Nou dat ons 'n paar vrinne het wat sopas in Kruger Wildtuin begin kamp het, het dit my laat wonder hoe struktureer jy 'n so 'n vakansie ? Ek weet natuulik party ouens hou nie van bure te naby aan jou nie, ander vang altyd 'n middagslapie, nog 'n klompie ry van oopmaak tyd tot sluitingstyd. Dan is daar die klompie wat wraggies nog wasgoed met die hand was in wildkyk-tyd, ook daardie ouens wat eerder by restaurante eet as om 'n gesellige braai-vuurtjie.
Maar ons weet almal daar is nie 'n reg of verkeerd nie, almal doen die Wildtuin ding op sy eie manier.
Ek wonder ook hoe beplan ander hulle wildsoek program as hulle wel so 'n program het. Het jy 'n rooster wanneer watter paaie gery gaan word of is dit maar 'n "mag dit troffe" wees ?
Het jy 'n spesifieke reël om fotos te neem en neem jy met jou selfoon of met 'n kamera ? Wat maak jy met al die fotos ?
Hou jy daarvan om piekniek-plekke te besoek ? Slaan jy daar ietsie te ete saam of neem jy voorbereide kos soontoe ? Of verkies jy om iets te ete daar te koop ?
Hou jy daarvan om besienswaardighede in die Wildtuin te besoek of hou jy liewer verby ?
Daar is seker nog 'n lang lys van hoe ander kampmaters doen-dinge doen. Laat weet gerus hoe verkies jy moet jou Wildtuin-vakansie verloop.





Groen trokkies
Hulle is baie in Skukuza en suid daarvan, maar oor die algemeen pla hulle my nie veel nie.. Skukuza het spesiaal n afgebakende plek met eet bankies vir hierdie trokkies se gaste voor teen die rivier. Ek vermy afsaal meer oor die feit dat die plek onaantreklik en kos buitesporig duur is, maar is seker geprys omdat hul weet daar kom hordes mense met ponde en dollars kuier. Die meerderheid van die wildsbesigtingings trokke se mense kom vir my bedagsaam voort....al n paar keer gehad dat hulle bietjie skuif dat beide partye goeie sig het oor sightining kry. Daar is egoiste, maar is in minderheid, publiek het ook egoiste.
Hier in Pretoria irriteer taxis ook, maar ek troos my daaraan dat dit beter is dat een ou met 20 passasiers saam met hom swak ry as wat al 20 passasiers met sy eie kar daar sou rondrits