Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Oppie strand Geert - Ballito Wessel Strydom -6 hours ago
Vroeg oppie strand Geert - Ballito Geert -7 hours ago
Geert, Geert - Ballito Johann L -7 hours ago
Rona, November 2026 Johann L -7 hours ago
Reenbui Geert - Ballito Geert -8 hours ago
Turbulensie Geert - Ballito Rona du Plessis -15 hours ago

Stille Waters

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Middag Chris S

Hoe was die naweek se kampering by Stille waters?? Wat is jou indrukke van die oord??

Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 23/01/2024 - 20:28

Stille Waters is lekker naby aan ons. By Goudini kelder draai mens af en volg die bordjies. Dit was lekker warm Vrydag. Toe ons op die N1 klim was dit 40°, in Rawsonville 39° en by Stille Waters 38°. Ons het kamp opgeslaan en toe het ons lekker gekuier en pizza’s gemaak in ons Pizzabraai. Ons het sommer 300 stukke wattel bestel vooraf. Dit het R390 gekos. 
 

A

Saterdag het ons grootmense in die skaduwee gebly, en die kinders het in die poele in die rivierloop gespeel. Nou en dan het ons ‘n dip gevat in die boere jacuzzi waarvan daar een by elke staanplek was. Die een by ons staanplek het taamlik alge ingehad. Ons het dit toe leeg getap en self skoongemaak. Dis net-net sigbaar onder en agter die grys gazebo hier onder:
 

B

Ongelukkig was daar van Saterdagoggend af probleme met die water. Ek het dit rapporteer en hulle het ‘n hele paar keer kom kyk maar kon dit nie 100% regkry die res van die naweek nie. Dit het beteken dat die druk onvoldoende was vir die gas geysers en daar was meestal geen warm water nie. Die Kavango het darem genoeg water in gehad dat ons met sy warm water kon skottelgoed was. Die nuwe kraan werk puik. 
 

C

Die badkamers aan weerskante van die opwasplek hier bo was ruim en netjies, maar met water net af- en toe nie so maklik om te gebruik nie. Ons het gebraai Saterdagaand en weer lekker gekuier.

D

Daar is ‘n yskas/vrieskas by elke staanplek en genoeg kragpunte. Die yskas by ons staanplek het egter geruik asof iemand bloed daarin gelos het terwyl dit afgeskakel was. Soos die foto’s toon was die gras ook bruin ten spyte van permanente sproeiers oral oor. Dalk sukkel hulle al lank met water.

Dis ‘n lekker kamp, en die omgewing is mooi. Ons het egter die gevoel gekry dat dit nie goed bestuur word nie. Vriende van Rawsonville het Saterdag by ons kom kuier, en gesê die baas van die plaas is baie siek met lewerkanker. Ons het vandag verneem hy is oorlede. Dalk het dit ‘n uitwerking gehad op die bestuur, want dis blykbaar sy seuns wat dit tans bestuur.

Daar is stap roetes en mens kan fiets ry, maar ons het in die kamp gebly. Saterdag was dit 40,9° in die skaduwee en 52° in die son. Die Engel agter in die Ranger het hard gewerk maar kon darem ons drinkgoed koud genoeg hou. Ek het die battery sommer met die Kavango se sonpaneel gelaai deur die dag. 
 

Omdat die staanplekke so groot is, kan daar baie mense kampeer. Daar was redelike jong groepe weerskante van ons. Hulle het musiek gespeel, maar dit was darem nie so hard dat dit steurend was nie. Dis jammer dat ons ‘n negatiewe ervaring gehad het, want dis ‘n lekker plek en lekker naby. Die veiligheid lyk goed, dis diep in die plaas in. Daar is ook kameras wat lyk of dit die pad monitor wat toegang tot die staanplekke gee. Ten spyte van die stille water in die krane, het ons die naweek tog baie geniet. 

 


 

 

 

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 24/01/2024 - 05:40

....maak in daai temperature sonder 'n vreeslike koelteboom nie. Dit was seker baie warm onder daai plat sinkplate strukture?

 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 24/01/2024 - 05:52

Die paar bome wat daar is, verskaf maar min koelte. Ek het net gaan opskep onder die sinkdak van die “kombuis”, maar in die badkamers was dit goed warm. Gelukkig kon ek ‘n koue stort vat Saterdag en Sondag weer van die kere toe daar sterk water was.
 

Ons het maar meestal onder die gazebo gebly. Onder my bloue was dit 40,9° (die gryse was effe warmer) maar daar was ‘n bries en later ‘n wind. As die lug stilstaan hier by ons die tyd van die jaar knor jy.
 

Ek het van daardie mis sproeiers aan my gazebo vasgemaak maar die waterdruk was meestal onvoldoende daarvoor. Wanneer dit wel gewerk het (soos op die foto hier onder) was dit baie lekker. 
 

A

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Wed, 24/01/2024 - 06:16

Môre Chris, dankie vir die deel van jul naweek met ons. 

Lyk na 'n baie stil eenkant plek waar mens gaan om jou kop skoon te kan maak. Jammer oor die water probleem, wys net water is lewe.

Die omgewing daar is baie mooi, so tipies wes kaap.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Wed, 24/01/2024 - 07:27

... vir hitte sou maar swaartrek daarso. Maar julle het die regte ingesteldheid - "maak dit lekker".

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 24/01/2024 - 07:51

Ek is lief vir die hitte, maar op my terme. As ek in my werks klere buite in die Worcester hoogsomer hitte is geniet ek dit nie so baie nie. Maar ek verkies dit steeds bo die winterkoue. 
 

As ek egter saam met my gesin (en vriende in die geval) buite in die natuur is, en gemaklik aangetrek is, en doen wat ek wil pla die hitte my nie veel nie. Almal ken my so. Onthou net, die hitte hier is droog. 40° droeë hitte is baie makliker vir my as 26° met hoë humiditeit. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus