Op versoek van Goeie hout begin ek die gesprek vir hom.
Hy soek raad oor 'n teerpad wat Williston en Sutherland verbind.
Voorloppige toer
Hallo almal.
Hier is die voorlopige toer program. Navigator moet dit finaal afteken. Ons gaan in April dit doen.
| Dag | Dag | Vanaf | Na |
| 1 | Donderdag | Goodwood | Marcus Kraal (geepos) |
| 2 | Vrydag | Marcus Kraal (geepos) | Strandfontein |
| 3 | Saterdag | Strandfontein | Strandfontein |
| 4 | Sondag | Strandfontein | Williston 0834566527 |
| 5 | Maandag | Williston 0834566527 | Kambro (Lekker Slaap) |
| 6 | Dinsdag | Kambro (Lekker Slaap) | Camdeboo |
| 7 | Woensdag | Camdeboo | Camdeboo |
| 8 | Donderdag | Camdeboo | Addo |
| 9 | Vrydag | Addo | Addo |
| 10 | Saterdag | Addo | Addo |
| 11 | Sondag | Addo | Addo |
| 12 | Maandag | Addo | Storms rivier |
| 13 | Dinsdag | Storms rivier | Storms rivier |
| 14 | Woensdag | Storms rivier | Storms rivier |
| 15 | Donderdag | Storms rivier | Victoria Baai |
| 16 | Vrydag | Victoria Baai | Victoria Baai |
| 17 | Saterdag | Victoria Baai | Victoria Baai |
| 18 | Sondag | Victoria Baai | Bontebok |
| 19 | Maandag | Bontebok | Huis |
Bergkwagga
Goeie hout
Ek sal jou baie sterk aanraai om Camdeboo net as 'n 1 aand oorslaap te gebruik, behalwe as julle gaande is oor museums.
Ruim eerder tyd in om Bergkwagga toe te gaan by Cradock. Dan is julle sommer op regte pad na Addo.
Bergkwagga
Dankie Wessel. Die kamp terrein is 30 kilos weg van teerpad. 10kilos is grondpad. Is daardie grondpad ok vir Fleetline.
Groete
Goeie hout...
...onthou vir 'n lusmaker, gaan lees weer my toerverslag;
Strydoms se Sanparke toer, bladsye 6 tot 10.
Ek het daardie stukkie grondpad baie goed gevind daai jaar. Daar was ook baie padwaens in die kamp. Soos Chris B egter noem in die gesprek, mens kan die pad ook in swakker toestand aantref.
Aangesien dit net 10km is, sal ek dit waag met 'n padwa. Ek sal net my spoed aanpas by die heersende padtoestand. Dis elkgeval binne die park, so jy mag maar stadig [20km/hr] sleep
Wessel Strydom
Dankie Wessel. Ek het gaan loer. Gaan Berg Kwagga defnitied oorweeg. N mens kan seker ook die wiele biekie afblaas van karavaan vir n minder skud gevoel. Wat se die geleerde manne.
Lekker naweek almal.
Bergkwagga en pap wiele
Goeie hout, jy kan seker die wa se wiele effe afblaas, om veilig te speel. Jy moet tog met vertrek na Addo deur Cradock ry, waar jy weer kan oppomp. Van die hek af tot in dorp is 'n katspoegie.
Hoe hard pomp jy normaalweg die wa se bande?? Ek sal eerder stadig ry op grond, eerder as om met papper bande die sywalle aan klippe bloot te stel. dit is nou as die bande nie versterkte sywalle het nie, soos party bakkie-bande.
Bergkwagga en pap wiele
Ok, dankie Wessel. Sal eerder stadiger ry.
Ek pomp hulle 3 bar.
Vallei van Verlatenheid
Daar is baie museums, en natuurlik die Vallei van Verlatenheid. As julle hou van natuurskoon, moet julle soheentoe gaan.
Lekker beplan
Lekker toer
Lyk na lekker toer. Ek was nog net op 3 van die plekke op jul beplande reis, so ek kan nie veel ervaring en voorstelle hier deel nie. Addo het ons baie geniet...dit het vir ons n wildtuin gevoel gegee, maar net mooier versorgd. Ek lees op die ander forum van iemand wat nou daar was dat hul besig is om die pad vanaf Paterson na Addo oor te doen....so hul maak reg vir jou besoek
.
Stormsrivier het in ons harte gekruip....net jammer dis so ver vir ons. Ons geniet dit net om so te sit en na die see te staar.....veral as see so onstuimig raak
Een van ons lekkerste kampe was Victoria baai. Die uitsig was vir ons baie spesiaal. Ek dink die feit dat ons geen wind daar ervaar het vir die 7 dae nie, het dit ekstra lekker gemaak. Mis daai gesellige strandjie met die restaurant. Op watter gedeelte gaan julle kampeer daar?....daar is 3x areas....die een met privaat ablusies het die mooiste uitsig.
Geniet die beplanning
Lekker toer
Geert, toe ek nou lees toe kom die vraag op, watter terras moet ek vra.
Western Terrace, Railway Terrace of Sea-Breeze Terrace.
Ek weet nie watter een. So jy kan dalk help. Ons neig na private ablusie blok.
Dankie vir die hulp.
Wessel Strydom
Ek weet net van 1 museum. Watter ander is daar wat jy kan voorstel.
Graaff Reinett...
...het 2 of 3 strate vol museums. Jy begin by ene en kry 'n inligtingsblaadjie met al die info.
Ek kan nie meer die verskillende museums se name onthou nie.
Graaff Reinett...
Briljant. Dankie. Die naam het ook verander.....
Graaff Reinett...
Goeie hout, gaan na die inligtingsburo en kry brosjures en ander info daar.
Dit is in die straat wat na die kerk toe gaan, seker die hoofstraat.





Goeie hout...
....jy soek wors in hondehok. Ek kon nie teer verbinding kry met Google maps nie. Jy het al tevore die pad gesoek