Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Kort net n bonus punt Springbok rugby Geert -44 minutes ago
Hennie's toe vanaand Springbok rugby Rona du Plessis -3 hours ago
1997 Isuzu November 2026 Goeie Hout -4 hours ago
1997 Isuzu November 2026 Wessel Strydom -5 hours ago
Len... November 2026 Wessel Strydom -6 hours ago
Geert o Geert.... November 2026 Wessel Strydom -6 hours ago

Kenhardt, Sederberge en alles tussenin

Vaalwater, Limpopo
Profile picture for user Josef Willem
Submitted by Josef Willem on
Forums

Op versoek het ek hierdie draad begin en hier praat ons alles, van bal gewig, roetes, awnings en staanplekke, alles in een gesprek dat ek net die gespreklyn kan lees met al die inligting en raad sodat ek nie ver hoef te gaan soek nie.

.

Die dag toe ek die Conqueror gaan hak het, sal ander fotos laai wanneer ek gehak is oppad Noord Kaap toe.

Dullstroom

Rona du Plessis

Thu, 28/11/2024 - 19:28

vir die deel van jou interessante vakansie - hoofsaaklik sonder bespreking, klink dit vir my, en tog vind jy nog elke aand 'n lêplekkie (staanplek). Die pad vanaf Kenhardt wat jy gery het tot uitendelik Sutherland ken ek nie en dit sal gaaf wees om meer te hoor/sien wanneer jy weer tuis is. Veilige rit verder.

0
Vaalwater, Limpopo
Profile picture for user Josef Willem

Josef Willem

Fri, 29/11/2024 - 04:57

So my 5 dae in die Sederberge het tot n einde gekom en ek pak vanoggend op en vat die pad verder af na Ceres,  is daar enige kampeer plekke in en om Ceres wat die moeite werd is en veilig is, wil nie vanaand al op Sutherland wees nie, anders moet ek dalk in Tankwa gaan slaap maar is nie seker oor daai besluit nie.

Hoor graag van julle!

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 29/11/2024 - 05:13

....jy sal moet gogle!! Hopenlik kan Chris S met voorstelle kom.

 

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 29/11/2024 - 08:56

Probeer om by die Oude Molen naby Paarl te gaan oornag. Dan gaan proe jy sommer wyne en kase in omgewing. 

Daar is lekker plekke om wynkundigheid op te bou, Fairview, Simonsig, Delheim, Muratie.

Jy is mos met 'n trokkie daar, dus kan jy lekker swaar rooiwyne saam sleep huistoe.laugh

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 30/11/2024 - 16:10

Ons wil nie hoor van jou gogga medisyne nie. Ons wil hoor hoe hou jy vakansie. Waar het jy 'n holte vir jou kop gekry gisteraand, en is jy nou in Sutherland.

Hoe gedra daai GR Hilux hom, jy moet tog sy olie nagaan.laugh Geniet jy jou boswa???

Weet jy al watter roete jy gaan neem terug Vaalwater toe??

0
Vaalwater, Limpopo
Profile picture for user Josef Willem

Josef Willem

Sat, 30/11/2024 - 18:30

Die vakansie loop stroop glad, het gister aand op Sutherland geslaap en is hier vir 4 nagte.

Tankwa was n belewenis gewees, paaie was mooi gewees tot by die Padstal en so 20 km anderkant dit Sutherland se kant toe, lekker gesleep teen 100 km/ h en toe ek by padstal draai toe kom die spoed ook kwaai af tot 30-40km/ h wereld hier het reën gehad wat baie paaie beskadig het en moes toe maar stadig.

My pad van hier af is Fraserburg, Loxton, Carnarvon, dan Prieska, Douglas, Orania, Vanderkloof dan, koffiefontein, Petrusburg, Bloemfontein, Pretoria en dan huis. So moet alles inpak in 3 dae want moet Vrydag aand anderkant Nylstroom wees vir n troue.

Die baie gedra hom mooi. Teen 100km/h kry ek n gemiddeld van 9.7km/ L, sleep oop paaie in Normal mode en berge en passe in power mode, dink nie dit is te sleg nie, want ek sleep 1.5ton agter my, dalk n bietjie minder want het nou al water gebruik en die diesel Kanne op die neus is leeg.

Ek geniet die vakansie verskriklik baie, my hart verloor in die Sederberge, sal enige tyd daai kant toe trek.

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 30/11/2024 - 19:38

Onthou daar is op Orania 'n woonwapark. Daar is ook nader aan Van der kloofdam 'n lekker stil woonwapark op 'n plaas--- Sandgat. op die oewer van Oranje rivier. 

Ons het van Orania terug, Hopetown, Kimberley om na bloemfontein gesleep. Dit is 'n uitstekende pad, in goeie toestand. Ek het van Orania tot by Aldam gesleep vir oorslaap. Van aldam  tot by Brits is net 375km. Gee jou 'n idee van oorslaap opsies.

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 30/11/2024 - 19:43

JW daar is ook in omgewing van Aldam 'n plek Bundu river lodge met kampeer geriewe. Dit is net verby Aldam se regs afdraai, dan kry jy hulle afdraai na links van die N1 af. 

0
Vaalwater, Limpopo
Profile picture for user Josef Willem

Josef Willem

Mon, 23/12/2024 - 12:41

Nou ja, die ark was behoorlik oop toe ek by die huis kom met werk wat in gekom het en my aandag nodig gehad het en laat aande en min slaap, maar nou is ek amptelik op verlof vir kersfees en kan nou hier n bietjie met julle gesels en terug voering gee oor n onvergeetlike weg breek wat ek onlangs gehad het.

Ek het vertrek uit Nylstroom want het by my ouers oornag, gery tot by Red Sands maar toe waai die wind so erg en dit reen en het toe besluit ek gaan nie in daai weer probeer om my wa op te slaan nie, het toe verby gery tot by Kalahari monate, en het daar gestop 6 uur die middag, 47 grade het my gegroet en dadelik sommer iets kouds uit die yskas gehaal net om vinnig af te koel, daarna het ek die grootste boom gesoek en my wa op gestel en daar vir 4 nagte oornag, dit was regtig n belewenis gewees, die naweek was daar ook n potjie kos kompetisie gewees en die manne van die omgewing was al te gaaf om meer te weet van wie en wat ek is en waar ek vandaan kom, daai mense daar is net n ander klas mens, het lanklaas so klas mens raak geloop, Augrabies loop net net maar ons glo en vertrou dat hy binnekort goed gaan loop met die reen wat so geval het, maar natuurlik moet die Vaaldam eers vol kom.

.

.

.

Ek het toe in Augrabies park in gery na Echo corner toe, kan nie veel se oor dit nie net dat dit die breedste plek in die rivier is en is merkwaardig, maar het Ararat en Oranjekom uitkyk punt baie geniet en nie besef die rivier het sulke rowwe draaie nie, gedink die rivier loop net reguit, moet n belewenis wees om hom in vloed te sien, het juis geld eenkant gesit om te gaan kyk sou daar in die nuwe jaar weer n vloed wees om te gaan kyk.

Met die jaar se vloed wat daar deur is is n gedeelte van die wandel paadjies by augrabies nog nie herstel nie en kan nie kom tot waar die water begin val nie, eers van die tweede uitkyk punt af, wat n jammerte. het ook by Bezalel Winery gestop en n paar bottels wyn gekoop en hulle lewer volgende week af, kan nie wag nie, het ook n paar bottels gekry van die jaar se oes wat nooit weer sal gebeur met die reen en hitte nie en is daar toe n spesiale wyn gemaak, 2100 bottels waarvan ek 9 besit.

 

Van Upington af is ek kenhardt toe, kan nie onthou wie het gese wat soek ek in kenhardt vir 6 nagte nie maar ek het daai 6 aande baie geniet, so het ek in Kenhardt aangekom en toe begin staan plek soek, de oude herberg is verseker nie n opsie nie, daar is nie uitgemerkte staanplekke nie, as jy water soek moet jy die perseel se tuinslang gebruik waar die kraan ver is, geen koelte bome nie, die badkamer was maande laas skoon gemaak en nie juis n mooi badkamer nie al was hy baie vuil gewees, as jy krag nodig het moet hulle vir jou met jou eie verlenings koord krag steel uit een van die chalets uit, nee dankie.

van daar af is ek na die munisipale gronde toe en n hotnot het die badkamer in gerig in sy eie huis, het toe maar besluit om by Kenhardt hotel aan te klop vir n kamer en is toe my meegedeel dat hulle twee staanplekke het vir kampering, het toe onder n groot afdak kamp op geslaan en het my eie private badkamer ook, glo my daai badkamer is n hotbox, jy is natter na n stort as voor n stort van hoe jy daar binne sweet..

.

.

.

So ontmoet n mens ook mense waar jy gaan en kry toe n Louis man se nr in die hande om na sy kokerboom woud te gaan kyk op sy plaas, maar moet eers reel vir die hek sleutel, en het toe sommer gekly om die nag sterre ook af te neem maar die wind het vir my stukkend gewaai bo op die berg.

.

.

.

.

So het ek ook toe besluit om een dag deur te ry na Verneukpan toe en moet se ek sal weer dit gaan doen, natuurlik is daar sowat 20,000 hekke om oop te maak en as jy alleen ry maak ek elke hek oop en toe maar dit was die moeite werd, wat ook hierdie wegbreek die moeitewerd gemaak het was dat ek die hommeltuig/drone saam gevat het en kon baie plekke van naby aanskou sonder om ver te loop.

.

Dit was moker warm gewees.

.

.

.

.

Van Kenhardt af het ek toe Via Calvinia na die Sederberge gery, omtrent so 30 km anderkant Calvinia is daar n grondpad wat links afdraai na Clanwilliam toe, 120 km, dit was n belewenis gewees. so toe aan gekom by Clanwilliam en nou soek ek staan plek net vir n aand want more is dit Sederberge, ek eindig toe op by Clanwilliam dam, NOOIT WEER NIE. teen R284 n nag, die ablusie blok is SUPER VUIL, die riool loop die hele kamp terrein vol, die kleurlinge en ander rasse as dag besoekers het toegang tot die dam van 8 uur die oggend tot 9 uur in die aand maar hulle gaan eers 11 uur in die aand uit, musiek wat bler en kinders wat die hele plek vol hardloop and kom pla by jou staan plek. so het ek toe n staanplek hoog en droog uit gesoek min wetend dat die swart suiker miere my wa gaan oorneem.

Maandag oggend vroeg is ek uit en in die Sederberge in, kom by Algeria, hulle bestaan nie meer nie, die kamp gronde maar het toe by Jamaka uit gekom, elke staanplek het water en krag, badkamers is skoon en netjies, en nie te ver om te loop nie, maak net seker oor die staan plek, kyk waar waar die area groot is en nie n tuit maak nie, wantr die wind is rof in daai plek.

dank die vader daar is nie probleme met Ape en Bobbejane nie, die bestuur het genoem dat so nou en dan kom hulle daar deur maar dan word dit maar uit gehaal, so die ape weet al hulle is nie welkom daar nie.

. 

.

.

.

Lot se vrou, oppad na Stadsaal grotte.

.

.

.

.

Vanaf die Sederberge het ek gery om in Ceres te gaan kamp maar het toe besluit om eerder verder te ry tot by Sutherland en daar n ekstra aand te slaap, beste besluit ooit want Ceres sien my nie gou weer nie, sorry manne van die kaap, niks teen julle nie, net nie vir my nie! eers by die Tankwa Padstal gestop vir bene rek en n Tankwa plaaslike wyntjie gedrink wat n Jagermeister is, heerlik, hoestroop vir die lang pad.

.

.

.

Op Sutherland het ek oornag by Sterland en Jurg en sy vrou het dit vir my baie gemaklik gemaak, die weer was fantasties en was daar by n restaurant gewees met die meeste ou goed wat ek al gesien het.

.

Het een aand sterre gaan kyk saam met Jurg en toe een dag deur gery na die groot teleskoop toe ook SALT..

.

.

Rondom Sutherland het ek baie grondpaaie gery, van hulle was lekker en ander nie so lekker nie, ek het lekker mense gehad wat rondom my gekamp het by Sterland en het goeie vriende ook gemaak. vanaf Sutherland het ek gemik vir Loxton waar ek een aand gelsaap het by Soutpoort, daar is n gebou met warm water, toilet en stort maar geen krag nie, ek het hier gaan kamp net om die wa se vermoee te toets vir offgrid camping en vir die Sterre natuurlik en was dit die moeitewerd gewees.

.

Oppad na Soutpoort het ek op hierdie berge af gekom met die vreemde formasie van klippe, van ver af lyk dit soos bloed of olie wat teen die berg af loop.

.

So het ek weer n grondpad gevat van Sutherland na Loxton, dit was nogals n entjie maar die paaie in daai geweste is beter as ons teerpaaie hier bo in SA, wens daar was n manier hoe om n video te plaas, maar met boswa agterna sleep jy 110km/h met gemak.

. 

Ook hier by Soutpoort is daar n sement dam waar n mens kan afkoel as die hitte jou klaar maak, ek het natuurlik nie geswem nie want toe ek daar was, was die hitte baie gemaklik en die water is nie van swem temperatuur gehalte nie.

So het ek die volgende oggend vroeg opgestaan, die wa op gevou en gehak en toe 7 uur in die pad geval na Vanderkloof dam, van daar is ek Orania toe, baie insiggewende dorp. van Orania vat ek die pad na Bloemfontein om daar iewers te oornag, toe my bakkie Bloemfontein deurry toe se die bakkie laat ons huis toe gaan en draai toe n bietjie sy oor en ry toe huis toe, 1280 km vir die dag met Vanderkloof dam en Orania as pit stops, het ek 10 uur die aand in Vaalwater gestop.

 

Totale kms 5400

Gemiddelde brandstof verbruik 9.7km/l

Totale brandstof kosteR10705

Totale verblyf koste R3184

Gemiddelde brandstof prys R19.23

Totale koste R13889

Neem kennis dat van die 5400 km was 2000Km grondpad gewees.

 

Baie dankie dat julle so geduldig vir my gewag het vir my terugvoering, sou julle graag meer wil weet oor n spesifieke area of roete, voel vry om te vra.

 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 23/12/2024 - 13:00

Welkom terug Josef Willem. Lekker gelees aan jou omswerwinge.

Vertel bietjie meer oor daai vreemde patrone, die 3 fotos met die sirkels patrone.

Enige papwiele op die 2000km grondpad? Hoe lyk waentjie voor, het klippe dit verniel [gespat] of nie.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 23/12/2024 - 13:51

...die volgende dorpe, Ceres, Orania en Van der Kloof. sommer nuuskierig hoe dit vergelyk met my persepsie.

Ek lei af dat jy Sederberge, Sutherland en Kalahari monate geniet het.  

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 23/12/2024 - 14:06

Dis nou ‘n puik reisverslag. Baie dankie! Maak mens sommer lus om self na van die plekke te gaan waar mens nog nie was nie. Ons het darem maar ‘n pragtige land. 

0
Vaalwater, Limpopo
Profile picture for user Josef Willem

Josef Willem

Tue, 24/12/2024 - 08:20

Oom Wessel, ek het iewers op google n foto gesien hoe hulle dit gedoen het maar reg deur die Karoo het ek op die sirkels af gekom, ander areas het hulle sulke half mane gedoen, hulle vat n trekker met n een skaar ploeg,dan trek hulle enige vorm, op verneukpan is dit snaakse lyne en sirkels, dan plant die boere n struik met voedings waarde op die wal van die voor wat hulle getrek het, as dit kom reën dan lê die water in die voor en so kan die struike vir n paar dae langer n bietjie water optrek en groei.

Op die hele 2000 km het ek geen pap wiele gehad nie, dankie tog daarvoor want dit is nie n lekker werk om n wiel te ruil nie.

Die paaie is seep glad en daar is nie veel klippe wat gespat het nie, ja ek het n paar gesien wat op springaar meer kant toe as agter toe, die wa het dalk 1 of 2 klippe gekryaar niks ernstig of om oor te huil nie.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Wed, 25/12/2024 - 22:36

Dit was so lekker om jou hele vertelling te lees - kon net sowel self daar gewees het. Die foto's vertel ook 'n storie... Moet asb, nie so hard werk dat jy nie tyd maak vir 'n volgende toer nielaugh

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus