Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Stem heeltemal saam Wessel… November 2026 neef Herman -11 minutes ago
Herman... November 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Wessel, hierdie is n… November 2026 neef Herman -3 hours ago
Nou weet ek hoe.... November 2026 Wessel Strydom -8 hours ago
November brandstof prys November 2026 Geert -8 hours ago
Goeie more almal Cobb - Tips en idees Goeie Hout -13 hours ago

Jurgens Exclusive

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader
Submitted by Len Loader on
Forums

Ek en my annerhelfte kamp al die afgelope 55 jaar sedert 1969 in karavane  -  nog nooit het ons nie 'n karavaan in ons erf gehad nie.  Ons het begin met 'n heel kleintjie en toe al groter gegaan totdat ons naby my aftrede besef het ons het 'n behoefte aan 'n karavaan met 'n eie volledige badkamer. Vir 37 jaar het ons lekker ge-karavaankamp sonder 'n badkamer, maar in 2006 in Hartenbos byt die badkamer-gogga ons en ons gaan kyk na die Jurgens Classique by Tuinroete Woonwaens.  Daar aangekom het ons die Classique mooi bekyk en was beïndruk, veral in vergelyking met ons Jurgens Penta waarin ons toe gekamp het.  Met die uitklim uit hierdie pragtige wa merk ek 'n gebruikte Jurgens Exclusive op wat 8 maande oud is en nog net eenkeer gebruik is. Met die inklim in hierdie wa was die koeël deur die kerk, ons koop hom net daar !  Die handelaar sleep die Exclusive na Hartenbos en ruil hom net daar om met ons Penta waarin ons nog die oggend opgestaan het !

Vir die afgelope 18 jaar is hierdie Jurgens Exclusive ons fantastiese vakansiehuis op wiele. Hierdie kêrel is al 80 870km agter twee van ons Nissan Pathfinders gesleep (met nog 4000km wat in April, Mei en Junie voorlê) en was al in elke provinsie in die land.

Ek vertel later verder oor hierdie wonderlike wa.

.

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 20/03/2024 - 19:41

.............ek is bly jy verstaan uiteindelik die stort storie en dat jy ook nou kan saampraat oor"movers".

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 21/03/2024 - 05:20

Dis ‘n ander manier om water te bespaar (of dalk vat dit dan nog langerdevil). Ons stort ook soos Trev. Dit gebruik maar so 10 liter en die Kavango se tenk is darem 120 liter. Ek maak dit so elke tweede dag net weer vol om seker te maak ons het altyd water want ons was skottelgoed ook by die wa. Die wa het immers warm water, en dis lekkerder om vir die see of die bos te kyk terwyl jy was. Mens hoef ook nie alles heen en weer te dra nie. 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 22/03/2024 - 20:38

Jammer, fout gemaak  -  die Exclusive het 'n 60 liter watertenk en nie 40 liter tenk soos vroeër gemeld nie.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 22/03/2024 - 20:54

Ek het ook 'n tru-kamera agter-op die Exclusive gemonteer met bekabeling onderdeur die wa tot voor by die A-raam.  Die kamera se monitor heg aan die truspieël vas en die bedrading loop tot agter by die trekstang.  Ek gebruik 'n gewone "male/female" prop om die koppeling te doen.

.

.

.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 22/03/2024 - 21:00

Die Exclusive se dubbelbed is aan die voorkant van die wa, agter die neuskas.  Omdat ons verkies om in 'n suidelike rigting op te slaan, peper die weste son op die groot venster bo die neuskas.  Ek het toe 'n afdakkie laat maak om die son af te keer van daardie venster en dit keer ook die ergste hitte af van die neuskas waarbinne die twee gasbottels gemonteer is.

.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Fri, 22/03/2024 - 21:26

daardie neuskas-afdakkie! Ek glo dit maak 'n groot verskil aan die binne-temperatuur. 

Hoe heg dit aan die karavaan, Len? Is daar n ?gleuf as deel van die karavaan waardeur jy dit net kan ryg, of het jy iets aangeheg? Ek vra hierdie aangesien ons ook nog 'n afdakkie oor my bussie se deur moet prakseer. Fiamma verkoop 'n afdak (awning) maar ek dink vir die geboë vorm wat ons het sal iets anders bedink moet word.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sat, 23/03/2024 - 16:55

Rona, ek het die wa in 2006 gekoop met die "geut" reeds aangebring, eintlik vir die neuskombers, maar ek gebruik nie meer 'n neuskombers nie.

Die dakkie gly dus deur die "geut" soos by 'n tentdak wat aan die karavaan kom.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Sat, 23/03/2024 - 22:31

Toe ek die afdakkie sien het ek gedink dat dit baie netjies lyk, en dat dit ook my oplossing kan wees. Ek praat verder op 'n draad wat Wessel geskep het. Verskoning indien dit nie hier van toepassing was nie

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus