Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
13 Oktober - nm Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -9 hours ago
Lapskag dit is foto's wat ek… Uitsig Agri Voortrekker -19 hours ago
Baie mooi fotos Anton,… Uitsig Agri Lapskag -19 hours ago
Johann en lede.  Ek het die… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -23 hours ago
Johann ek was nou juis besig… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -1 day ago
Chris B Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -1 day ago

Kuier in Montagu

Jeffreys baai
Submitted by Lapskag on
Forums

Nou chip ek in tussen al die ander kampeerder, ons kry ook n beurt. Ons beplan om nou Mei maand in Montagu te gaan kamp en om lekker te gaan rus. Die laaste 18 maande was rof hier by ons met geen kampe nie, daarom nou my beurt. Gaan sommer die 30 dae bejaarde opsie vat. Gaan maak soos ChrisB, gaan niks doen nie en as ek moeg word sommer net slaap en weer niks doen. Dit sal my die eerste paar dae besig hou. Sal dan iets anders soek om saam met niks te doen.

 

Dullstroom

Rona du Plessis

Mon, 04/05/2026 - 20:47

vir die deel van mooi foto's. Daardie geweste bly maar pragtig. Winter en herfs (soos nou) wanneer die reënseisoen begin was altyd vir my die lekkerste tyd in die "Kaap". Ook saans se kaggelvuur-en-rooiwyn-tyd, ai! Van rooiwyn gepraat - ons grootste bederf is om 'n draai by Springfield te maak en 'n paar bottels Whole Berry Cabernet Sauvignon aan te skaf. Ja, dit is hier rond ook beskikbaar (miskien ook goedkoper), maar dis nie dieselfde nie....

Geniet julle tyd daar - die maand het skaars begin!

0
Pretoria

Geert

Mon, 04/05/2026 - 21:12

Klink of jul reeds lekker kuier. Jou ontbyt lyk ook topklas. Ek hou van jou braaipan....koop mens hom so, of is dit spesiaal gemaak? 

Jy vertel van die mooi berge om die oord....wil jy nie n foto of 2 plaas van oord nie...klink na pragplek

0
Jeffreys baai

Lapskag

Tue, 05/05/2026 - 07:56

Hi Geert, daai pan is op die Cadac hot wheel form gegiet en 'n alimunium rant opgesit. Ek dink jy kan dit nog by Richards baai foundary bestel sonder die rant. Ek sal van die oord fotos plaas, dit is vir ons heel rustig nou dat die klomp naweek angers uit is.

 

0
Pretoria

Geert

Tue, 05/05/2026 - 09:28

Sjoe...lyk pragtig....dankie vir foto's. As ek ooit weer in daai rigting kom, sal ek oord onthou.

0
Pretoria

Geert

Tue, 05/05/2026 - 16:27

Wow...dis mooi...dit lyk definitief na my tipe oord. Beslis op my "to do list" , maar is seker nog in die baie verre toekoms

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 05/05/2026 - 17:49

..................ons ken die oord goed en is ook beïndruk met die netheid van alles. Dit was lekker om weer herinner te word van alles in die oord deur middel van jou fotos.

Baie mense kla oor die styfheid en minder-vriendelikheid van die eienaars en personeel, maar ons het dit nog nooit so ervaar tydens verskeie besoeke aan die oord nie.

0
Jeffreys baai

Lapskag

Tue, 05/05/2026 - 19:52

Ek stem saam met Len, die plek is skoon netjies en my opinie van stywe personeel is maar om discipline te handhaaf en by die reëls te hou, anders kan dit n goor sirkus plek raak.

 

0
Sedgefield

Jan Meyer

Wed, 06/05/2026 - 05:45

Met ons laaste besoek in die oord was hulle besig om die groot onderdak swembad se glasdeure te verwyder. Sien nou op die foto dat hulle dit met stene toegebou het. Altyd besig om geld te spandeer en die oord mooi en netjies te hou. 

Die bestuur van  die oord is streng maar dit het ons nie gepla nie. 

 

0
Jeffreys baai

Lapskag

Thu, 07/05/2026 - 19:53

Vandag was nog reënerig gewees en redelik stil. Ons het so kort draai gemak bby Montagu kelders en so n soete aangeskaf. Ons het besoek afgelê by die "pastry shop" en lekkernye daar gekop. Terug by die oord kry ons die nuus om binne die volgende 2 dae na die hoër staanplekke te trek. Hulle verwag baie water in die spruit volgende week en n moontlikheid van oorstrooming van die onderste vlak. Nou ja, môre oggend na ontbyt is dit dan die groot trek upstairs.

 

0
Kaap

Goeie Hout

Fri, 08/05/2026 - 07:42

Hallo Johan.

Ai dis jammer om te trek maar eerder veilig as groot skade.  

Bly julle geniet die Muskadellikie.

Het jy baie om op te slaan.

0
Jeffreys baai

Lapskag

Fri, 08/05/2026 - 08:25

Die trek proses is okay vir ons om na veiligheid te skuiwe, net n paar los goedjies en die groot tent, glo dit sal gou gaan. Ons huidige staanplek is lekker stil en oor die pad van ablusie blok. Die nuwe bo deel is 'n bietjie meer bedrywig en ablusie' n bietjie verder. Die ooste kant se berg uitsig is baie mooi maar die Suid weste kant se berg is dan agter die bome. 

0
Pretoria

Geert

Fri, 08/05/2026 - 08:50

Miskien before en after fotos neem van rivier.....ons wat nie rivier ken nie, sal dit goeie idee gee hoe dit gestyg het. 

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Sat, 09/05/2026 - 16:42

Lapskag, dit klink goed. Julle kamp steeds en het nog nie begin oppak om huiswaarts te keer nie. Kan mens op die nuwe staanplek waarheen julle moes skuif ook lekker NIKSDOEN?

0
Jeffreys baai

Lapskag

Sat, 09/05/2026 - 20:47

Hi Rona, daai niksdoen is no 1 prioriteit hier by die staanplek ook. Wat wel hier by gekom het is makou poep en 'n bietjie meer son. Hier bo is die makoue en ganse amper lastig en hulle poep vrot hoor. As die weer die volgende 3 dae slegter word soos voorspel, gaan daai niksdoen weer kook water wees. Vandag so' n bietjie gery en nog koekies gekoop vir daai niksdoen tydperk. 

0
Kaap

Goeie Hout

Sat, 09/05/2026 - 21:25

Hallo Johan.  Vannaand pot gemaak met jou toestelle.  Ai dit werk net so lekker.

Geniet julle tyd in Montagu.  Kon  jy darem Bonnievale toe gaan.  Ek het getrou in daardien kerk...  so doen so 40 omwentelings want ek is 40 jaar getroud volgende jaar.  Wessel vra jy moet 80 omwentelings doen.  klink my hy is 80 jaar getroud.  Grappie

0
Kaap

Goeie Hout

Sat, 09/05/2026 - 21:26

lapskag, jou foto van swembad.  Is daai n warm swembad,...

0
Jeffreys baai

Lapskag

Sun, 10/05/2026 - 08:39

Hi Goeie Hout, hier is 2 binne baddens met warm water en dan het hulle ook 2 buite baddens. Op die stadium gebruik die kampeerders die warm baddens nogal baie. Ek sal foto gaan neem van die boonste vlak se bad ook. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus