6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Hennie Botha Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -5 hours ago
Privaat boodskap Forum Herstel en terugvoering Geert -7 hours ago
Plaveisel Olifants River Lodge Geert -9 hours ago
vars terugvoer?? Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -14 hours ago
7 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -15 hours ago
Dis erg! Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -15 hours ago

Voornemende permanente kampeerders

Rustenburg
Submitted by Tinkie van Vuuren on

Hoe om n permanente langstaan kampeerder te word, ons is nou in die proses om ons eiendom te verkoop, wel gister eers in die mark gesit. Ons wonder hoe maak mense wat permanent kamp. Verkoop jy jou meubels of stoor mens dit? Dis mos permanent of hoe? En het mens n backup eiendom of nie? Wonder net want ons raak almal mos ouer en dalk sieklik vorentoe. Wat maak permanente kampeerders as die man bv hospitaal toe moet gaan, is vroulief dan veilug alleen? Kan die langstaan permanente mense dalk asb raad gee. En as mens alles moet verkoop wat hou jy van jou huisinhoud? Sien daar is mense wat goed gebruik soos kombuisware bv wat ons gewoonlik nie met vorige kampe wat natuurluk korter was sou saamvat nie. Baie dankie.

Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 01/02/2024 - 10:33

Dit was vir jare lank 'n droom van my - om permanent te kamp die dag as ek aftree.  Maar toe aftredetyd naderkom, het ek begin kleinkoppie trek weens verskeie faktore.

Jou ander helfte moet 100% saam met jou wees in dié ding. In my geval is dit nie so nie. Die kwessie van eiendom verkoop al dan nie, kon ek nie vir myself uitklaar nie. Ek dink 'n mens moet waarskynlik "iets" hê waarnatoe jy kan "terugval" indien omstandighede dit noodsaak. Gevolglik het ek baie gedink aan verhuring van my huis en stoor van die meubels. Jy kan gelukkig wees om goeie huurders te kry, maar hulle is klaarblyklik dun gesaai.

Dan die aspek van gesondheid - veral as een van die partye gehospitaliseer moet word. Dit bly 'n groot vraagteken vir my.

Maar daar is baie mense wat hierdie perd met groot sukses opgesaal het. Ons een ou forumvriend (oorlede Arie) het vir etlike jare permanent gekamp saam met sy vrou wat ernstige gesondheidsprobleme ervaar het. Hulle het hulle egter nie daardeur laat afsit nie. Na sy vrou se dood het Arie aangegaan met sy permanent-kampding tot en met sy eie afsterwe. Gevolglik reken ek dit is maar 'n manier van 'n persoon (of dan liewer paartjie) se eie ingesteldheid.

Sover my kennis strek is hier nie ander permanente kampeerders op hierdie forum nie, maar ek glo dat jy 'n paar "tips" sal kry. Sterkte met jou besluit.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 01/02/2024 - 11:50

....maar gaan die gesprek dophou!!!

Ek kan net dink aan Koos Mol, en Jan Meyer wat halfpad die ding gedoen het, dalk kan hulle raad gee. Ek vermoed ook, soos Chris B noem, dit gaan van persoonlikhede afhang. 

Ek wil beslis 'n basis hê, waar ek in die warm maande onder die bed, op koue sementvloer vir die son kan gaan wegkruip.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Thu, 01/02/2024 - 12:30

Ek hou hierdie draad van jou met belangstelling dop, Ons werk self al twee jaar aan dieselfde idee en sodra ons n projek waarmee ons besig is afgehandel het en alles verder voorspoedig verloop, behoort ons so oor ses maande in die pad te kan val.

Intussen kan jy gerus Chris Boucher se inset hierbo ter harte neem - belangrike besluite t.o.v. hoe julle dit gaan aanpak berus ten volle by julle eie omstandighede.

Ek kan nie vir jou voorskryf nie, maar wens jou solank voorspoed toe met die gewigtige besluit (wat gelukkig vinnig ligter word namate n mens oplossings kry)

Dit is so jammer dat hier nie permanente kampeerders op die forum bedrywig is nie, maar laat dit ons tog nie uitgesluit laat voel nie.....dit is juis kampverwant en ons kan hope inligting verkry aangaande oorde, paaie, tegniese dinge (waarvan ek nie n duit verstaan nie - gelukkig is daar n anderhelftelaugh) ens. ens. van mense met jare se praktiese ondervinding wat ook graag raad gee waar hulle kan. 

In hierdie stadium het ons self nog nie n datum of spesifieke reisplan nie. Al wat ek weet is, kom die tyd, gaan ons in die langpad val om nog baie meer van ons pragtige land en buurlande te verken en beleef. Jippeee!

Hou saam duimvas dat jou huis gou sal verkoop.

 

0
Secunda

Sleep nou

Thu, 01/02/2024 - 12:36

Tinkie myself en Berdien het dit ook oorweeg om huis te verkoop en dan permanent te kamp nou hier is dit wat ons besluit het: Ons gaan ons huis nie verkoop maar wel uitverhuur waar eiendom agent na alles sal omsien so kry ons n exstra inkomste ons gaan agter ons huis in ons een en half slaap kamer woonstel intrek en alles wat kan inpas insit en dit wat oorbly verkoop dit sal dan ons bly plek wees as ons terug in Secunda is Ons beplan om vanaf February tot November lang staan te kamp by verskillende oorde en dan Desember, Januarie by huis te wees karavan , bakkie ens skoon te kry en te diens en ja desember maand is net te besig en duur Tinkie sterkte met julle besluit 

0
Secunda

Sleep nou

Thu, 01/02/2024 - 12:39

Lekke vooruitsig Rona gaan groot en kamp n hond uit n bos

0
Pretoria

Geert

Thu, 01/02/2024 - 12:49

Ek sou voor ek verkoop eers vir so 3 maande kamp om seker te maak dis iets wat ek geniet. Ek is ook mal oor kamp en het ook al hierdie idee in die kop gehad, maar my vrou sê sy sal n maand kamp, maar wil dan weer terug na n huis gaan. 

Ek het ook al daaraan gedink....sal ek dit regtig geniet? Tans as ons kampeer, gaan ons voluit, braai elke aand en doen so veel moontlik in omgewing en wat oord bied. Maar al gesien baie langstaners braai byna nooit nie, sit net heeldag onder tent en loer na ander......miskien is ek te oor aktief, maar dink nie ek sal so kan volhou niks doen nie. Miskien as mens hobby het wat jou besig hou is dit anders?  

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 01/02/2024 - 13:02

....net te veel stoperdjie goete saamvat. grootste Bernina en omkapmasjien, strykyster, half ton lap/materiaal. Hoef ek verder op te noem.

Vir die nie-naaldwerkgarde, 'n omkapmasjien is nie iets van Doves of AVBOB nielaugh

0
Vaalpark

Johann L

Thu, 01/02/2024 - 14:36

Dit was ook baie lank in my kop, maar, het maar die idee af geskryf.

Ek is verby 70 en het al die boonste insette lankal in agngeneem, as een se gesondheid in gee, en dit gebeur binne 'n oog wink, dan soek jy vaste akkommodasie.

Ander dinge, soos ook reeds genoem, mens soek 'n huis om na terug te keer, as jy verkoop het en na paar jaar vind jy dit is noodsaaklik om in vaste verblyf te wees, gaan dit onbetaalbaar wees om weer te koop.

0
Irene

Grootwind

Thu, 01/02/2024 - 14:58

Soos ander reeds opgemerk het, hang af van hoe jou eie en wederhelfte se kop bedraad is. Die siekte ding is ook al genoem sowel as die verhuur van bestaande eiendom. Ons het op 'n stadium vir 3 jaar in Engeland gewoon en tydens daai tyd ons SA meubels en ander goed laat stoor en deur 'n eiendoms agent die huis uit te verhuur. Die verhuur ding het aan die begin goed gewerk tot die spreekwoordelike huurder uit die hel ingetrek het, daai soort huurders ken al die truuks, die agent het geen kans gestaan teen hulle nie, skade met ons terugkeer was enorm, maar minstens was die basiese huis steeds daar en ons kon laat regmaak en oorverf. Ek sou nie huis verkoop nie, koop eerder 'n kleiner aftree plekkie, sodat as iets sou voorval is daar altyd 'n vaste basis. Hou in gedagte dat die veiligheids situasie in die land sal aanhou agteruitgaan en hoe ouer mens is hoe groter die kans om geteiken te word in 'n karavaan park of op die pad. Ek sal nog 'n 3 maande ding kon doen (miskien) maar na 'n maand by 'n plek wil ek eerder huistoe gaan...

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 01/02/2024 - 15:24

Jy het darem nou 'n lekker klomp mense op die voor-punt van hulle stoele laat sit met hierdie onderwerp. Hier is my storie :-

Ek en my annerhelfte is so 'n endjie duskant die 80's en karavaankamp al 55 jaar, maar die afgelope 13 jaar het eers my gesondheid ernstige draaie geloop en verlede jaar was dit my vrou se beurt.  Dit sou heeltemal katastrofies gewees het as ons permanente kampeerders was. Maar dit beteken nie dat 'n mens nie so iets moet aanpak nie. Wyle Arie Kooiman was 'n aktiewe lid op ons forum wat hulle huis in Roodepoort verkoop het en 'n eiendom in 'n aftre-oord gekoop het wat hulle verhuur het en toe permanent begin kamp.  Sy vrou het oor 'n lang tydperk ernstig siek geword en Arie en sy vrou het swaar geleef tussen hospitale, dokters en hul karavaan. Sy is naderhand oorlede en toe Arie ook, sonder dat hulle ooit in hul aftree-plekkie kon bly.

Koos Mol en sy vrou, Irene, het ook vir omtrent drie jaar permanent gekamp en hul gate uitgeniet, maar het toe weer 'n huis in Nelspruit gekoop en karavaankamp nou weer op die tradisionele manier.

Ek en my vrou het besluit ons verkies om met ons karavaan vakansie te hou en nie permanent te kampeer nie  -  dis maar 'n keuse wat elkeen moet uitoefen.

Sou iemand wel die besluit neem om permanent te kamp, stel ek minstens die volgende voor :-

  • Moet NOOIT sonder 'n vaste eiendom as veiligheidsnet wees nie
  • Besluit of so 'n eiendom moet toegesluit staan en of dit verhuur moet word
  • Besin of jou huismeubels en-toerusting verkoop of gestoor moet word
  • Sorg dat jy iewers by 'n kind, familielid of vriend 'n adres het wat jy kan gebruik as dit benodig word
  • Sorg dat jou sleepvoertuig en veral jou karavaan in 'n 100% toestand is voor julle begin lang-kamp
  • Pasop om weggevoer te raak oor die idilliese van langkamp
  • Laastens Tinkie, ek hou van Sleep-Nou (Shaun) se idee van langkamp hierb.

Hou ons op hoogte hoe julle vorder met julle besluit.

0
Worcester

Wildehont

Thu, 01/02/2024 - 15:31

Ek dink dit hang af van persoonlikhede en persoonlike voorkeure. Ek sal graag wil toer; maw op ‘n plek staan vir so lank as wat dit lekker is/tot mens uitgekuier raak en dan aan beweeg ens. Ek sal ook maklik die swaeltjie ding kan doen om die Wes-Kaap en hoëveld se winter te vermy.
 

Om egter vir maande op een plek te bly staan my nie aan nie. Ek wil nie huis opsit by elke plek waar ek kom nie. En as mens afgetree is, en nie meer met kinders reis nie sal dit beter wees om binne seisoen terug te keer na ‘n basis (huis). Dis te duur en besig binne seisoen (oor skoolvakansies). Ek sou nie my eiendom verkoop nie. Mens moet iewers bly, en dit kan nie vir ewig in ‘n karavaan wees nie. Dis my gevoel in elk geval. Sterkte met die besluit en geniet die beplanning.

0
Oudtshoorn

neef Herman

Thu, 01/02/2024 - 15:37

Ons het al ń lang kamp gedoen, naby aan 3 maande. Was baie lekker.

My gesondheid het onlangs oornag in ń penarie ontaard, en dankie vader ek kon tuis aansterk. Dit was ń lank en moeilke jaar.

Ons is nou weer reg vir ń lang kamp, en as die lewe dit toelaat, gereeld wil doen. Sou ek egter kop neerlê, het my wederhelf  n veilige dak oor haar kop. So die huisie sal ek as gemoedsrus behou.

 

0
Sedgefield

Jan Meyer

Fri, 02/02/2024 - 09:03

Ons storie......................................................is dat ons vir 'n jaar lank beplan het om huis te verkoop as ons aftree en vir 'n jaar lank te kamp en die land te verken. 

Terwyl ons gewerk het was tyd net te min om al die pragtige plekke in ons land te sien. 

Ons het toe na bietjie terugslae om huis te verkoop in Durban al ons meubels gestoor in George. Beplanning was dat ons in die Weskaap wou vestig. 

Verlede jaar Oktober die pad gevat en toer nog steeds. Geniet elke oomblik sovêr. Ja het terugslag met my gesondheid gehad wat planne so bietjie verander het maar ons het goed aangepas. Daar is geen vaste plan nie en ons besluit op kort kennisgewing waar ons volgende wil gaan. Probeer net in een regtig beweeg want ons duurste uitgawe is brandstof. 

Ons storie is op "Meyer's se droom toer".

 

 

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 02/02/2024 - 11:55

Middag Tinkie

Soos genoem, ek kan nie help met raad uit ervaring nie, maar ek sal raai om lank/permanent te kampeer, moet mens verkieslik 'n groot wa hê.

Ek sal darem ingehok vol in my Kavango met sy tentjie, as ek maande daarmee moet klaarkom. Ek dink 'n Exclusive of groot Overlander sal die beste werk.

0
Rustenburg

Tinkie van Vuuren

Fri, 02/02/2024 - 12:53

Hi Wessel

Is seker so dat mens ruimte moet he. Maar dan moet mens ook in ag neem jy gaan nie die hele tyd in en by jou wa wees nie. Met ons vorige kampe wat toe natuurlik net 2 weke tot n maand was met mens se verlof het ons al gevind dat mens te veel goed saam karwei en dat die wa ook maar net gebruik word vir slaap doeleindes. Ons sal egter nou seker anders dink daaroor as mens beplan om veel langer te staan. Ons was nou die afgelope 5 jaar vandat ons op pensioen is nie veel weg van die huis af nie. Jy moet oral almal help met dit of dat en ek het tot so tydelike werkie gevat om nie te loop dooi by die huis van niks doen nie, maar dit laat vaar want my rond shunt dae is verby.

So nou het ons so gedink dat sou DV ons spaar vir nog so 10 jaar wil ons darem so bietjie van dit geniet ook. 

0
Worcester

Wildehont

Fri, 02/02/2024 - 15:08

So nou het ons so gedink dat sou DV ons spaar vir nog so 10 jaar wil ons darem so bietjie van dit geniet ook. 

Mens werk jou hele grootmens lewe, so as die gesondheid en fondse dit toelaat mag jy vir seker jouself bietjie bederf. En toer met ‘n karavaan is darem aansienlik goedkoper as in vaste verblyf.  

0
Rustenburg

Tinkie van Vuuren

Fri, 02/02/2024 - 21:52

Goeienaand Jan

Ek het nou jou storie gelees. Ek wil net se jul kamp baie netjes!! Jammer oor jou teenspoed wat jy in die wildtuin gehad het. Ons is baie bly dat jy herstel het en kon aangaan met jul toer . Net jammer jul moes die Eiland gedeelte laat vaar. Dit is ook n wonderlike oord. Baie sterkte met die huis storie en die intrek gedeelte. Dit opsig self is n storie op sy eie. Hopelik kan jul gou weer in die pad val.

Groete.

0
Pretoria Tuine

DK

Sun, 03/08/2025 - 16:40

Tinkie, ek hoop nie ek antwoord te laat nie.

My vrou en ek ken kamp van skooldae af.

Sy het grootgeword in die Weskaap en ek in die Oos Kaap.

Daarna het my ouers en ek verhuis NOK toe agv boerdery.

Na weermag ontmoet ek my WP vrou, nog ongertroud eers weer in JHB en begin met Chalets, daarna tent tot Karavaan.

Ons is nou 41-jaar getroud en vroeg afgetree op 57-jaar om ons aftree gelde te kan geniet.

Sodoende agv gesondheid het ons permanent vaarwel geroep.

Ons het nog baie getoer sonder sleep en slegs Chalets, Rondawels, Lodges en Huur karavane gekamp.

Ons permanente staanplek was slegs ons Hoofbasis.

Glo my vry, permanent is nie Sonsskyn en Rose nie.

Dit kos baie inset om gemaklik en ordentlik te lewe asook baie meer werk as tuis.

Ons beide kamp al van skooldae af en nadat ons getroud is: 21- jaar waarvan dit was 5- jaar permanent, uitgesluit my weermag kampe van 2- jaar en wat daarna nogsteeds gevolg het.

Ek sou reken: Neem eers 5- jaar en kyk daarna.

Die belangrikste: Kyk na nabye Dr's en hospitale wat weet wat hulle doen.

Aan die Noorde in die Bosveld was ons Dr in Modimolle by Kokanja, Dr Breedt.

Mense reis vanaf Thabazimbi om hom te sien.

Hy is ń baie goeie dokter.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus