Terwyl ons in Roemenië was het my seun ons ingelig dat hul vriende nie meer die vakansie na Eiland Spa kan meemaak nie. Die vriende se staanplek was op my naam bespreek omdat hulle ATKV-lidmaatskap nie op daardie stadium betaal was nie. Die gedagte was om die bespreking later op die vriende se naam oor te dra. Laasgenoemde het egter die volle besprekingsfooi betaal. Pappa se arm is toe gedraai (hy het mos maar 'n rubberarm) om saam te gaan.
'n Voorwaarde was dat hy (seun) moes reëlings tref om my karavaan te laat diens. Ek laat diens die "Ou Lady" elke keer voor ons langpad vat - dit gee my maar net 'n bietjie gemoedsrus. Dit is vandag hier by my huis gedoen voordat ons Sondag in die pad val.


Môre word 'n paar inkopies gedoen en Saterdag moet die inpakwerk afgehandel word vir Sondag se beplande wegtrek om 08:00.
En natuurlik ook ...
... Jan Meyer - hoe kan ek van hom vergeet het. Lekker saamgekuier in Karoo Nas Park en 'n klompie maande gelede by hom gaan koffie drink in Sedgefield.
Só sal die ou kop seker nog ander ook onthou.
22 Julie
Paul Mulder het darem 3 van die 4 jagluiperds vir ons vasgebind op die S56. Dit was die verste noord in die wildtuin wat ons nog ooit jagluiperds gesien het.
Maar afgesien van dié 3 katte het ons die suksesvolste dag vanjaar in die wildtuin ervaar wat algemene wild aanbetref. My rekordbladsye is volgeskryf.
Môre is ons laaste voldag hier in Shingwedzi. Ons beplan om môre-oggend na Red Rocks (dalk selfs Tshanga) te ry. Omdat ons minimale afslaanwerk het en Vrydag slegs tot Phalaborwa ry, beplan ons om eers Vrydagoggend af te slaan.
Intussen geniet ons elke oomblik in Shingwedzi. Ek sit tans hier langs die Smokey Joe en gooi net-nou varknek-tjops en Joey's op die kole. Hier sit ek nog met kortbroek en kortmou-hemp. Ek geniet tans nog die fantastiese Laeveld-weer, terwyl ek my staal vir die koue wat van Dinsdag af voorlê in die Vrystaat en Karoo. My seun-hulle is Maandagoggend weg by Aldam teen -3°C. En dan natuurlik ook nog Augustus en September by die huis in die Boland. Die een wat vir my wil vertel dat 1 September is Lentedag in die Kaap, weet nie waarvan hy praat nie. Oktober is lente in die Kaap, ja - maar waaragtig nie September nie.
Lekker in die Wildtuin
Ons het Suid Mopanie toe gery vandag.
Ń leeu wyfie gesien langs die pad loop. Seeker vir 3km. Ook vir Chris Boucher langs die pad verby gesteek.
Geniet julle aand.
Chris verby gesteek op die pad
Paul, dit wil nogal gedoen wees - al gehoor dat Chris so 90 km/h ry
Maak net 'n grap - dit is grootpad-spoed. In die Wildtuin sal 'n flinke stapper hom moontlik laat stof ruik.
Phalaborwa vanaand?
Hoop julle pad het voorspoedig verloop. As ek dit reg het skuif jy môre Klein Kariba toe. Mooi ry, en laat weet asb. hoe julle vorder.
Yip - Phalaborwa
Drink net gou koffie voordat ons begin inpak. Gelukkig het ons darem die heeldag tyd om rustig tot daar te ry en dalk selfs nog 'n ontbyt by Mopani se tydelike restaurant te geniet. Dit sal lekker wees as die H14 al oop is - net ter wille van 'n ander pad. Andersins is dit maar weer Letaba om.
Lekker gesels
Ons het weer lekker met Chris B en Ralie vanogend gesels terwyl hulle op pak. Veilig ry. Tot weer sien groete.
Letaba brug op H14
Ek sien 'n berig dat die brug op 22 Julie oopgestel was. Jy kon dit seker ry vanoggend, of nie.??
H14
Die H14 is steeds gesluit. Moes dus noodgedwonge Letaba omry. Behalwe vir baie kameelperde en Wessel se "favourites", het ons weinig gesien. Maar dit bly 'n absolute voorreg om in die wildtuin te kuier.
Ons beleef 'n Tsendze-aand in Phalaborwa - geen elektrisiteit. Die oord se kragopwekker word blykbaar 19:00 aangeskakel. Maar - steeds kuier ons lekker.
Phalaborwa Safaripark
Eerstens was ek verstom om te sien hoeveel lankstaan-kampeerders in hierdie oord is. Ek reken dit is 'n puik oord. Die staanplekke, alhoewel gruis, is lekker gelyk en ruim. Die ablusiegeriewe is netjies en die tarief is baie billik.
Gelukkig het Phalaborwa se elektrisiteit net voor 19:00 weer aangekom. Mensig - het ons nou 'n onaangename "rump steak" vanaand gebraai. Paul Mulder het vanoggend aanbeveel dat ons by Bushveld Terrace, bykans regoor Phalaborwa Safari Park, gaan eet. Maar nee - slimmie besluit toe op 'n vakuum-verpakte, rypgemaakte "rump steak" van die plaaslike Spar. Ons koop die wonderlikste soortgelyke snitte by ons plaaslike Spar in Kleinmond. Met dié een wat ons vanaand by Phalaborwa Spar gekoop het kan jy selfs oorweeg om jou voertuig se bande mee oor te trek - dalk taaier as rubber.
Vir 4 aande het ons, behalwe vir skopuiltjies, geen naggeluid gehoor nie. Maar vanaand het die hiënas, net anderkant die wildtuin se grensdraad vir ons 'n meester-"show" opgesit. Ek het dit nog nooit in enige wildtuinkamp beleef soos vanaand nie.
Môre wag Magoebaskloof vir die nuwe 2.4 Hilux - op pad na Klein-Kariba.
Magoebaskloof en Hilux
Middag Chris, probeer in outomaties met power knop. As dit lol, ry hom handrat en hou omwenteling tussen 2000 en 2500. Jy sal sien, ons ry bulperde. ![]()
Veilig aangekom?
Sien Wessel gee raad, maar in 'n koerant het ek 'n ander berig gelees.....Vreemde Vlieënde Voorwerp (UFO) sighting in Magoebaskloof. So wonder ek maar net?? Vermoed daardie Hilux het soos stroop daar deur geloop.





En o ja ...
... vir Maurits ook. En vir Servaas ken ek van sy bankdae in Kleinmond af - alhoewel nog nooit mekaar raakgekamp nie.
Ek daai ou wat nou weggeraak het (ek hoop dit is net tydelik) - Wildehont, sal ek darem ook graag in persoon wil ontmoet. Ek mis hom vir sy sinvolle insette.