Goeie more
Ek het so pas op hierdie webwerf afgekom, in my soektog om meer inligting en advies te kry oor die "Meerkat - Hunters Rest" stretcher.
Word dit toegelaat op die webwerf?
Indien wel, sal ek enige inligting waardeer.
Baie dankie
Dawie Fourie 0832679617
Meerkat Stretcher
Wessel
Jong ek is tegnologies gestremd (Agtergeblewene) Hoop ek reply nou reg.
Baie dankie, ja daar is nou so baie gemors op die internet beskikbaar dat dit vir my belangrik is om "Gebruikskennis" te kry by ervare mense. So n tipe van n "Review" soos wat verbruikers dit by die items self doen.
Groete
Dawie
Meerkat produkte
Ek het nou nie n Meerkat Stretcher nie, maar wel van hul stoele en trolley. Hul produkte is van baie goeie gehalte.....so ek glo hulle strerchers sal dieselfde wees. Ek weet nie waar jy bly nie, maar daar is n vertoonlokaal/winkel in Centurion op Denel se gronde. Gaan loer gerus daar....dan kan jy self die kwaliteit voel





Dawie
Welkom by die forum, nou sal jy moet saam gesels oor kampering en verwante lekker onderwerpe.
Ek het gou meerkat-stretcher op internet gesoek, en baie info tot pryse gekry.
Wil jy weet of jy die verskaffer en produknaan hier mag noem, ek dink so. OF, wil jy weet wie het gebruikskennis van die produk??