Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Foto van ablusieblok Kgalagadi Oktober 2026 Goeie Hout -24 minutes ago
Augrabies Kgalagadi Oktober 2026 Goeie Hout -28 minutes ago
Augrabies Kgalagadi Oktober 2026 Geert -36 minutes ago
Canyon... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -45 minutes ago
Augrabies - 20 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -2 hours ago
Lig my laphoedjie.... 2025 Wonderland 45 Wessel Strydom -14 hours ago

Oesterbaai

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Het iemand al by Oesterbaai naby Kaap St Francis gaan kampeer.

Dit lyk na 'n baie netjiese oord. Volgens vriende met 'n  strandhuis daar, is dit aan te bevele. Netjies met geboude mure begrens.

Die grondpad van 0ngeveer 28km vanaf Humansdorp is heelbegaanbaar. Mens kan ook eers na Kaap St Francis ry, dan wegdraai na Oesterbaai om die grond gedeelte te verkort na ongeveer 18km.

Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 26/12/2025 - 15:08

Dié karavaanpark was etlike jare gelede onder die Top Oorde van Caravan & Outdoor Life - toe dié tydskrif nog die jaarlikse indeks aangebied het. Kan jy dink dat Kroonpark pal onder die Top 5 was en selfs een jaar as die Top Oord aangewys is. En nou??

Gaan kyk maar weer by CPC se "resort gradings". Slegs 4 individue het Oesterbaai al resenseer. Dit lyk nie te vrot nie. Julle ouens met die boswaens kan die gruispad aandurf. Ek sal dit nie durf waag met my waentjie nie.

Ek het jare gelede in daardie omgewing gery en die "dorpie" nogal mooi gevind.

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 26/12/2025 - 15:49

Ek sal daar gaan loer, vir Oyster bay.

Ek soek na 'n plek waar ons so 2 aande kan vertoef, waarna die pad via PE na Bergkwagga NP minder as 500km is. 

Ek het al gedink om byvoorbeeld van, sê maar Keurbooms, aan te skuif na die Ooste kant van Baviaans. Daar is egter allerhande waarskuwings op die Sanparke blad oor roetes in daardie geweste, na Addo toe. Dit wil voorkom of dit veiliger, en ook so aanbeveel word, om eerder op N10 te bly. 

Dalk moet ek my olifante bollie los, en sommer 'n aand of 2 tog by Addo oornag. 

Gelukkig nog baie tyd om beplanning te voltooi.    

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus