Ek bedink nog 'n toer vir volgende jaar. Daar is nou 'n reeks wat Sondae op kanaal 148 , Kyknet lekker, uitgesaai word. Die afgelope Sondag het die ou deur die Prins Alfred pas gestap, en dit lyk ongelooflik mooi daar.
Nou vra ek eerder. as om Gorrel/google te raadpleeg;
1] wie het al 'n woonwa deur die pas met die R339 gesleep? Sal mens dit met gewone 4x2 Hilux kan doen?
2] Ek wonder of mens die ongeveer 250km van Uitsig in Baviaanskloof, via Uniondale, deur die pas, Knysna tot by Eb & Flow met 4x2 Hilux en boswa in 4 tot 5 ure sal kan baasraak.
Chris S....
....dankie. Opvallend hoe gou verander die fokus van daardie gesprekslyn, na Swartbergpas.
Ek het nog bietjie gesoek op Gorrel, en teenstrydige berigte/insette gevind. Die meeste noem dat woonwaens verbode is, ander weer dat sleepsels nie aan te bevele is nie.
Provinsiale verkeer
Kontak hulle kantoor naaste aan die pas. Hulle behoort die regte wetlike status te kan voorsien. Die AA kan dalk help met padtoestand maar dit kan oornag verander met die soort reën wat SA deesdae kry.
Goeie inligting
Net na my vorige plasing dink ek aan die SA Mountain passes webwerf. Hulle het gewoonlik goeie inligting. Gaan lees gerus wat hulle oor die pas sê.
Chris S....
....goeie idee om provinsiale verkeer te vra.
Ek het na die videos gekyk, dit is ongelooflik mooi deur die pas.
Die paa was op my agterdeur…
Die pas was op my agterdeur in Knysna, en het dit bitter baie gery. Dit het nie naastenby die draaie en afgronde van die Swartbergpas of Baviaans nie.
As dit reen, is dit seepglad in die woud gedeelte, en trap lelike gate uit deur die een ding om voor op te pas, bosboutrokke. Hulle gebruik die pad met tye, en trap dit vrot. Tydgewys is dit ewe lank om George om Knysna toe te ry vanaf Uniondale as deur die pas.
Wat ek wil byvoeg is dat dit…
Wat ek wil byvoeg is dat dit net soos die Swartbergpas, Baviaanskloof en dan die Prins Alfred pas lekker ry en geniet roetes is,... sonder ń wa.
Soos die Montagu pas voor George is pragtig, net met 4 wiele, dn vanaf George is daar die 7 passe wat gery kan word tot op Knysna. Ook maar beter met net 4 wiele.
Passe ry.
Wat lekker kan werk as jy al die pragtige passe wil ry, wil ek voorstel jy boek in by Keurbooms vir hoe lank ook al.
Dan ry jy bloukranspas, die ou roete PE se kant toe. By Natures Valley is ń deel toe, maar ek dink jy moet navraag doen, of om ry. Dit is ń ongelooflike mooi stuk pad. Maklil vir ń dag.
Volgende vanaf Keurbooms, ry jy Wittedrift toe, en van daar deur die Prins Alfred pas tot op Uniondale of verder tot by begin van Baviaans, slaap daar oor. Kom terug Keurbooms toe. 2 dae, een oorslaap.
Bolgende. Ry weer Wittedrift toe reguit aan, maar daar voor draai jy links Knysna se kant toe. By Diepwalle bosboustasie regs met "Kom se pad" en deur pragtige woud tot by Knysna. Moet nie Kom se pad verby ry nie, dit is woud op sy beste. Die is ń maklike dag trip.
Volgende gaan jy Knysna toe, en net deur die dorp, oor die Lagoon, kry jy die "Wit brug" daar draai jy regs, en ry op die Phantom pas en al die 6 ander tot in George. Puik stuk om te ry, en doen dit in ń dag.
Ons het destyds maklik vir ń dag van Knysna tot in Prins Albert en terug gery. Ek dink so 8 uur sal stoppe en eet insluit. Of ry tot in George, doen die Motagu pas, ry met die Swartberg en gaan slaap een aand in die hel. Volgende dag Prins Albert toe vir brekfis en dan terug Keurbooms toe via de Rust, deur die mooi Meiringspoort.
Lekker beplan.
Skoonpa se familie het lank…
Skoonpa se familie het lank in Wittedrift gewoon, Skoonpa se oudste broer (Oom Georgie Blignault) was dekades lank die Wittedrift skool se onder-hoof, hy en sy vrou lê ook in Wittedrift se klein kerkhof begrawe...ons was seker 10 jaar terug daar gewees. Wessel, toe ek en vroulief nog jonger was en heelwat familie in die omtrek gewoon het, het ons ook gereeld Prins Alfred pas gery van Uniondale se kant af tot Wittedrift. Dit met gemak gedoen met 'n 5-reeks BMW met 'n gelaaide Venter gehaak. Die pas is oor die algemeen nie te rof nie, behalwe soos Neef opmerk as dit reën, dan bly mens eerder weg en ry maar ompad. Probleem is dat dit partymaal in die pas reën maar nie op Uniondale of Wittedrift nie...groot verassing as mens skielik 'n glibberige pad ervaar in die pas. As mens een van die boere in die pas ken kan mens vooraf bel om te hoor of die pas gangbaar is..
George is daar die 7 passe…
George is daar die 7 passe wat gery kan word tot op Knysna. Ook maar beter met net 4 wiele.
Het ook daai pad gery so 4 jaar terug.
Baine se boustyl
Ek lees die week in my soeke na raad oor die Prins Alfred pas, die volgende interessante stukkie info raak. Ek moet dit egter weer gaan probeer vind, om meer aandagtig te lees. Die stelling wat gemaak word, is;
die klipmure aan die afgrond kant is met 'n helling van 15grade na binne gepak/gebou. Dit het tot gevolg dat daardie mure, met al die vul materiaal om die pad te vorm en kompaktering, tot vandag nog staan, sonder dat die mure ingetuimel het.
Het dit gevind in;
4x4afrika.com/2021/07/27/Prince Alfred's Pass in Western Cape





woonwaens verbode
nou net 'n artikel gevind op Gorrel, woonwaens word verbied om dit te gebruik.
Dit het op die program relatief mak en begaanbaar voorgekom. Pad het lekker breed gelyk, en nie te steil op/af, met haarnaald draaie nie.,
Ai tog, nou verder dink en beplan. Dalk kyk wie kan mens bel om eerste handse advies te kry.