Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Snert Ertjie Sop! - Hester Kruis Geert -10 minutes ago
My jonger suster ... Ertjie Sop! - Hester Kruis Chris Boucher -37 minutes ago
Vegetaries Ertjie Sop! - Hester Kruis neef Herman -51 minutes ago
Angola Oktober 2026 saam gesels neef Herman -1 hour ago
Die 'probeer' werd Ertjie Sop! - Hester Kruis Rona du Plessis -1 hour ago
Prys van diesel Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago

Maurits in Kruger 2025

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Maurits, ek begin sommer namens jou die gasprek. Dan is alles mooi bymekaar.

Hou ons ophoogte met fotos en insette van julle toer.

Veilig reis, en geniet

 

Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 30/04/2025 - 16:32

Maurits het 'n klompie foto's van hul oornagplek (Waschbank) gestuur.

Maurits

Maurits

Maurits

Maurits

Maurits

Maurits

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 30/04/2025 - 17:29

Sjoe dis pragtig daar. Daai laaste foto maak my bang!!!! Die magtige Oranje draai darem net te naby aan daardie staanplek.

Marie sê, daar is geen manier hoe ons op daardie staanplek sal oornag nie. Eerder in Aventura Gariep, bokant van damwal.

0
Sandbaai

maurits

Wed, 30/04/2025 - 18:19

Wessel Steenbokkie is omtrent 7 km uit. 800m is Karoo grondpad, kliphard en geen probleem nie. Ek stem saam dat Karoo park is n besondere park,  maar ek en Martie probeer sover ons kan nuwe plekke besoek. Steenbokkie kos R300 per nag en ek beveel dit regtig aan . Vergeet van die Oranje, hierdie plek is die moeitie werd. Ek sal more nog inligting plaas

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 30/04/2025 - 19:34

...jy moet tog jou reisprogram op hierdie gesprek plaas. Ek kan nie onthou waar jy jou datums geplaas het nie.

Ons kuier tog te lekker saam, en julle moet veilig toer. 

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 30/04/2025 - 19:40

Steenbokkie gaan dus goedkoper wees as KarooNP. 

Ek betaal gemiddeld per nag R280 in September'25, maar daar was 40% korting tersprake, vir sommige dae in daardie periode..

0
Sandbaai

maurits

Thu, 01/05/2025 - 08:48

Steenbokkie is n goeie kamp vir een of twee nagte oorstaan. Die ablusie is nie op dieselfde standaard as Karoo park nie, maar regtig niks om te klae nie. Lekker staanplek met braaidromme en onder bome. Maurits

0
Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 01/05/2025 - 09:35

Maurits het nog 'n klompie foto's gestuur. Hy kan self kommentaar lewer. Ek onthou dat Lapskag ook vol lof vir Waschbank was toe hulle destyds van Bloemfontein af daar oorgebly het vir hul "deelname" aan die Herfsblaar-saamtrek in Karoo Nas Park.

Maurits

Maurits

Maurits

Maurits

Maurits

Maurits

0
Sandbaai

maurits

Thu, 01/05/2025 - 09:48

Dankie Chris. Ons vertrek more hiervan en dan 5 Mei  in die wildtuin in. Ek gaan Chris laat rus want ek dink julle ken Kroonstad en Middelburg waar ons voor die tyd gaan oornag. Waschbank is n plek wat ek kan aanbeveel. Lieflike restourant waar jy ontbyt of aandete kan geniet. Kamer verblyf of n lodge is beskikbaar. Hulle het n spesiale ontbyt vir Chris

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 01/05/2025 - 12:32

...ek weet nie waar jy in Kroonstad gaan oorbly nie, maar dalk moet jy eerder by Weltevrede naby Parys gaan doedoe.

Ek is onder die indruk dat mens Kroonpark moet vermy, en dis nog langnaweek ook.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 01/05/2025 - 13:12

...onthou ons klok ook 5 Mei DV by Berg&Dal in. 

Net dalk sien ons mekaar op N4, maar ek twyfel. Ons trek so rondom 8h00 uit Brits, en dan ongeveer 2 ure later is ons eers in Middelburg omgewing.

Dan volg 'n noodsaaklike stop by Milly's om Grompie se pens vol te maak, en myne met 'n lekker toebroodjie en koffie te troos. 

0
Jeffreys baai

Lapskag

Thu, 01/05/2025 - 21:27

Washbank is 'n lekker klein en redelik stil oord. Daar was so 10 staanplekke asook die Lodge op 'n plaas geleë met gemengde boerdery en ook aartappels. Dit is net die 1 of 2 staanplekke wat baie laag was met al die ander so effens hoër, maar wel veilig volgens my. Regtig 'n plekkie om te besoek om rustig, stil te wees en niks te doen nie. 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 05/05/2025 - 18:44

... stuur vandag vir my die volgende twee foto's aan van sy kosmaak "skills" by Afsaal vanoggend. Ek kan nie wag vir sy lekker "brunch" hier in Krokodilbrug nie. Kyk net daai erns op die gesig om nie vroulief se kos te verbrand nie.

Maurits

Maar dit lyk of Martie heel ingenome is met die brekfis wat die sjef vir haar voorgesit het.

Maurits

0
Sandbaai

maurits

Thu, 08/05/2025 - 21:04

Vandag baie lekker dag gehad met onder andere my kwota renosters ook. Lekker galjoen gebraai met Wessel wat kom inloer. Hy het amper n stukkie geproe . Ek sal vir Chris vra om n foto te plaas Ek gaan dit binnekort self aanleer. Maurits

0
Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 09/05/2025 - 07:51

Maurits

Ek is bly dat ek nie die enigste een is wat as simpel gebrandmerk word omdat ek vis braai in die wildtuin nie. 

Mooi so Maurits. Ons Kaapse visliefhebbers kan mos maar ons ding doen.

0
Jeffreys baai

Lapskag

Fri, 09/05/2025 - 10:10

In watter boek staan dit dat jy nie mag vis braai in die bosveld nie, party mense braai dan net rooivleis by die see. Gaan groot en geniet daai vissie

0
Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 10/05/2025 - 12:58

Maurits stuur gisteraand vir my die onderstaande foto.

Maurits

Dit is van 'n jong katjie wat saans, terwyl hulle braai, op hul grondnet met die toue kom speel het. Hulle het hom na die kantoor geneem en daar word vermoed dit is 'n kruising tussen 'n mak kat en 'n vaalboskat.

Ons het tydens ons 7-nagte verblyf in Karoo Nas Park besoek gehad van 'n swart en wit huiskat en gewonder hoe dié daar gekom het.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus