Ek sien oral op sosiale media-platforms die elle-lange klaagliedere, geween en gekners van tande oor die swak toestand van gruispaaie in die Kruger Wildtuin. Ek was nou self twee jaar laas daar, maar die kwaai reën, vloede en storms die afgelope paar jaar kan tog nie buite rekening gelaat word nie. Die duisende kilometer gruispaaie, dikwels in die boendoes kan tog nie een twee drie oral gelyktydig geskraap word nie.
In die lig hiervan en gedagtig aan ons komende Wildtuin-besoek wil ek nie graag ook op die "band waggon" klim en kla nie. Nou wonder ek of dit nie raadsaam sal wees om soos in die Kgalagadi jou voertuig-banddruk af te blaas na sê 160Kpa die oomblik as jy afgehak het by jou bestemming nie ? Dit behoort dan mos die swak gruispaaie se ritte baie te vergemaklik, nie waar nie ? Dit kan mos so gelaat word selfs al ry jy ook op van die teerpaaie want dis mos teen 'n baie lae spoed. Om van een kamp na 'n ander te sleep op die teerpaaie behoort tog ook nie 'n probleem te wees teen 'n stadige spoed nie en 'n mens kan die banddruk so laat tot jy weer huis toe vertrek en dan die banddruk te herstel.
Wat sê julle ?
Len ek sal baie versigtig…
Len ek sal baie versigtig wees om te veel met te lae druk bande te ry. My kar se twee voorste bande, wat ek tydens ons Jubaweni rugby skool, (verlede jaar Junie) so pap gery het, het lelike skade aan die binne kant op gedoen.
Albei bande moes vervang word na ek agtergekom het daar is stadige lekke en na 'n bande plek was dit te laat herstel. Die mense het my gewys hoe die bande teen die vellings gestamp het en aan beveel dat dit vervang word.
Johann, ek hoor.....
...........wat jy sê maar dit is algemene gebruik in die Kgalagadi. Trouens, daar is amptelike borde wat jou vra om dit te doen teen 160 Kpa - ook 4x4 kundiges doen dit deurgaans op gruispaaie. Ek sou sê die gevaar is om te vinnig te ry met lae-druk bande en in die Wildtuin sal dit nie gebeur nie.
Darem nie duisende nie
Mnr Boucher het seker al die paaie al ten minste een keer gery, maar volgens die artikel is daar “meer as” 850km teerpaaie en 1444km grondpaaie. Die artikel bevat ook ‘n paar interessante historiese feite.
Len...
.... ek het my ook voorgeneem om bande effe af te blaas. Dit is standaard praktyk in Kalaghadi, waar ek dit ook gedoen het.
Ek hoor ook wat Johann sê, maar het my bedenkinge daaromtrent. Ek het vir 5 of 6 dae in Kalaghadi, seker elke dag 150km met 160kPA bande gery, en nie sulke probleme ervaar nie. Ek het daai bande laas maand eers vervang, omrede dit nie meer loopvlak gehad het nie. Dit kan natuurlik wees dit bakkie bande is, wat beslis sterker sywande as Johann se bussie-bande het.
Goue middeweg wat ek kan/gaan volg, is om net af te blaas tot 2ookPA. Sodra ek van kampe wissel, kan mens maar die bande pomp, as jy bekommerd is. Selfs met al 4 bakkie bande op 2bar, het ek steeds 2800kg drakrag onder die bakkie, meer as genoeg vir kampe wissel.
Len, jy was so lanklaas in Kruger, moet nounet nie die pad byster raak en weer die Exclusive grondpad sleep nie.
Ek beplan om dit juis ...
... te ry wanneer ek saam met die Roemeniërs en Noorweërs in Satara is. Ons beplan om een dag Olifants toe te ry (en hopelik daardie roete in te sluit) via die laagwaterbrug by Balule. En terug te keer met die teerpad om by Ralie se absolute gunsteling "spot" in die wildtuin, nl N'wamanzi uitkykpunt aan te gaan.
Johann....
...wat het jy presies gedoen wat tot moontlike skade gelei het.?
Ek dog jy het net op kampeerterrein met "pap" bande gery. Hoe vêr op teer[?] het jy gery voordat jy gepomp het. Hoe laag het jy die druk laat sak?
Wessel
Die voorste bande was af geblaas tot so 1,4 bar en ons het drie dae ongeveer 10 km per dag tussen die rugby gronde en die kamp gery, daarna die sowat 48 km tot in Nylstroom waar ek die bande weer tot op druk laat pomp het voor ons weer gehaak het.
Die pad tussen die kamp en die sport gronde was baie sand en sinkplaat.
Die bestuur het darem die sand kolle nat gehou nadat so baie voertuie vas geval het.
Die deurstamp van bande, dan…
Die deurstamp van bande, dan moet die druk vreeslik laag wees. Ons het in die Strandry era, bande tot by 0.8 afgeblaas om op die droeë sand te kon ry. Jy moes net versigtig gedraai het, anders het die bande afgeklim van die rim. Maar deurstamp nie ervaar nie. Al was die sywande soos balonne uitgedruk.
Ek dink jou gauge was dalk voutief Johann. My Landrover bakkie se agterbande is 1,7 ,permanent anders ry dit te hard oor die klipperige paaie. Pomp dit net stywer as dit moet vrag dra.
Spoed
sowat 48 km tot in Nylstroom
Was dit op teer en hoe vinnig het julle gery? Hoe vinniger jy ry hoe warmer word die bande. En as hulle boonop effens pap is gaan hulle nog warmer word. Ek dink dis hoekom mens bv in dik sand met baie pap bande kan ry, want jy ry stadig so die bande word nie so warm nie. Ek ry maar altyd ‘n kompressortjie saam vir die op pomp voor ons weer teer ry.
Ek begin al meer dink dat…
Ek begin al meer dink dat onkunde my probleem was, ek het so 80kpu na Nylstroom gery.
Padskrapers
Die padskrapers wat mens langs die paaie in die wildtuin sien staan.....is dit eiendom van wildtuin? Toe ons 2 of 3 jaar terug in Satara was, was hul besig om die paaie om Satara te skraaf met padskraper.....dit gaan bitter vinnig, hulle sluit die pad vir so n uur of 2 dan is hulle klaar en pad loop seepglad.
Spoed is nie vriende met…
Spoed is nie vriende met papperige bande nie. Daarby dink ek nie julle vergelyk appels en appels nie, Johann (as ek reg onthou) het 'n bussie met waarskynlik pad/motor bande terwyl die ander bendelede bakkies met kommersiële/4x4 bande het. Daar is 'n hemels grootte verskil in die band konstruksie en vermoeë om "misbruik" te weerstaan.
Geert,................
..............dit was beslis al die jare die eiendom van die voormalige Parkeraad en deesdae SANParke en ek glo dis nou nog die geval, behalwe as hulle intussen van bruikhuur gebruik maak, maar dis beslis nou nog hulle personeel wat die werk doen.
Geen verskoning
dit was beslis al die jare die eiendom van die voormalige Parkeraad en deesdae SANParke en ek glo dis nou nog die geval
Daarom dink ek KNP het nie verskoning dat paaie so sinkplaat en gaterig hoef te wees nie....masjienerie en arbeid is reeds daar. Soos genoem toe ons sien hoe vinnig hulle die paaie skraap, kan hele KNP in n japtrap gedoen word. Miskien n brandstof verskaffing probleem of die padskrapers is stukkend, vandaar dat hulle so onbeman langs die pad in die veld staan
Skraap selektief ??
Ons het verlede jaar die skraper by 2 geleenthede op die S36 pad gekry. As mens op kaart kyk, sal julle sien die pad is hoofpad na Talamati, Imbali lodge en Hoyo hoyo Tsongo lodge. Nog entjie laer is Hamiltons tentkamp.
Ek vermoed die gaste wat daar oorbly, se voertuie is sagte luukse sedans en Prado's!!!
Het 'n paar raakgery op die S36, S125 en S126, en die paaie was almal in goeie toestand. Dus, sulke paaie kry seker maar bietjie baie voorrang.
Op taalkundige vlak, blykbaar word 'n grondpad gesny, en nie geskraap nie. Feit of flater in die volksmond??





Ek stem saam
Ek het my ook voorgeneem om my bakkie se banddruk af te bring tydens ons komende paar dae in die wildtuin, behalwe wanneer ek my oorsese gaste se bagasie moet vervoer.
Afgesien van die huidige sogenaamde "skrikwekkende" toestand van die gruispaaie is daar in elk geval enkele paaie in die wildtuin wat maar berug is vir sinkplaat oppervlakte, o.a. die S36 wat soms ellendig is.