Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Hennie's toe vanaand Springbok rugby Rona du Plessis -2 hours ago
1997 Isuzu November 2026 Goeie Hout -3 hours ago
1997 Isuzu November 2026 Wessel Strydom -4 hours ago
Len... November 2026 Wessel Strydom -5 hours ago
Geert o Geert.... November 2026 Wessel Strydom -5 hours ago
Goeie hout se Onderrok November 2026 Wessel Strydom -5 hours ago

Kenhardt, Sederberge en alles tussenin

Vaalwater, Limpopo
Profile picture for user Josef Willem
Submitted by Josef Willem on
Forums

Op versoek het ek hierdie draad begin en hier praat ons alles, van bal gewig, roetes, awnings en staanplekke, alles in een gesprek dat ek net die gespreklyn kan lees met al die inligting en raad sodat ek nie ver hoef te gaan soek nie.

.

Die dag toe ek die Conqueror gaan hak het, sal ander fotos laai wanneer ek gehak is oppad Noord Kaap toe.

Brits

Wessel Strydom

Tue, 22/10/2024 - 13:53

Ek het ook op die plek afgekom toe ek na Kromrivier gesoek het. 

O griet, dis wragtag pragtig in die Sederberge omgewing. Ek kry sommer lus en gaan staan September '25 'n aand of 2 by enige van die plekke.

0
Vaalwater, Limpopo
Profile picture for user Josef Willem

Josef Willem

Tue, 22/10/2024 - 13:59

Oom Wessel,

Ja die Comfort het n awning maarhy moet elke keer op geslaan af geslaan word en met kant seile vat dit my ongeveer twee ure om hom heeltemal op te slaan, en vir een persoon alleen kan dit nogals n storie raak, so met die Kanopie, daktent en awning wat ek laasjaar gekoop het vir die enkel kajuit bakkie, het ek alles nog beskikbaar en wil so die Aning op die installeer, dan is dit 5 minute en die Awning is oop en op so bespaar dit n bietjie tyd om meer die natuur in te neem en nie te veel kras woorde te gebruk nielaugh

Ek moet net n bietjie kyk of dit moontlik is om net die kombuis gedeelte op te slaan, dit sal klaar baie help en daai gedeelte is darem nie te moeilik om op te slaan nie, sal my dalk so 30 minute neem, maar die Custom leasure tech awning wat net oop zip, vou oop en hak, is dit voveel makliker en vinniger as om die Canvas afdak oop te vou en met velcro vas te maak en dan tent penne en guy ropes en kante.

0
Vaalwater, Limpopo
Profile picture for user Josef Willem

Josef Willem

Tue, 22/10/2024 - 14:07

So die eerste dag is van Vaalwater tot by Red sands 762km

Red sands tot by Kalahari Monate Upington 261 km of omliggende kampplekke

Kalahari monate tot Kenhardt 128km

van hier af het ek geen idee watse rigting en pad ek gaan vat om Sederberge toe te gaan en dan terug huis toe nie, ek oorweeg dit ook om op Sutherland n draai te maak.

 

 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 22/10/2024 - 15:04

...van Kenhardt af, oor Calvinia na Van rhynsdorp. Dan met N1 na Clanwilliam en Citrusdal omgewing.

Jou sprong van Vaalwater na Red Sands is te groot. die paaie is nie snelweg nie, dus gaan jy nie vinnig kan sleep nie.

Oppas om te veel besoekpunte te wil inwerk, die op en afslaan maak mens klaar.

0
Vaalwater, Limpopo
Profile picture for user Josef Willem

Josef Willem

Wed, 23/10/2024 - 08:18

Oom Wessel, 

Die 3 kere wat ek en ek en my ouers Upington se kant toe gery het, het ons nooit vinniger as 100km/uur gery nie en het die reel van elke 200 km stop ons vir bene rek, al drie kere het ons 7 uur vertrek uit vaalwater en teen 4 uur die middag gestop by Red Sands, het ook al van Upington tot in Vaalwater gery 4 uur die oggend weg en 3 uur de middag in Vaalwater gestop.

Ek moet se ek en my Pa het nie n probleem om vir 12 ure agter n stuurwiel te wees nie, maar ons ry verseker nie in die nag nie, daai is net vir strooi soek. 

Maar ek moet by se as ek onder in die Kaap draai en terug kom, gaan ek verseker ooornag, van Sutherland na Springfontein of dalk nog n bietjie verder en die volgende dag tot by die huis.

Laas jaar Julie het ek 5 uur uit Vaalwater gery en 4 uur die middag toe was ek op Middelburg Kaap, het toe mos daai groot sleepwa vir iemand afgetrek tot onder in mosselbaai, nooit weer nieangry  

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 23/10/2024 - 11:23

....onthou ek gesels sommer saam. Wat ek as groot spronge ervaar, is vir jou 'n katspoegie.

 

Lank gelede was my tyd uit Brits tot in Bellville net 13 ure, deur die nag. Dit sluit alles in langs die pad. My Jetta was toegerus met 100watt gloeilampe in elke lig, die pad was goed verlig.

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 23/10/2024 - 12:02

Is ook naby of deel van Sederberge of nie??

Jy kan op internet gaan loer na Rondeberg kampterrein. Ek het laasjaar daar oorgestaan met ons blommetoer.

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Fri, 25/10/2024 - 07:43

Geniet daai mooi wereld en kamp n hond uit n bos

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 27/10/2024 - 08:07

Jy moet nie nou net weer stilraak nie. A nee a, jy kom prikkel ons met jou beplande toer, en dan woeps ---doodstil.

Hoe vorder die beplanning?? Het jy al duidelikheid oor roetes, oorslaapplekke, en wie saam met jou in "Comfort" gaan toerlaughdevil

0
Vaalwater, Limpopo
Profile picture for user Josef Willem

Josef Willem

Mon, 28/10/2024 - 10:22

Ongelukkig is daar nie veel tyd om nou aan die roete en oorslaap plekke te werk nie, die dat mense nou uit gevind het dat ek n kleinskaalse Laser Graveer en sny besigheid begin het, begin die werk nou in te rol en het ook n troue by gekry om 300 van alles te maak voordat ek vertrek, die naweek is daar ook n boeremark en wil graag van my goed daar gaan uitstal, maar ons sal maar moet kyk.

Die foto bo van my bakkie en wa, vra ek n bietjie raad hoe julle n ekstra awning sal heg aan die wa? Conqueror vra my R15k net vir hulle meganisme, dit sluit nie n awning in nie, nogals hartseer dat mense soms uitgebuit word.

 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 28/10/2024 - 10:42

Josef, jy sal meer info moet gee.

Wil jy die afdak aan watter kant hê, moet dit 'n L vorm wees wat agterkant van wa ook dek.

Watter kant kom daktent se leer grond toe? Is daar 'n deel van daktent wat tot op die grond kom, om aantrekkamer te maak. Watter kant is dit.

 

Ek vra sommer om jou te laat dink. Die handige tegniese manne moet jou maar raad gee. ek is tegnies en gereedskap gestrem, dus moet ek maar sulke dinge laat doen by verskaffers.

 

0
Vaalwater, Limpopo
Profile picture for user Josef Willem

Josef Willem

Mon, 28/10/2024 - 14:07

Oom Wessel, ek vra sommer vroegtydig omverskoning vir die vuil Wa maar die wind waai erg die kant al vir n week en alles is vol stof, ja die awning is n L shape, moet oor die kombuis ook gaan, al wat pla is, ek is nie seker hoe om dit te doen nie, het al gedink om dalk regtangular tubing te vat 25mm x 50mm 2mm dikte en op kante te plaas met n versterking op dak kant, sal dit kan werk?

Sien fotos hieronder.

Awning kom aan regterkant, dak tent fou linker kant toe oop

. Hierdie is voorkant en eerste anker punt

.

Hierdie is op die agterkant waar hy geheg moet word.

.

Het gedink om die tubing so te heg soos die geel wys maar die rooi is waar awning aan geheg word.

 

Dink julle manne dit sal werk?

Het ook daaraan gedink om turn buckle op te sit om te verhoed dat die tubing nie links en regs kan buig nie, net n ekstra anker punt.

Oom Wessel, die sal weer n keer n alleen toer wees, het nog nie n astertjie ontmoet nie!

Hoor graag van julle!!

0
Vaalwater, Limpopo
Profile picture for user Josef Willem

Josef Willem

Mon, 04/11/2024 - 13:15

So die beplanning was om by liefdood kamp terrein te staan maar toe het ek met mense gepraat in die omgewing en die dat dit tot 50 grade word en Liefdood nie krag punte het nie, het ek besluit om eerder n kamp plek te soek met krag, sodat ek die mobiele lugversorger kan saam neem.

Enige voorstelle virkamp plekke in Upington, Keimoes, Kakemas? ek het gekyk na Kalahari Monate maar wil graag dalk ander plekke ook besoek, Kalahari Monate het ek nou ervaar!

Van Kenhardt gaan ek af tot by Vanreynsdorp, ek hoor hulle het n lekker karavaan park, sal dit dan oorweeg en dan in die Sederberge in vir 4 nagte, Sutherland vir twee nagte, Dan Springfontein en dan terug huis toe.

 

Hoor graag van Julle!

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 04/11/2024 - 13:41

Joseg, ek dink om genoemde dorpe is daar baie kampplekke, kyk op internet.

Ek dra net kennis van;

Augrabies NP

Kameeldoring net voor Augrabies

Oranje rus by Upington, tel 082 772 5896 

By Van Rhynsdorp kyk na Letsatsi, Gifberg, 

0
Vaalwater, Limpopo
Profile picture for user Josef Willem

Josef Willem

Mon, 04/11/2024 - 14:07

Ek het al baie gehoor van Gifberg, sal verseker daar n draai maak.

 

0
Kaap

Goeie Hout

Mon, 04/11/2024 - 15:32

Bly weg van Van Rhynsdorp se ZAR karavaan park.  Diefstal.

lesatsi is baie mooi en dan

Kameeldoring by Augrabies.  Bitter mooi.

0
Vaalwater, Limpopo
Profile picture for user Josef Willem

Josef Willem

Mon, 04/11/2024 - 15:47

Baie dankie vir die inligting, ek waardeer dit opreg, Volgende week Vrydag, dalk nou al donderdag vertrek ek hier uit Vaalwater en dan is dit reguit Red Sands toe, eers in Sannieshof stop by Kontrei winkel om n Chips Pie en Gravy te eet, 

0
Vaalwater, Limpopo
Profile picture for user Josef Willem

Josef Willem

Mon, 04/11/2024 - 15:59

Het iemand al by Tkabies of by Oranje rus oord gekampeer en julle gevoel rondom die oorde?

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 04/11/2024 - 16:07

Ons was al ‘n paar keer daar. Die laaste keer was verlede jaar April oppad Kgalagadi toe. Dis ‘n netjiese oord. Ons het nog nie daar kampeer nie, telkens in hutte geslaap. Maar die staanplekke lyk ook netjies en daar is genoeg skadu as ek reg onthou. Dis reg op die Oranjerivier so ent uit Upington uit. 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 04/11/2024 - 16:21

Ons het ook verlede jaar September in Oranje rus gekampeer. Eintlik net 1 aand oorgeslaap. Ons was omtrent alleen, en die ablusie is skoon en alles werk. 

Daar is lekker koeltebome, mens kies jou eie staanplek. Ook baie bekostigbaar.  

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus