Chris ek sien jy hou ook van lekker koffie. Gebruik jy n Moca pot ? As dit is sal ek graag wil weet watter een. Dankie. Maurits
Filterkoffie
As ons by die huis is, drink ons net filterkoffie. Koop by P&P die produk Gala ala Carte. Die rooipak vir "strong".
Tydens kampering drink ons ook maar Nescafe Classic.
Ek drink ook te veel koffie, maar mag nie meer suiker ingooi nie. ek moet my suikervlak konstant monitor en suiker inname beperk![]()
Suikerloos
Ek drink my koffie en tee ook al vir baie jare sonder suiker of enige versoeter. Dit was vir my makliker om koffie "bitter te leer drink as tee. Die geringste bietjie soetigheid by koffie of tee proe vir my deesdae laf.
Toe ek nog by koöperasie-silo's gekom het, is daar baie keer gevra of ek wil koffie of tee drink. As jy nie spesifiek sê dat jy sonder suiker verkies nie, word daar soms sommer outomaties twee teelepels suiker bygevoeg en klaar geroer - "want almal drink dit so". Dan het ek darem swaar gesluk.
Terloops Maurits ...
... ek sien dat Takealot bied 'n verskeidenheid van Moca Potte aan.
Moerkoffie
Daar is maar net iets omtrent 'n lekker koppie boeretroos soos my ouma dit gemaak het, en ek ook nog toe ons net getroud is. Die geur van koffie wat heeldag op haar koolstoof gestaan en prut het het mens altyd welkom laat voel wanneer jy by hulle plaashuis ingestap het.
Terwyl ons nog gewerk het was ons te besig en uithuisig hiervoor, daarom dat kitskoffie vir Daan en swart rooibostee vir my die "normaal" geword het. Tyd dat dit 'n einde kry. Ek sien so 'n week of wat gelede op Maroela Media se aanlynwinkel (die koöperasie) 'n katoen koffiesak te koop. Oupa Wessel se koffiesak nogals. Ek moet gou 'n paar bestel voordat dit van die mark verdwyn. My koffieketel is êrens - tyd vir afstof.
Rona...
....jy moet gou spring as jy daai besonderse sak wil aanskaf, dalk is daar net een.![]()
Anders moet jy maar die Singer nadertrek, en ou uitgediende stuk katoen lap verwerk na 'n koffiesak, met 'n binddraad kraag bo. Dit word "ge size" volgens die koffiekan/ketel.
Kampkoffie is plunger koffie…
Kampkoffie is plunger koffie Dark roast. So sterk die lepel roes sodra jy dit uithaal na jy klaar geroer het. Natuurlik sonder suiker. Tuis het ons ń fensie masjien wat maal en in die koppie voorsit. Hy kom klaar met so ryk skuimpie op. Van die koffie is dit een soggens en een met middagete. Vat jy twee na mekaar, voel jy soos ñ rot wat gif I gekry het. So effe bewerig.![]()
Lekker koffie bly lekker…
Lekker koffie bly lekker. Ons hou van medium gerooster want Nellie soek hom nie so sterk nie en te sterk is nie goed vir my niere nie. Ons gebruik die kamp perkuleerder in die karavaan. Ek gaan probeer foto laai.
Daar gebeur dit toe ook so. Kook hom op die gas stoffie vir so 'n rukkie, ryk en lekker





Maurits ...
... nee, ek gebruik 'n klein "plunger" - net genoeg vir een beker koffie op 'n keer. Die antie hou nog by haar Nescafé Classic. Maar die "plunger" werk oortyd tussen opstaantyd en wanneer ek my koerant op Netwerk24 klaar gelees het. Ek wonder of ek nie té veel koffie drink nie.
En ek het intussen Spar se "in-house brand" " dark roasted Espresso" ontdek. Is dit nou vrek lekker!! Maar "dark roasted" is waarskynlik nie in almal se smaak nie.