Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus
119698 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Herman... Oktober Karoo kuier Wessel Strydom -8 hours ago
Weervoorspelling Oktober Karoo kuier neef Herman -8 hours ago
Chris S.... Dwarswegstrand, Karoo &… Wessel Strydom -10 hours ago
Seker Wessel Dwarswegstrand, Karoo &… Wildehont -10 hours ago
Verskoning Wildehont Dwarswegstrand, Karoo &… Chris Boucher -11 hours ago
Lekker staanplek Dwarswegstrand, Karoo &… Wildehont -12 hours ago

Oorde wat toemaak

Irene
Submitted by Grootwind on Mon, 27/11/2023 - 10:14
Forums

Klompie jare terug het La Mouette aan die KZN Noordkus toegemaak agv verskille rondom BEE eienaarskap, dink die oord is steeds toe. Lees pas op die Caravanparks forum dat iemand uitwys dat Ifafa Beach oord aan die KZN Suidkus ook nou toe is en dat alles oorgroei is. Dalk moet ons 'n lysie begin saamstel van vroeër gewilde oorde landwyd wat toegemaak het? Behoort mens ook 'n beter idee te gee van tendense in die kampeer bedryf?

Brits

Wessel Strydom

Mon, 27/11/2023 - 16:15

Ek dink die oord het al lankal sy blaker gesien. Selfs voor 2000 was die agteruitgang duidelik te siene.

Brits

Wessel Strydom

Mon, 27/11/2023 - 16:17

Die oord fokus nou net op hotel en chalets. Geert gaan Desember na Orania, maar ek was daar afgelope September, en dit funksioneer nie as 'n woonwapark nie.  

Pretoria

Geert

Tue, 28/11/2023 - 21:04

Ek het paar jaar terug soontoe gegaan omdat ek gelees het van n hengse tender wat toegestaan was om die oord weer te upgrade en aan die gang te kry. Baie was gedoen, nuwe heinings, nuwe geboude braaiers, oral beligting in straatjies, nuwe swembad, die huise is heeltemaal opgegradeer met nuwe kombuise, kaste. Ek het belang gestel om die oord te bestuur op daardie tydstip. Ek het aanbod gemaak by Kwadukuza munisipaliteit om die hele oord op maandelikse ooreenkoms te huur en sodoende uit te verhuur vir inkomste of alternatief om die oord te bestuur op n kommisie basis....dat ek plek bestuur en adverteer en % van inkomste te kry as my salaris. So daar was geen risilo verbonde vir munisipaliteit nie en sou ook gelyke tyd werkskepping gewees het aangesien mens klompie werkers nodig het om park te onderhou en te kan laat werk. Ek het een keer met n persoon kon praat by munisipaliteit en met aansoek het hul 1x terug gekom om te sê hulle gaan my voorstel op n vergadering bespreek. Daarna hordes keer probeer bel....persoon net nooit beskikbaar meer om met my te gesels nie. Eposse word glad nie meer geantwoord nie.

Die volgende Desember aan Noordkus het ek weer soontoe gegaan....dit was 9 maande na hierdie affere van ignoreer van munisipaliteit. Skandelik om te sien hoe hierdie plek na al daai multi-bedrag opgraderings lyk. Niks het gebeur nie, park is nooit oopgemaak vir publiek nie. Braai roosters, staal, beligting ensovoorts is oral geplunder, swembad in sy glory, gras en onkruid knie hoogte, muur plekplek gebreek. Toe ek probeer om fotos oor die muur te neem van tragedie, word ek verbied en gedreig deur munisipale plakkers op die perseel.

Jammer dat dit so gaan. Ek was eintlik oorspronklik verbaas dat hul my aansoek oorweeg het omdat ek wit is, omdat vorige mense in 2008 wegejaag is omdat hul nie aan hul BEE status verpligtinge wou val nie. Tien teen een toe my aansoek op vergadering tafel geplaas was, is dit ook seker bitter vinnig afgekeur oor dieselfde redes. Hulle benadeel hul eie mense ook wat werk kon kry hierdeur, maar nee.

Weereens n klomp geld down the drain. Ek dink daar was nooit planne gewees om daai park weer oop te maak nie....was net n kanaal om tender toe te ken en hordes geld vir sy maatjie. Hiekom sal hul nou al die moeite doen en hordes geld spandeer om vir ons mense n oord op te gradeer?

Pretoria

Slowstrike

Tue, 28/11/2023 - 22:11

`n Ligpuntjie in die donker............Daar maak darm ook heelwat nuwe oorde oop maar nou ja dit maak dit seker nie beter nie. Van die oorde wat toemaak is tog ook op `n tyd gewild gewees.

Vaalpark

Johann L

Wed, 29/11/2023 - 06:31

Koppiesol, by Vereeniging, het ook sy deure (hekkke) gesluit, dit was lank 'n gewilde oord maar nou ja, dinge loop nie meer so vriendelik as vroeër nie.

Vaalpark

Johann L

Wed, 29/11/2023 - 06:34

Smilin Throu (spelling) buite Parys was op gegradeur, maar eens 'n swak naam het die oord gesink. Was ook 'n baie gewilde oord vroeër jare gewees.

Vaalpark

Johann L

Wed, 29/11/2023 - 06:42

Abrhamsrus praat ek nie eers van nie. Uiters gewilde oord tot 1994, nou bestaan daar net 'n pragtige swembad en 'n dronk spul Saterdag aande.

Die super tube lê plat op die grond, die staanplekke het nie meer water of krag nie en die gras is heup hoogte. Ablusie is vrot!

Pretoria

Geert

Wed, 29/11/2023 - 07:17

Daar is tans n Natalse suidkus oord in die mark op property24. In die advertensie skryf die agent dat as jy die karavaanpark wil koop om aan te hou as karavaanpark, gaan die banke geen lening toestaan nie, maar as jy die stuk grond wil koop met die oog om die plek te herontwikkel met geboue en woon eenhede, sal bank lening toestaan. In sulke gevalle sal oord seker toemaak, want glo nie iemand wat belang stel het daai klomp miljoene kontant op hande nie

Irene

Grootwind

Wed, 29/11/2023 - 08:22

Johann. ekke onthou nog Smilin' Thru (dink dis hoe hulle dit gespel het), as jong Voortrekkers daar gekamp 'n paar keer. Abrahamsrust was destyds in die 1970's as die fênsie oord aan die Vrystaat kant van die rivier gesien deur die Vanderbijlparkers! Gereeld met ons resies kano's van die Vanderbijlpark kant (nie Tom Curry se weergawe nie!) oorgeroei. Was destyds ook vreeslike baie watersport op die rivier, net motorbote en mense wat ski waar mens kyk. Dink langs Abrahanmsrust was die Vaal Inry en entjie verder aan die grootste ys skaats baan in die land...raak ek darem nou nostalgies crying

Pretoria

Geert

Wed, 29/11/2023 - 08:51

Geert, is dit by Glenmore wat die park in die mark is?

Port o Call in Trafalgar....naby Sanlameer

Vaalpark

Johann L

Wed, 29/11/2023 - 13:25

Grootwind, jy is reg dit was Smilin Thru gespel, en ook was Abrahamsrus 'n gesogte oord. Ons bly in Vaalpark en het baie naweke somer hier op ons voorstoep by Abrahamsrus gekamp.

Pretoria

Geert

Wed, 29/11/2023 - 15:50

Al baie jare in die mark. Hierdie advertensie is al 5 jaar terug geplaas

Oudtshoorn

neef Herman

Wed, 29/11/2023 - 18:07

Nou kry 7 Oompies en gaan tree af in die park. Dranklisensie. Bottelstoor, restaurant, slaghuis. Superette, elkeen het n werkie. Ek sal die handyman wees. Ons kort ń tuinboukundige, Slowstrike? Sy tuin is baie netjies, Hennie vir die Restaurant, Len doen die boeke en besprekings.Wessel die kroeg, Geert vir die superette  Shaun vir slaghuis. Ta daa....

Brits

Wessel Strydom

Wed, 29/11/2023 - 19:16

net die kampeerder wees nie. Ek sal 'n patetiese kroegman uitmaak, ken net windhoek en rooiwyn. 

Chris Boucher sal goeie kandidaat wwes, met sy ervaring by hulle rolbalklub. 

Pretoria

Geert

Thu, 30/11/2023 - 09:36

Nou kry 7 Oompies en gaan tree af in die park. Dranklisensie. Bottelstoor, restaurant, slaghuis. Superette, elkeen het n werkie. Ek sal die handyman wees. Ons kort ń tuinboukundige, Slowstrike? Sy tuin is baie netjies, Hennie vir die Restaurant, Len doen die boeke en besprekings.Wessel die kroeg, Geert vir die superette  Shaun vir slaghuis. Ta daa....

As jy klomp bymekaar kan kry wat lief is vir kampeer en instem soos per voorstel, sal dit werk. Maar die liefde moet daar wees, dat dit nie soos werk voel nie

Durbanville

Jeanne Jones

Sat, 07/09/2024 - 15:57

Tkabies buite Keimoes ook nou klaar. Plek is verkoop, nuwe eienaar gaan nie voort met kampplek en huisies nie. Huidige eienaar trek Port Shepstone toe. Nogal n verandering van omgewing. Jammerte