Forums
Middag Chris S
Hoe het jy Kwaggasfontein gevind.
Ons gaan volgende jaar in Mei KarooNP toe, en wil sommer my suster laat saam kuier. Die chalets is baie duur in die park, en Kwaggasfontein is veel goedkoper. Boonop is dit blykbaar naby aan KarooNP se ingang. Sy kan daar slaap en bedags saam met ons in park deurbring
Beskou jy die plek as veilig vir 'n enkellopende dame.
Kwaggasfontein
Môre Chris S
Dankie vir die bevestiging, sal haar dan aanraai om daar te bespreek. As die weer sleg uitdraai, kan ek sommer by haar op die stoep gaan braai.





Quaggasfontein
Ek kan dit sterk aanbeveel. Veilig, vrek netjies, alles wat mens vir selfsorg nodig het, vriendelike gashere, naby genoeg aan Beaufort-Wes maar ver genoeg ook. Dis seker die netjieste selfsorg plek waar ek nog geslaap het teen die prys. Ek het ongelukkig die fotos uitgevee, maar gebruik dit gerus!
Ek het in een van die losstaande eenhede geslaap. Lieflike stoep met ‘n braai en alles wat nodig is daarmee saam. Alles in die eenheid, reuse stort, lugversorging, mikrogolfoond, TV, netjiese gerei. Regtig uitstekend.