Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Nieuwoudville na Kambro.... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -7 hours ago
Selfde leeuwyfie? Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -7 hours ago
Wessel ... Oktober 2026 saam gesels Chris Boucher -8 hours ago
Wessel, Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -9 hours ago
Gemsbok... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -9 hours ago
Stil pad Tulbagh toe. Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -9 hours ago

Strydoms in Kruger 2025

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Bespreking is gemaak vir volgende jaar se Kruger vakansie. Die program is;

Berg& Dal 5 tot 11 Mei

Satara       11 tot 17 Mei

Tsendze    17 tot 23 Mei. 

Het gevra vir staanplek 28, 27 en 26 in die vogorde, maar 26 gekry. Het al daar gestaan verlede jaar, baie lekker, maar effe min son.

Sal nader aan tyd weer probeer vir nr 28, met meer son

Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Fri, 16/05/2025 - 16:28

Njalabul ...

... sonder twyfel. Klaarblyklik is die njala die grens vanwaar jy praat van bul/koei of ram/ooi. Na die manlike dier word verwys as 'n bul, maar die vroulike dier is 'n ooi. Groter as njalas is dit bulle en koeie en kleiner as njalas is ramme en ooie

Gehoor dat die grens is van bul/koei ram/ooi ook te doen het met eet. Ram en ooi eet vanaf grond....die gras. En Bul/ koei eet bo....blare en takkies. Maar Njalas eet beide...vanaf grond(gras) en bo(blare)

Help maar as ek dit verkeerd het

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 16/05/2025 - 16:40

...............dankie vir die opdatering van julle suksesvolle (en voltooide) besoek aan Satara.

Nou vir nuus uit Tsendze.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Fri, 16/05/2025 - 19:04

... ek wil nie beterweterig klink nie, maar buffels, elande, rooihartbeeste, blouwildebeeste, swartwitpense, gemsbokke (almal bul/koei) en vele ander is graseters. Daarteenoor is rooibokke (ram en ooi) grootliks blaarvreters.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 16/05/2025 - 20:30

Satara is chaos wat staanplekke en besprekings aanbetref.

Ek stem saam

Daarteenoor is rooibokke (ram en ooi) grootliks blaarvreters. 

Ek verskil. Dis hoekom rooibokke so suksesvol is. Afhangende van die seisoen is hulle blaarvreters of grasvreters. Meeste bokke is een of die ander. Die rooibokke pas aan, en dis hoekom daar so baie van hulle is. 

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Sat, 17/05/2025 - 07:18

Dankie Chris en Chris vir die reghelp....wys jou mens moet ook nie alles glo wat n gids vertel nie. Hierdie kom van n gids wat dit vir ons tydens n roete in Dinokeng vertel het

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 19/05/2025 - 06:24

Middag Chris, staan lekker in koelte op 26. Panele kry son tot  so 15h30. Luiperd in teerpad gekry waar indraai vir Tsendze kampie. Leeus brul ons wakker soggens. Paaie nog rybaar. Groete

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 20/05/2025 - 19:51

.............tyd lê om die draai (Vrydag) en ek hoop jy bring jou agterstellige opdaterings opdatum as jy weer tuis in Brits is.

Gegewe die seinprobleme in Tsendze is ons bereid om te wag tot dan.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 23/05/2025 - 08:29

..............bly dit is die 23ste vandag want Wessel-hulle moet vandag terugry huis toe.  Sy tuiskoms behoort die stilte op die forum te breek.

Al lees jy nie vanoggend hier nie Wessel, vertrou ek julle ry veilig huis toe.

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 24/05/2025 - 17:42

Amper naand vriende, ons het so 14h15 by huis ingesleep. Gister uit Tsendse weg.

Met omdraai by Letaba verby na P.Borwa hek. Lekker oornag in Aventura oord. Vanoggend so 07h15 daar weg, en met Magoebaskloof pad oor na Pietersburg. Wat 'n plesier, heelpad dubbelpad en geen slaggate nie.

Ons het Tendze ongeag die mopaniebosse gate uit geniet!!! Pragtige arende gekry, asook groot troppe buffels, blouwildebeeste en sebras.

Totale afstand uit en tuis was 3270km.

Ek sal van môre af begin fotos laai. 

 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sat, 24/05/2025 - 18:27

... Aventura bestaan natuurlik al jare lank nie meer nie.devil Ek weet jy bedoel Forever Resorts, wat die meerderheid Aventura oorde gekoop het. Net gedog dat ek jou bietjie reghelp.angel

Ons wag vir daardie verslag.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sat, 24/05/2025 - 18:42

Forever Resorts net buite Phalaborwa-hek is darem maar 'n heerlike oornag oord, of jy oppad Wildtuin toe is en of jy, soos Wessel-hulle, terugkeer uit die Wildtuin uit.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sat, 24/05/2025 - 18:50

Ons het ook eenkeer daar oorgestaan voordat ons die wildtuin in is. Omdat dit oor 'n naweek was, moes ek vir 2 aande betaal. Baie netjiese plek gewees.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sat, 24/05/2025 - 19:40

Gister het Rodger fotos gepos op FB van 'n Skopsuil wat op 21 Mei ingevlieg het in 'n toeris se tent en hom daar tuisgemaak.

Oulike gebeurtenis.

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 25/05/2025 - 07:09

....een van die nege wat tans kamp in Tsendze was laag in 'n boom op ons staanplek. Gaan jag elke aand sodra dit donker is, en volgende oggend sit dit maar weer op presies dieselfde plek.

uil

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 25/05/2025 - 11:56

Lekkerste vir laaste, seker maar omdat dit net stil is in die kampie, en alles werk en skoon is. Hartlike dank aan Rodger en sy hulp.

Die wild was beperk tot die volgende roetes, S49 by Mooiplaas suiping. Dan ook die S50 van S49 tot by wegdtaai na S143. Laasgenoemde het nie soveel wild gelewer as S49 en S50, by suipings nie.

Die S142 was grof om te ry, en omtrent geen wild nie. So het ons ook op 'n dag 'n patrollie gery tot by Shingwedzi, en niks gevind nie. Darem 'n oopbek hiena gekry. Ons wou spesifiek gaan kyk na die kamp self.

Ons is effe dik vir die suide deel. Daar is net te veel toeriste trokkies, wat mens verdring en 'n oorlas is. Berg en Dal was oorvol, Satara was oorboordens vol, en Afsaal is raserige kommersiële plek vir toeriste trokkies.

Kyk net die tande wat ek het

tande

Ons het heelwat meer roofvoëls rondom Tsendze gekry, selfs meer as rondom Satara en Timbivati.

arend

Omtrent elke keer wat ons uitgery het, ons geluk gaan probeer by die laagwaterbruggie, op S142. Nooit grootwild gevind nie, die seekoeie, en krokkodille wel. Eenkeer 'n likkewaan langs bruggie in die son gekry.

likkewaan 

Ons het die keer ook op nr 26 gestaan. Die wa het regs op staanplek gestaan, sodat ek die sonkolle ten volle kon benut. O ja, die slaaptent was rondom 12h30 in die koelte. Ek het net weer besef dat son, koelte hier 'n groot deurslag is, met keuse van 'n staanplek. Dit klink of die gemeenskaplike vrieskaste redelik vol is, omdat min staanplekke, en mense geen son het, en nie gerat is om eie vrieskaste te bedryf nie, respektiewelik.   

nr 26

Dan natuurlik is die Tsendze omgwing, soos die HELE Kruger vervuil, oorgeneem deur my aards vyande/dieresoort. 

ollie

  

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 25/05/2025 - 12:06

Gelukkig vertel naas bure ons van die kroonarende se nes op die S50, net 200m na die S143 wegdraai. Die laaste oggend in Tsendze, het ons toe eindelik die paar daar gevind. 

Die twee, seker maar pasgetroud was besig om 'n nes te bou, of 'n oue te herstel. Wat 'n gedoente, elkeen dra[vlieg] 'n stok nader, wat dan in posisie getrap word. Dan word daar gou gepaar, en dan dadelik word stokke gehaal. Sodra dit in plek is, word gepaar. So hou dit aan, wel vir die 40 minute wat ons die twee dopgehou het. Die fotos is nie te waffers, son was aan die verkeerde kant van die boom.

ka1  

ka2

Nogal opvallend dat die mannetjie arend effe kleiner en donkerder is, as die wyfie kroonarend.

