Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Elektrisiteit November 2026 Johann L -42 minutes ago
Rona November 2026 Johann L -50 minutes ago
Gister se erge hitte... November 2026 Rona du Plessis -10 hours ago
Goeie Hout,... Cobb - Tips en idees Rona du Plessis -11 hours ago
Goeie hout... Cobb - Tips en idees Wessel Strydom -11 hours ago
Geert Cobb - Tips en idees Goeie Hout -11 hours ago

Aasvoëls in die Kruger Wildtuin : bedreiging

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader
Submitted by Len Loader on

Die afgelope week was daar oor die radio, TV en ander media-huise berigte oor die dreigende gevaar dat aasvoëls (veral in die Kruger Wildtuin) uitgewis kan word.  Die probleem is veral vergiftiging van diere wat dan vrek en aasvoëls wat daaraan vreet en ook vrek.  'n Wildbewaarder het vertel dat hy onlangs teenwoordig was waar 60+ dooie aasvoëls in omgewings gevind is wat almal aan vergiftigde karkasse gevreet het en gevrek het.

Eintlik is aasvoëls, hoewel nie noodwendig mooi nie, 'n baie noodsaaklike deel van die ekologie.  Hulle is die opruimers van gevrete karkasse wat agtergelaat is na 'n feesmaal.  Wat vir my so besonders is van aasvoëls is dat hulle so vinnig kan arriveer op 'n plek waar 'n vangs pas plaasgevind het.  Ek is ongelukkig (tot my skande) geen kenner van voëls nie en nog minder van die verskeidenheid van aasvoëls.  Ek het die onderstaande foto van 'n aasvoël naby Ondersabie geneem toe ons laas in 2022 in die Wildtuin was. Volgens die bronne wat ek het lyk dit na 'n Kransaasvoël : die wit bo-op en agter die kop met grys kolletjies om die nek en 'n swart bek en swart vlerkpunte.

Laat weer gerus of ek die kat (of eerder die aasvoël) aan die stert beet het.

Met ons komende Wildtuin besoek gaan ek 'n bietjie probeer konsentreer op aasvoëls.

.

Brits

Wessel Strydom

Sat, 30/03/2024 - 06:52

Len, ons probeer ook om nie voëls mis te kyk nie. Dit is 'n speletjie van geduld en goeie vêrkykers, en lense vir die afneem.

Soos ons al verskeie kere hier genoem het, identifikasie van spesies is baie moeilik, en wat mens nie in die veld moet probeer nie. Neem goeie fotos van verskillende hoeke, en gaan sit by die woonwa met 'n bier/koffie en die boeke.

Ek voel aan jy gaan nog binne die volgende paar dae 'n paar katoeters by fotografie inkel aanskaf. Dalk so 'n venster katoeter soos wat ek gekoop het. Of 'n swaargewig ene as jy G6-lense hetlaugh

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Sat, 30/03/2024 - 07:47

My raaiskoot is Witrugaasvoël. Die kop is swarter as die Kransaasvoël. Witrugasvoëls us die algemeenste in KNP. 

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sat, 30/03/2024 - 08:12

Ek neig om met Herman saam te stem, die snawel is korter en meer krom as die van die kransaasvoël, ook die nek is meer grys van kleur?

Kom ons wag en kyk wat sê die kenners?

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Sat, 30/03/2024 - 12:05

Ek is nie 'n kenner op die gebied nie, maar het 'n goeie voëlgids. Hierdie foto lyk vir my dan ook na die Witrugaasvoël. Hulle noem 'n "moontlike verwarring" wat die Kransaasvoël kan wees - diè is egter ligter van kleur met geel oë - so Len, jy was nie ver verkeerd nie.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 01/04/2024 - 08:03

Die een op die foto is ‘n witrug aasvoël. Die krans aasvoël se kop en nek het ‘n blouerige kleur, en lyk nie of dit wit donsies aan die agterkant het nie. Hulle  het blou kolle vel op die bors ook. Die vlerk vere het swart kolle wat soos ‘n grys streep op die wit vertoon as die vlerke toegevou is. 

A

Alhoewel krans aasvoëls soos die naam aandui op kranse broei en bly, en nie tipies hou van bosveld wat te dig bebos is nie, is daar aanduidings dat die kolonie by Hekpoort in die Magalieseberg in die Kruger wildtuin kos soek. Van die voëls het radio ssnders en vlieg in een dag al die pad wildtuin toe en terug. Marakele  bo by die Sentech toring is ‘n goeie plek om hulle te sien. Daar is ook ‘n kolonie in De Hoop. Ons het hulle gesien toe ons in 2018 die walvis staproete gedoen het.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 01/04/2024 - 08:15

Dit is eintlik verstommend, as mens die afstand soheentoe in agneem. Dit kan maklik 900km heen en weer, op die kortste wees. 

Ek het nie eers lus om dit met Grompie in 'n dag te doen nie.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 01/04/2024 - 08:30

Met ons afgelope wildtuinbesoek was ons verbaas om 'n horde aasvoëls te sien stroomaf vanaf die brug (H12) oor die Sabierivier. Na raming was daar naastenby 100 voëls bymekaar - meeste op 'n sandbank naby die water en sommiges besig om te "bad" in die vlak water. Verskeie van dié op die sandbank het waarskynlik klaar "gebad", want hulle het met hulle vlerke oopgesprei gesit, wat gelyk het of hulle sit en droogbak in die son.

Jy't amper die indruk gekry dat hulle besluit het dat die betrokke dag aasvoël-wasdag was. Die laaste wat ek so 'n groot groep aasvoëls bymekaar gesien het was tydens my eerste besoek aan Mokala. Ek was tot 'n mate verstom om sóveel aasvoëls (met enkele maraboe's tussenin) in daardie geweste te sien. En na vele besoeke aan Mokala in jare daarna, het ek nog nooit weer 'n aasvoël in daardie park gesien nie.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 01/04/2024 - 12:17

Oom Len het genoem dat hulle opruim, maar dit gaan verder as dit. Hulle is immuun teen siektes. As ‘n dier bv vrek van miltsiekte en daar is nie aasvoëls om die karkas skoon te vreet nie, kan die miltsiekte lank dormant lê. Dan kan dit tydens bv droogte tydperk oopgegrawe word of ontbloot word en ‘n uitbraak veroorsaak. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus