Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Herman, Len Len gaan weer Kruger Wildtuin… Wessel Strydom -1 hour ago
Wanneer om vlieg kaartjies te koop November 2026 Geert -5 hours ago
Môre Rona November 2026 Geert -6 hours ago
Goeie more Geert! November 2026 Rona du Plessis -6 hours ago
Wessel November 2026 Geert -6 hours ago
Hoedspruit November 2026 Geert -6 hours ago

Selfde persoon selfde kamp staanplek

Secunda
Profile picture for user Sleep nou
Submitted by Sleep nou on
Forums

Ek gooi n klip innie bos ek en Berdien probeer al geruime tyd n staanplek boek by twee verskillende oorde deur die jare maar of dit nou toevalig is of nie staan persoon A nou al drie jaar op selfde staanplek en wat sy reg is want hy , hulle betaal ook soos ek om n staanplek te he my vraag kan n oord , nie vir persoon A se kom ons gee regvertige kans vir iemand anders om op persoon A se staanplek te staan nie of sit ek die pot mis wat se julle

Brits

Wessel Strydom

Fri, 08/12/2023 - 08:37

More Shaun

Lank gelede het ek dit ook ervaar waar ons jaarliks by Oos London gekamp het.

Daar was gevalle waar die persone vir 25 jaar elke jaar hulle staanplek bespreek het. Dis maar hoe dit daar gewerk het. Nuwelinge kry 'n opening in die oord, en begin dan stap en soek na 'n goeie [beter] staning vir die volgende jaar.

Dis soos familie as jy daar aankom, almal op hulle plek, en almal kan mekaar. Die mense se kinders het met mekaar getrou, en later met eie waens ook daar kom kamp. die mense het bome aangeplant om hulle staanplekke, op die regte plekke. uit die pad uit, met heeldag koelte op die waens.

Ek het ook na 2 jaar vir die volgende 10 jaar my "persoonlike" plek gehad. 

Dis soos Chris S seg, daar moet iemand doodgaan voordat nuwelinge maklik in Desember in Dwarswegstrand plek kry.

Dis seker maar die gefoeter waar mens spesifiek vir 'n staanplek boek. Vir kort tye verkies ek amper maar "eerste daar kry lekkerste plek". Tog in Tsendze bespreek mens ook 'n nommer. 

Ek het 1 keer in balule gekom, en die lekkerste draad staanplek onder 'n boom was oop. Die volgende oggend sleep daar iemand in, en wil sommer nors raak want almal weet dis sy plek. Sommer vies vir die kampopsigter ook. Ek het net geweier om te roer, en my staan gestaan. die oggend toe ek vertrek, het ek sy kampstoele en tafel daar gesit, en hy kon oorskuif soheentoe. 

Oorde stel net belang in inkomste, en as hulle ou Wessel gelukkig hou met dieselfde staning, is dit 'n wen wen.

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Fri, 08/12/2023 - 09:26

Ons staan al seker 15+ jaar elke Junie/Julie op dieselfde plek in Scotties se Seewinde Laan, en soos Wessel opmerk, diegene om mens begin soos familie raak. Ons het ook maar eers "ons" staanplek vir 'n week kon kry, toe 2 weke en nou al net oor 'n maand. Mik nou na die 1ste prys, 2-3 maande op 'n slag! Meeste mense daai tyd van die jaar is maar die gryskop gilde, baie staan sowat 3 maande daar en vlug van die Gauteng/Vrystaat koue. Die reël is gewoonlik eenvoudig, as jy 'n staanplek kry kan jy dieselfde weer kry dieselfde tyd die volgende jaar mits jy bespreek en deposito betaal voor jy die jaar ry, as jy vergeet is jy die plek kwyt - geheim is om wakker te slaap en te lusiter na die stories in die ablusies oor wie waarnatoe die volgende jaar skuif of nie weer sal kom nie, dan spring jy as dit 'n goeie staanplek is. Weet baie mense raak ongelukkig oor die praktyk maar in werklikheid is diegene wat dieselfde plek elke jaar kry ook diegene op wie die oord kan staatmaak vir 'n byna gewaarborgde inkomste, so die oorde sal nie maklik so 'n praktyk probeer stop nie.  Oor die jare begin mens ook 'n interesante tendens opmerk....aanvanklik is 'n area amper soos 'n familie saamtrek met elke jaar dieselfde bure, dan begin van die gryskoppe wegval weens siekte of dood, terwyl baie ook "bult-op" begin skuif om nader aan die ablusie blokke te wees. Seker maar iets soos die Lion King se "circle of life"! Ons is nou by die punt waar byna almal wat om ons vir jare lank gestaan het of dood of te verswak is om te kamp...skielik is ons wat die "nuwe" en "jong" mense was die "ou" mense is...en daar begin die proses weer!

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 08/12/2023 - 09:36

Sommer net vir die lekker, en mooi. die boom in Balule waaronder almal wou staan. Ongelukkig het die boom verdwyn intussen, in 2021 was dit nie meer daar nie.

boom

Dit was die dae wat ek ook "in style" met 'n Territory en 'n Palma vakansie gehou het. Lekker verby, seg ek jou. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 08/12/2023 - 10:43

Dis soos Chris S seg, daar moet iemand doodgaan voordat nuwelinge maklik in Desember in Dwarswegstrand plek kry.

Dit het verander met die dat daar nie meer blokke datums is wat bespreek moet word nie en met besprekings wat van vanjaar af net aanlyn gemaak kan word. Ek dink die omies wat al vir 20 jaar op ‘n spesifieke nommer gestaan het is seker nie vol lag nie.
 

Ek kan uit ‘n besigheidsoogpunt verstaan dat voorkeur gegee word aan gereelde besoekers en ook aan die wat die langste bespreek. Lg is by Jongensfontein ‘n vereiste. As ek reg onthou moet jy vir minstens vier weke bespreek oor Desember, maar voorkeur word gegee aan die wat die langste wil bly. En daar moet eers een van die regulars doodgaan voor jy in elk geval kan plek kry as ‘n nuweling.  
 

Dwarswegstrand se nuwe stelsel is vir seker meer regverdig. Dit bied ook meer buigsaamheid tov datums, en met 40% deposito is die risiko vir die oord nie te groot nie. 

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Fri, 08/12/2023 - 10:46

Ek  verstaan wat julle se Grootwind , Wessel maar ek persoonlik voel gee my ook n kans vir die gunsteling staanplek en ek weet ek kamp al lank as jy jou dep betaal vir volgende jaar vir selfde staanplek is die kans 100% jy kry hom weer omdat oord weet daai tyd is staanplek gevat en gewaarborg van n inkomste daai beginsel sal nie somer verander nie

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 08/12/2023 - 11:56

....onthou ek het ook genoem dat ek eintlik die beginsel "eerste daar, kry lekkerste plek" verkies. Dis soos by Tsendze, as jy eerste 'n staning bespreek het, is dit joune, ongeag of ek die afgelope 5 jaar daar gestaan het.

Noudat ons buite seisoen kampeer, pla dit my gladnie meer nie. Ons kies maar die beste oop plek met aankoms. Ek kamp egter nie soos sommige ander vriende, vir 'n maand of langer op 'n plek nie.  

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Fri, 08/12/2023 - 12:25

Ek gelees en stem saam Wessel ons Mollers se maand staan 8 Julie 2024 tot 8 Augustus klaarbetaal en oord laat weet 2025 se staanplek wat ek soek is my kans goed maar 2025 gaan ons of Kruger Wiltuin toe of Wes kus roete doen vir n maand tyd sal leer

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Fri, 08/12/2023 - 22:15

Werk ook so by Dolphin in Ballito. As ek hierdie jaar op staanplek 20 staan....het ek 1ste keuse om volgende jaar weer daar te staan. Het al 5 jaar gehad dat ek elke Desember dieselfde bure het. Al gehad dat ek wil skuif....dan doen ek aansoek, maar as die persoon weer kom, hou ek my ou plek. Gewoonlik verander dit as kampeerders se kinders huis uit is

Hierdie jaar gaan ons Kaap toe....as ek volgende jaar weer Dolphin toe wil gaan, miet ek myself weer inwerk.. .hierdie jaar se besoekers het nou 1ste keuse vir 2024

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus