Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Water November 2026 Geert -45 minutes ago
Dinokeng C&L November 2026 Wessel Strydom -46 minutes ago
Dinokeng C&L November 2026 Johann L -1 hour ago
Len... November 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
Johann... November 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
Goeie hout... November 2026 Wessel Strydom -10 hours ago

Namibia 2025

Alberton
Profile picture for user ski
Submitted by ski on
Forums

7 waens, 22 mense, 3 Lande en 21 nagte

Brits

Wessel Strydom

Mon, 03/03/2025 - 11:52

....dalk is daar persone wat wil saamgaan. 

Is roete, bestemmings en kampeerplekke  al gefinaliseer. wanneer beoog julle die toer??

0
Alberton
Profile picture for user ski

ski

Mon, 03/03/2025 - 11:54

Ons het 13 Desember 2024 tot 4 January 2025 Suid Africa - Botswana - Namibia- Suid Africa getoer. Ons het April 2023 met neplaning begin. Ons eerste kamp was Kareespruit in Zeerust gewees. Van die mense was 2 aande daar ander net een aand. Dis waar ons bymekaar gekom het vir die toer.

0
Alberton
Profile picture for user ski

ski

Mon, 03/03/2025 - 12:04

15 Desember was ons vroeg op om 6 uur by skilpads hek grens pos te wees. Ons is pynloos binne 1 uur deur altwee grensposte. Niks geluk nie en baie vriendlik. Net deur die grens het ons diesel getap en almal het extra drom diesel vol gemaak want die afstande is very. So 20km van grens het ons oor die bult gekom en deur n sloot gery waar ek skade op my wa gekry het. Kon gelukig toer klaar maak. Ons besteming was Kalahari Rest Camp buite kang. Op die deel van die pad was diesel Redelik beskikbaar. Net voor kang het n trok gerol en ons Moe's deur dik sand ry om verby te gaan. 2 van ons groep het vas gesit en ons Moe's hulle uitsleep. Toe ons hulle uitsleep toe is daar n string Ander mense wat hulp vra.  By die kamp was dit ook dik sand en van die mense het so bietjie gesukel maar ons het almal ingeyrek en lekker gekuier. Kamp het swembad en resturand en die badkamers gebruik n donkey vir warm water. Interest genoeg al die kampe behalwe langstrand het gratis wifi gehad. Ons afstande vir die dag was 424 km

0
Alberton
Profile picture for user ski

ski

Mon, 03/03/2025 - 12:10

16 Desember was ons besteming East Gate Rest Camp net deur die Buitepos grenspos tussen Botswana en Namibia. Hier was niks diesel beskikbaar tussennbkang en die grenspos en die extra diesel het handing te pas gekom. Afstande vir die dag was 363 km. Die pad is mooi maar daar is baie diere Lang's en op die pad so men's ry maar mooilik. Die grenspos was Mal. Ons het amper 3 ure gevat om deur te kom. Die kamp was net 500 m anderkant die grens en was baie mooi en skoon. Ons het almal die aand gaan eet by die restaurant en hulle kos was baie goed.

0
Alberton
Profile picture for user ski

ski

Mon, 03/03/2025 - 12:18

Van hier af het ons gemik na Arrubush in Windhoek vir 2 dae. Die afstande vir die deel van die roete was 316km. Soos allis in Namibia was die pad goed en mooi skoon. Ons was 2 keer gestop by pad blokades om paperwork en lesensies te check. Op die eerste een Moe's Leon sy light bar verwyder. Ons het in gobabis gestop vir sim kaarte en verder rustig gery tot in Windhoek. Die kamp is groot baie skoon. Ons het by Joe Beer house gaan kuier en die dorp verken.  2 dae het verby gevlieg.

0
Alberton
Profile picture for user ski

ski

Mon, 03/03/2025 - 12:28

19 Desember vroeg pad aangepak na Langstrand. Afstande vir die dag was 390km. Ons het gestop vir ontbyt in okahandja en ook vir biltong en dan by die gems market anderkant usakos. Daar het ons die waens af gehak en die 40km gery om spitzkop te gaan kyk. Defnitief die mooite werd. Ons was so by 2 uur in Langstrand waar ons die volgende 7 nagte sou Bly.

0
Alberton
Profile picture for user ski

ski

Mon, 03/03/2025 - 12:32

Die 7 nagte in Langstrand was te min. Beplannom weer te gaan maar dan net in Langstrand te kuier. Het saam my neef gekuier wat ek 17 jaar laas gesien het en baie rond gekoop.

0
Alberton
Profile picture for user ski

ski

Mon, 03/03/2025 - 12:40

Op ons laaste dag in Langstrand is ons woestyn toe met die 4x4's. Ongelooflik as jy so om jou kyk en jy sien net sand. Lekker vas gesit lekker gelag en lekker gekuier. Wat n manier om ons verblyf in Langstrand mee af te sluit.

0
Alberton
Profile picture for user ski

ski

Mon, 03/03/2025 - 12:46

Van Lang srand af weer terug Windhoek toe vir een aand. Lekker sundowner gehad by my neef by sy huis in die wildreservaat. Volgende stop was Koha in Mariental. Stunning plek met lekker skoon badkamers en swembad.

0
Alberton
Profile picture for user ski

ski

Mon, 03/03/2025 - 12:59

Van Grunau het ons vertrek na springbok vir een aand. Ons is by Vioolsdrif grenspos deur en was minder as 30 min vir Alby kante. Terug in SA en baie Sommer baie meer vol gate en diesel ook somer weer duur. Ons het een nag rustig gekuier in springbok

0
Alberton
Profile picture for user ski

ski

Mon, 03/03/2025 - 13:06

Van springbok af is ons oranjerus toe op kanon eiland vir 3 nagte. Het gaan kyk hoe lyk Augrabies die waterwiel in keimoes. Ons laaste aand was in vryburg en toe huis toe.

4658 km gesleep

5900 km in total

Verblyf was R8200 vir 2 mense

Diesel was so om en by R15000

Sal ek dit weer doen? Reeds besig met beplaning vir volgende trip

0
Alberton
Profile picture for user ski

ski

Mon, 03/03/2025 - 13:08

Wessel ons kyk na Desember 2026. Hoof besteming Langstrand. Wil 4 dae Opry en 4 dae terug ry. Sal seker so 21 dae wees. Ons het net die oppervlakte gekrapnvan wat jy in swakop, Langstrand en Walvis area kan doen

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 03/03/2025 - 13:41

...dankie man, nou het ek lekkerrrr getoer. Sommer so paar algemene vrae;

1] Is Desember maande nie baie warm daar nie?

2] as ek kyk na sleepvoertuie, is 4x4 nie 'n vereiste nie. 

2] dit lyk ook of padwaens in die meerderheid was.

0
Alberton
Profile picture for user ski

ski

Mon, 03/03/2025 - 17:54

Wessel ek het n 4*2 SUV. Ons het een Offroad wa en een gravel roader in groep gehad res was padwaens. Hang af waar jy wil gaan. Ons het orals teerpad gery.

Weer is swakopmund is gemiddeld 21c in desember maande met niks wind. Windhoek  en binneland is warm, maar dis ons vakansie tyd so ons doen wat ons moet

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 04/03/2025 - 08:14

Baie dankie vir die ordentlike reisverslag met lekker vertellinge en foto’s. Nou het my dag sommer bakgat begin. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus