Ek het elders genoem dat daar miskien by my 'n skroef besig is om los te gaan. Luister 'n bietjie hierna :-
Soos almal nou al weet, oor omtrent 60 dae pak hierdie twee oues van dae die langpad van 2000km Wildtuin toe aan en 'n maand later weer 2000km terug Kaap toe. Met my onlangse kort-kort ongesteldheid het ek meer as normaal radio (RSG) geluister en ek het myself gevang dat ek nogal van die boekvoorlesings oor die radio hou. Ek is maar 'n swak boekleser, raak te gou aan die slaap, maar ek vermoed ek het iets opgespoor om dit te oorbrug, naamlik "audio books"
As jy die "app" afgelaai het, kan jy 'n boek bestel waarna jy die voorlesing deur 'n stemkunstenaar kan luister. Soiets behoort mos die langpad heelwat korter te maak.
Wat hierdie wonderlike tegnologie betref, is ek nog 'n agteros wat spook om in die kraal te kom. Wat dink julle hiervan en is daar van julle wat dit reeds gebruik om die langpad 'n bietjie op te kikker ?
Kan werk....
As mens liefde daarvoor het, sal dit seker werk. Ek self lees glad nie boeke nie en kyk ook nie meer veel TV nie....net aktuele programme en soms sport. So boek voorlees gaan my nie intereseer nie, maar glo as RSG se boeklees interesant was, sal daai Toep kan werk. Ons gesels relatief in die kar, so dit sal seker vir iemand wat probeer storie luister hinderlik wees as ek gesels en hulle probeer storie luister? Met musiek kan mens deur dit gesels....
Sal beslis vir my werk, my…
Sal beslis vir my werk, my radio is heeldag aan in my werksplek en geniet die RSG klompie. Tot Sondae se hoe verklaar jy dit en Niek se goed. Ons luister amper nooit musiek as ons ry nie, en Von is stil, én sy hou nie van die radio nie ! So ek gesels met myself. Dit is wonderlik om krieket te luister, dít maak n lang dag kort.
Dit kan werk op die langpad ...
... maar ek luister graag radio en skakel oor na musiek as ek 'n program oninteressant vind. Ek het al my CD's oorgelaai op 'n USB "stokkie" wat by my radio indruk. Ek speel dit op "shuffle" wat die musiek afwissel - ek het 'n wye musieksmaak.
Ek is 'n ywerige leser en beskik oor 'n mini biblioteek. Baie van my boeke was juis op RSG voorgelees maar ek het dalk 'n paar episodes gemis. As dit 'n lekker verhaal is, koop ek die boek.
Dit mag dalk nou klink of ek my eie "marble polish", maar dit is allermins. Ek en Ralie lees saam aan 'n boek - ek lees hardop en sy luister. Ek probeer om werklik interessant te lees met verskillende stemtone vir verskillende karakters. My ander ou helfte het al voorgestel dat ek betrokke moet raak by die diens wat boeke vir blindes voorlees.
Toe ons in Grabouw gewoon het, het ek en Ralie op 'n bepaalde aand die aandgodsdiens gaan lei by die plaaslike ouetehuis. Na afloop van die godsdiens het ek gewoonlik vir die inwoners voorgelees uit 'n boek - meestal kortverhale of sketse. Dit was nog altyd vir my lekker om voor te lees.
Chris B
Jy kan maar jou "albaster poleer" hoor. Ek luister nou die dag toe ons oor telefoon gesels, na jou stem. Daar is iets besonders in, en jy kan maar gaan voorlees vir blindes en oumense. Dis seker omdat ek in die oumens band inskuif, waarom ek dit kan sê.
Marie laai ook ons musiek op USB stokkies vir die langpad. Ligte musiek, lekker klassieke musiek [die Nic de Jager tipe] oempa band, net nie jazz nie. Hou nie van 'n saxsofoon nie. Dit maak die pad kort, selfs in wildtuin sal dit saggies aan wees.
Ons maak egter 'n punt om darem 1 keer 'n dag, nuus en weervoorspelling te luister. O ja, en Dawie Roodt se geselsies.
Herman: So verskil ons, as ek moet krieket luister in die kar, sal ek aan die slaap raak.





Len, nee ek het nie so iets…
Len, nee ek het nie so iets nie, ook nie nodig nie, my vrou praat sonder ophou