Sommer vir die mooi, nog 'n foto van 'n bruin arend.

arend

 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sun, 25/05/2025 - 12:31

Ek sit hier met my kaartboek langs my en kan presies sien waar jy van iets vertel.  Heerlike terugvoer tot dusver.  Ons wag vir die ander twee kampe se terugvoer.

Dis interessant dat al meer van ons forum-maters wat Kruger Wildtuin toe gaan, iewat gatvol raak vir die verskriklike besige suide van die Wildtuin.  As ons weer kan gaan, sal dit beslis nou weer die boonste helfte wees.

As ek so kyk na die verskeie terugvoere waar redelik baie belangstelling in voëls getoon word, kan ek myself skop dat ek nie vroeër in my lewe meer belangstelling gtoon het in die voëllewe van die Wildtuin nie.

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 25/05/2025 - 12:45

Die afgelope vakansie was heerlik, veral as mens sonder enige probleme terug by die huis kom. Boonop as alles tuis ook in orde is.

Sommer so paar stukkies inligting, waarnemings en toekomstige oorwegings .

1] Soos gister genoem, totale afstand gery was 3270km, waarvan ongeveer 1000km na en van die wildtuin was.

2] Totale dieselkoste het op naasteby R6000 gekom. ek moet nog gaan volmaak, laaste ingooi was by Pietersburg.

3] Die 6 aande in B&D was vir ons te lank. Ek sal in die toekoms dit slegs vir 1ste of laaste aand benut. Selfs vir die doel sal ons eerder Malelane kampie oorweeg. B&D is net te vol, en baie staanplekke is moeilik om te benut, sonder "movers. Die kragpunte is ook maar vrot geplaas. Malelane kampe het nou 'n dierehek, dus hoef die beterhelftes nie meer hek oop/toe te maak nie.

4] Satara bestuur sal hulle sokkies moet optrek. Die staanplekke is swak gemerk, kragpunte word oorbenut. Dit blyk dat mense net insluip, en plekke/proppe beset, sonder dat hulle eers bespreek het vir Satara. Ons was BAIE gelukkig om lekker staanplek agter ablusie 1 te kry, met kragpunt 30m vêr.

Daar was selfs persone wat maar op sonder krag plekke gestaan het, maar sonpanele uitgepak het, terwyl hulle vir kragstaanplek bespreek het. Ander het omtrent 100m kabel afgerol na 'n kragpunt toe. Party het maar krag gebedel by bure. 

5] Afsaal het sy aantrekkingskrag vir my verloor. Net te veel toeriste trokkies. Ek is oortuig dat die trokkies van oral net ry tot daar, vir etes. Die drywers het eie tafel[s] op stoep waar hulle omtrent "bedien" word. Ek dink dat hulle gratis kan eet, vir al die klandisie wat hulle aanry.

6] Ek oorweeg dit sterk om volgende jaar 6 aande in Singwedzi te gaan kamp. Alles is daar ook nie te rooskleurig nie. Blykbaar bespreek mense langs die draad, en ander roof dit net. Indien ons soheentoe gaan, sal ek nie eers sukkel met 'n draad bespreking nie. Die binneste staanplekke lyk ook maar swak, of gladnie, afgemerk nie. Dit lyk of mens maar 'n koeltekol soek, en dan lang drade uitrol.

Julle moet maar asb sê wat julle van die kamp en omgewing dink/ervaar. 

7] Tentatief oorweeg ek dus volgende jaar om by Malelane kampie te begin, dan Satara vir 6 aande. Vandaar na Singwedzi vir 6 aande, met 'n enkel aand oorslaap in Letaba dalk, om sprong kleiner te maak.. Dan af na Tsendze, om weer by P.Borwa hek uit te gaan. 

8] Die jaar was Magoebaskloof 'n lieflike pad. Mens trek swaar vir 'n lang ent, met korterige draaie, maar daar was geen slaggat in die pad nie.  

   

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Sun, 25/05/2025 - 13:05

Dankie Wessel vir die verslag en jou opsomming van hoe jy die Kruger belewe het. 

Ons stop al lankal nie meer by Afsaal nie juis oor die opeenhoping daar. 

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 25/05/2025 - 14:44

....jy moet net terug blaai, ek het oor B&D en Satara terugvoer gegee.wink 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus