Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Goeie more almal Cobb - Tips en idees Goeie Hout -3 hours ago
Elektrisiteit November 2026 Johann L -4 hours ago
Rona November 2026 Johann L -4 hours ago
Gister se erge hitte... November 2026 Rona du Plessis -14 hours ago
Goeie Hout,... Cobb - Tips en idees Rona du Plessis -15 hours ago
Goeie hout... Cobb - Tips en idees Wessel Strydom -15 hours ago

Ysmaker tydens kampering

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader
Submitted by Len Loader on
Forums

Ek het vir my 'n paar jaar gelede 'n ysmakertjie gekoop wat ons tydens kampering kan gebruik.  Eintlik 'n baie oulike affêretjie, maar ons neem dit net saam as ons in die somermaande vir minstens twee weke kamp, meestal by  seevakansies.  Omdat ons meestal in die winter Wildtuin toe gaan, bly die ysmaker tuis.  Streng gesproke het ons dit eintlik nie nodig nie want ek drink nie hardehout drankies nie en wat wyn betref, het ek my Gauteng-maniere oorkom want wyn verdien nie om met ys afgewater te word nie.  Dit is egter baie lekker om yskoue water of yskoue koeldrank in die somer te geniet.

Hoe maak julle ouens wat ys betref ?

.

Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Thu, 24/08/2023 - 17:06

Ek gebruik maar die gewone ysbakkies in die vrieskas. Ek maak egter 'n goeie voorraad ys bymekaar voor ek vertrek en berg dit in Ziplock-sakkies. Ek maak soggens en saans die ysbakkies leeg en sorg dat ek sodoende pal 'n goeie voorraad ys het.

Ek drink wel 'n Skotse drankie en geniet dit yskoud. En nee - ek het nie 'n probleem om in die warmer maande 'n ysblokkie in my witwyn te gooi nie (soos wat ek tans hier in Roemenië doen).

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Thu, 24/08/2023 - 17:55

Ons ysmasjien is permanent in die wa.

Waar ons kamp is die humiditeit en gepaardgaande hitte hoog so ons gebruik hom baie. Sit hom wel laataand af want as die ys gemaak is en dit val in die bakkie maak dit nogals 'n harde geraas en wil nie mede kampeerders laat skrik nie. 

Elmarie en ek praat nou nog oor die geval 'n paar jaar gelede toe ons oppad Kruger toe vir die nag by Tshipise oornag het. Soos gewoonlik is die ysmaker uitgehaal en op sy rakkie langs die wa gesit. Die kamp was vol "swaeltjies" wat daar oorwinter en een ou tante vertêl my van die lekker ys wat die oord se winkel verkoop. Wys haar my ysmaker maar sy hou aan oor die winkel se ys wat ek definitief moet probeer. 

Volgende oggend vra sy my toe of ek die winkel se ys probeer het wat ek toe maar beleefd bevestig het. Seker maar geselsskap gesoek want lank staan saam met dieselfde mense kan dalk vervelig word.😂

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Thu, 24/08/2023 - 19:49

Ek het al 2x ysmasjiene gehad, maar het nie by my lank gehou nie. Ek het maar "cheapies" by Checkers gekoop. Ek dink nie een van hulle het 5x kampe gesien nie. Teen omtrent teen R1000 n masjien was dit vir my duur teen ongeveer R200 n naweek kamp. N masjien soos Snomaster sou seker beter opsie gewees het. Ek het intussen van daai blou roomysbakke gekoop wat 80x blokkies maak....werk baie lekker, maar ons gebruik dit meer tuis. As ons kampeer, koop ons ys by oord.  Meeste oorde se prys op ys is baie billik....selfs in KNP was dit eintlik baie goedkoop.  In Krokodilbrug was dit maar R10 n sakkie....ander kampe effens duurder. Die prys waarteen ons koop by winkel, regverdig vir ons definitief die gerief.....hoef ook nie masjien skoon te maak nie

0
Jeffreys baai
Profile picture for user Lapskag

Lapskag

Thu, 24/08/2023 - 20:30

Ons het altwee nou al gedoen, ysblokkies by die huis gemaak veral vir naweke kamp en maar ggekop as ons langer kamp. Ons wa te klein om nog ysmasjien ook saam tery. Maar sal beslis plan maak vir 'nkoue doppie. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 25/08/2023 - 07:54

Ek het ‘n ysmasjien tuis, maar gebruik dit amper nooit. Die klein modelle se ysblokkies is te klein en nie dig genoeg nie. Dit smelt dus te vinnig. Dis seker beter as niks, maar ons koop ook eerder ys. As dit opraak en ons is nie naby ‘n winkel nie (soos by Polentswa) gebruik ek ook ‘n Snowva soos Geert. Ek het twee van hulle. Die eerste het ek jare gelede gekry by ‘n vriendin van Salomien. Hulle maatskappy het begin met die briljante uitvindsel. Ek het intussen vir al my vriende daarvan gekoop, en een het vir my ook een gegee. Dit werk regtig goed, en die ysblokkies is lekker dig en groot genoeg. 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Fri, 25/08/2023 - 08:16

Die Snowva lyk na n goeie model vir huis en kamp. By my witwyn, gooi ek ses blokkies ys in, en die is net mooi die helfte van die normale ysbakkies in ons vrieskas. So twee glasies en die tray is leeg. Die Snowva maak tagtig blokkies ys !.Een sal dus n hele week se ys voorsien. Gaan hom aanskaf vir kamp en huis.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Fri, 25/08/2023 - 14:19

Ek gebruik 2x Snowva's as ons Desembers see toe gaan. Elke aand maak ek hulle leeg in daai klein Coleman cooler box....ons gebruik dan die aand van dit. Dan sit ek die coolerbox met ys in die vrieskas. Môre oggend gooi ek dit oor in die groter cooler box wat dan strand toe gaan.....heeldag lekker alles yskoud.....vanaand by die karavaan begin oefening weer vooraf.....so het ons permanent baie ys.

By die huis gebruik ons hoofsaaklik net oor naweke ys. Ek maak sommer so deur die week die ysblokkies leeg in een van die bakke van staan vrieskas. Daai bak vat omtrent 12-15 Snowva se ys....so baie van die keer sit ek met oor die 1000 lekker groote ysblokkies. 

Daai ysmasjien wat oom Len op foto wys hierbo lyk baie nice....lekker klein

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Fri, 25/08/2023 - 16:25

... blou roomysbakke waarin jy die baie blokkies ys maak present gekry - maar eers na ons laaste kamp wat reeds verlede November was. Sedertdien (moet ek tot my spyt bely) het ons nog nooit weer gekamp nie. Maar ek gaan dit verseker gebruik tydens ons volgende kamp - wat waarskynlik eers Feb 2024 by Ebb & Flow sal wees.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus