hy agtergekom dat die linkerwiel van die wa staan ietswat binnetoe aan die bokant. Sy vakansievriend, met baie tegniese kennis het onder die wa ingekruip en opgemerk dat die as beslis gebuig is. Hulle let toe ook op dat daar 'n klein krakie bo-kant die wa se deur is. Hy moes noodgedwonge met gebuigde as terugry huistoe. Die wa staan tans by Cara-Camp in Somerset-Wes waar die as en sykant vervang gaan word. Gelukkig betaal sy versekering daarvoor.
Ek merk op.................
................die jongste tyd 'n toename in talle gevalle van karavane met gebuigde aste wat vervang moet word. Ek aanvaar die meeste gevalle word veroorsaak deur slaggate. ChrisB, jou seun-hulle was gelukkig dat die spulletjie staande gebly en nie in die sloot omgeslaan het nie .
In 2021 met ons terugkeer uit die Wildtuin is ons ook op die N1, net suid van Polokwane (Pietersburg) gekonfronteer met 'n aankomende voertuig wat in ons baan oorbeweeg het, reg vanvoor. Ek moes ook links uitswaai en weet nou nog nie hoe ek dit reggekry het dat die Exclusive (en die Pathfinder) nie omgeslaan het nie. Soiets is 'n nare ervaring.
Al die bespiegelinge wat nou…
Al die bespiegelinge wat nou uitpeul is lekker lees. Een is dat hy weer " verdwyn " het. Glo in 2019 het hy ook verdwyn, net om later in Afrika uit te dop.
Goeie môre kampvriende !
Gister was 'n heerlike dag hier by ons in Brackenfell, Kaapstad en vandag se weervoorspelling nog lekkerder : 32º en windstil ! Maar môre se voorspelling is weer 'n allemintige 16º ! Waar in Suid-Afrika kry jy nog so rondspringery van die weer ?
Ek hoop julle het 'n lekker dag - myne gaan beslis lekker wees.
Ons s'n ....
.... is maar weer vir 36°C - soos bykans nog elke dag sedert ons hier aangekom het. Dankie vir lugreëling wat 24/7 kan werk en nie onderhewig is aan beurtkrag nie. Die minimum temperature kom beswaarlik onder 21°C in die nag.
Ek sien inderwaarheid uit na Kleinmond se gematigde temperature.
‘n Wortelkanaal en ander pyne
Vier weke gelede word ek bewus van ‘n dowwe pyn aan die regterkant van my mond. Teen daardie Saterdag voel ek dis die agterste kiestand aan die bokant. Om ‘n lang storie kort te maak is ek nou al deur twee kursusse antibiotika, was verlede week vir ‘n nood wortelkanaal om antibiotika in die wortels in te sit en vanoggend vir ‘n wortelkanaal. Die tandarts sê dit het moeilik gegaan, en alhoewel sy reken die pulp (en dus senuwees) is uit en die kanale skoon, wou sy dit nog nie opvul nie want sy is bang ek swel dalk op. Ek moet dus Woensdag weer gaan. Sy reken die pyn behoort nou weg te wees. Ek hoop sy is reg.
In ander nuus, ry ek verlede Donderdag Ceres toe vir skole sport. Waar mens regs draai net na die Breerivier voor Michell’s pas sien ek rook by die RAV se enjinkap uitkom. Ek het net die oggend gelees van nog ‘n Kuga wat gebrand het by Grootbrak op die N2, en trek dadelik af. Om ‘n lang storie kort te maak is dit toe die alternator wat oppad uit was. As die kar dus luier, gly die waaierband oor die alternator se pulley laat die rook trek. Hein die auto elektrisiën kon die alternator oorbou. Dit kos my R2 850, en ek gaan vandag die kar haal. Ek sien toe ek van die tandarts af terugkom mense staan tou vir brandstof. Die prys gaan tog seker eers Woensdag op?
Tandarts
Ralie het 'n kroon gehad - die tand net langs die linker-voortand bo. 'n Gedeelte van die tand waaraan die kroon vas was, breek toe af - met die gevolg dat die tand nie weer gekroon kan word nie. Na vele oorweging diekant en daaikant toe, besluit ons toe maar op 'n implantaat. Die stuk tand wat agtergebly het moes getrek word en die been aan die bokaak moet eers herstel alvorens die implantaat ingesit kan word. Sy loop nou met 'n tydelike brug tot 21 November. Dit beteken sy moet só versigtig byt, want die tydelike kroon is volgens die tandarts maar "wankelrig". Tot dusver hou dit.
Maar o wee - dit kos 'n klomp geld (en my mediese spaarfonds is uitgeput). Die hele proses gaan uiteindelik net duskant R40 000 kos. Tandartse, en dan veral spesialiste wat implantate doen, is beslis nie jou maat as dit kom by kostes waarvoor jy uiteindelik self moet betaal nie.
Good luck met jou tand Chris WH.
My medies hou darem nog
Alhoewel die rekeninge optel hou my medies darem nog. Ons gesin is gelukkig oor die algemeen redelik gesond, en gebruik dus maar min dag tot dag. Salomien moes wel verlede Maandag haar twee groot tone se ingroei toonnaels laat opereer. Ek het haar hand gaan vashou, sy is banger vir dokters as ek. Ek het so nou en dan gekyk, en ek sal veel eerder ‘n wortelkanaal vat as daardie operasie.
My tand sal ook gekroon moet word, maar my tandarts sê sy wag ses maande voor sy dit doen om seker te maak die wortelkanaal het geen komplikasies nie. Die kroon sal dus van volgende jaar se medies moet afkom.
Implantaat-koste
Hemel ChrisB, daardie koste is dieselfde as 'n Wildtuin kamp-trippie vir 'n paar weke vanaf die Kaap !
Goeie diens van Parasol.…
Goeie diens van Parasol.
Wil graag noem van die goeie diens wat ek van Parasol gekry het. Het die thetford toilet cassette skoongemaak tydens vorige kamp en die uitlaatpyp se prop in die "drain" laat afval. Kon my agterend skop!
So Google ek toe en pryse wissel van R620.00 vir die prop plus R220.00 vir aflewering wat ek as belaglik beskou. Sien toe dat Parasol parte aanhou en skakel die JHB tak wat ten spyte van voorraad opname my fotos stuur en afmetings van hoe hulle prop lyk. Prop kos R147.00 wat nog steeds baie is vir 'n stukkie plastiek maar ten minste het ek een.
Kon weens die voorraad opname nie vir my 'n faktuur stuur nie maar het gister betaal en vanoggend is dit afgelewer.
Dankie PARASOL sal julle weer ondersteun.
Porta Potti-prop
Twee jaar gelede, toe ons by Eiland Spa was, het hulle tydens die jaarlikse lankstaners-vergadering - waar inligting oorgedra word - genoem dat die grootste enkele bron van rioolverstoppings in die kampeerterrein is Porta Potti-proppe wat in die stelsel beland.
Interesant ChrisB. Toe dra…
Interesant ChrisB.
Toe dra ek by tot die probleem!!!
Met die prys van daardie prop sal ek beslis volgende keer die ding vêr neersit.
Stilte…
…voor die storm hopelik. Ek verwys nou na die stilte hier op die forum. Kampeer seisoen is op ons, so hopelik kom daar hope terugvoer binnekort. Ons wag ook nog op Wessel se foto’s.
Ons gaan 22 September Leeuwenboschfontein toe vir die langnaweek en 6 - 8 Oktober na Gevonden naby DuToitskloof kelder. Albei kampeer naweke.
Hier in Worcester woed die winter voort. Dis koud en het gisteraand gereën. Daar was ook ‘n ander soort neerslag op die Brandwacht berge.

Nat Hoenders
Wessel vertel vanoggend "ons sit knus in die waentjie soos twee natgreende hoenders" Dit reen in Kammieskroon !!!
Ek is nou nie een van daai…
Ek is nou nie een van daai conspiracy theorists nie maar magtig die weer is regtig nie meer wat dit was nie. Hier in Pretoria was daar die winter nie een dag wat die min temp onder 3 grade was nie. Grasperk is nog lowergroen daar was geen ryp nie.
1 September wat lentedag moes wees is `n warm somersdag. Ek wag altyd dat die gemiddelde nagtemperatuur bo 10 grade bly voor ek die groente tuin invaar en begin plant en dit was gewoonlik nooit voor einde Sept of eerste week van Oktober. Maar nou is dit klaar bo 10 grade
Is Al Gore nie dalk reg oor die global warming ding nie. Kyk ek gee nie om vir warm kry nie inteendeel ek haat koud kry maar wat doen die weer aan die natuur en dierelewe.
Ek sien ook dat daar groot brande in die Vrystaat was en tot ons gunsteling plek Clarens het deurgeloop.
Groetnis
September draad
Ek verwys nou na die stilte hier op die forum. Kampeer seisoen is op ons, so hopelik kom daar hope terugvoer binnekort
Miskien wag almal vir die September draad om te gesels..![]()
Ons gaan eers einde die maand weer vir 4 dae kampeer by Dinokeng Camp and Leisure. Sien baie uit....ek sien hulle het nou hul warmwater swembad toegebou





Opkomende kompetisie :
Klink vir my baie na dieselfde trant as ons president oor die Veelpartyhandves wat hy as 'n "sideshow" vir die ANC beskou !
Tyd sal leer.