Ek besig om kamp plekke deur te gaan (Google) en soos julle weet soms is fotos nie altyd soos dit lyk nie Vertel my asb wat is jou gunsteling kamp plek en hoekom ek besig om lys te maak nie net vir my self in die toekoms te gaan probeer nie maar wil dit aanstuur vir mense wat my gevra het vir so tipe lys. Vir eers is my gunsteling oord De Voetpadkloof kloof maar ek glo Verneukpan gaan hom laat afskuif na no 2 so neem asb deel mooi loop
My gunsteling kampe :
My gunsteling see-kamp is Hartenbos in Februarie-maand.
My gunsteling Laeveldkamp in Meimaand is al die kampe in die Kruger Wildtuin, maar veral Balule, Berg-en-dal en Shingwedzi.
70+ oorde/kampe
Ek sien op terugvoering wat ek doen, die afgelope klompie jare oor die 70 oorde besoek. Om eerlike waarheid te sê sal ek by seker 95% weer gaan kamp. Almal is seker nie ewe mooi of ewe luuks nie, maar elkeen het iets wat my verblyf spesiaal gemaak het. Al wat ek weet is dat ek graag indien moontlik elke jaar 1x die wildtuin sien en 1x die see.
Ons het toe ons begin het met tent kampering begin het by Mbizi se 1ste verjaarsdag gekampeer. Ons het dit so baie daar geniet dat ons seker vir daai volgende 4 of 5 jaar net soontoe gegaan het. As ons naweek weg gaan, was dit Mbizi....as dit vakansie was, Mbizi. As ons nie staanpkek kon kry nie, dan daai 2bed chalets gehuur in kampeer area. Deesdae geniet ons verskillende plekke te besoek, maar doen steeds huiswerk vooraf...gaan nie net na n plek omdat ons nog nie daar was nie
Elkeen se smaak verskil
Ek dink mens kan seker riglyne skep, maar op die einde moet mens self besluit wat jy soek van n oord om dit vir jou lekker te maak. Ek sien byvoorbeeld heelwat keer op facebook dat mense byvoorbeeld vra vir lekker plek by see....dan kom daar antwoorde soos Natslia want hulle het supertubes en hou kinders besig. Vir my sou byvoorbeeld n lekker swemstrand belangriker / aantrekliker wees as oord supertubes en oord wat kinders moet besig hou. Dan kry jy mense wat dink wildtuin is hengse vervellig waar daar ander is wat versot is op die plek en nie genoeg kry nie.
Smaak verskil definitief
Ek sê gisteraand vir Salomien hoe geniet ek dit hier by Dwarswegstrand en hoeveel hou ek van die plek. Maar ek weet vriende van ons voel so oor Hartenbos (wat vir ons heeltemal te groot en besig is).
Dankie almal
Dankie vir julle insette jip daar is baie nice plekke in RSA
Die wildtuin wink al weer
Het Chris Boucher n Blou Bul geword? Ons hoor niks van hom nie! Maurits





Dis nou 'n moeilike vraag.
sjoe, ons gaan graag Manyane langs Pilansberg toe. Dit is 'n gewone kamp met normale geriewe, maar dit is 'n wildtuin slegs 100km van my huis af.
Deesdae kampeer ons omtrent net in SANPARKE. Baie lief vir al die kampe in Kruger. Ene wat bo aan Kruger lys is, is beslis Tsendze boskamp. My ou staatmaker kamp, altyd op die lys met enige besoek is maar Satara. Nie watwonderse kamp nie, maar dis lekker sentraal geleë
Ons het ook baie van Twee Rivieren in Kalaghadi gehou. KarooNP by Beaufort Wes is 'n juweel, en die wildtuin/karoo omgewing is iets besonders.
As ons terug is van ons Meimaand omswerwing, sal ek kom noem wat ek van Mokala, Camdeboo en Bergkwagga dink.