Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Len?? Verskoning Rona du Plessis -11 minutes ago
Een dood Oktober 2026 saam gesels Johann L -40 minutes ago
Geelvis Padlangs deur die RSA - Dis… Wessel Strydom -55 minutes ago
Sterkte Len.    Ek moet ook… Verskoning Voortrekker -1 hour ago
Laat die Internasionale… Help met kamp beddens en… Voortrekker -1 hour ago
Braai broodjie debat Kgalagadi Oktober 2026 Geert -1 hour ago

Die onverwagte (onbeplande) Boucher-reis

Kleinmond
Submitted by Chris Boucher on
Forums

Terwyl ons in Roemenië was het my seun ons ingelig dat hul vriende nie meer die vakansie na Eiland Spa kan meemaak nie. Die vriende se staanplek was op my naam bespreek omdat hulle ATKV-lidmaatskap nie op daardie stadium betaal was nie. Die gedagte was om die bespreking later op die vriende se naam oor te dra. Laasgenoemde het egter die volle besprekingsfooi betaal. Pappa se arm is toe gedraai (hy het mos maar 'n rubberarm) om saam te gaan.

'n Voorwaarde was dat hy (seun) moes reëlings tref om my karavaan te laat diens. Ek laat diens die "Ou Lady" elke keer voor ons langpad vat - dit gee my maar net 'n bietjie gemoedsrus. Dit is vandag hier by my huis gedoen voordat ons Sondag in die pad val.

Eiland

Eiland

Môre word 'n paar inkopies gedoen en Saterdag moet die inpakwerk afgehandel word vir Sondag se beplande wegtrek om 08:00.

Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 13/07/2026 - 14:53

Toe Ralie nog betrokke was in my seun se besigheids-admin, het ons ook menige keer Mopani toe gery van Tsendze af sodat sy op haar laptop kon werk.

Boeta is glad nie beïndruk met Tsendze se omgewing nie. Hy is, veral na die afgelope naweek se kuier in die noorde, 'n ou vir die suide (lees: "Berg-&-Dal"). Dit sal maar altyd hulle gunstelingkamp wees.

Nietemin - ons kon lekker vuurmaak. Daar is 10 sakke hout in Gravelotte gekoop. En het ons nie vuur gemaak nie.

Eiland

Saterdagoggend het ons die Mphongolo rivierpad tot Babalala geneem. Dit was die eerste keer dat ek die Mhongolorivier sien loop het. Die omgewing langs hierdie roete bly vir my een van die mooistes in die wildtuin. Die natuurskoon het dubbel en dwars opgemaak vir die gebrek aan wildbesigting.

Die klomp Bouchers het die stout skoene aangetrek - ons het 2 bottels vonkelwyn saamgeneem vir 'n lekker "champagne breakfast", ten spyte van die feit dat geen alkoholiese drank by piekniekplekke toegelaat word nie. Dat enkele "mense" wat hulle soos skarmunkels gedra, daartoe gelei het dat verantwoordelike mense ook aan bande gelê word.

Eiland

Eiland

Die "bossiekop outjie" is die seun van die vriende wat oorspronklik die vakansie saam met my seun hulle sou meemaak.

Eiland

Alhoewel dit nie op die foto's so voorkom nie, was Babalala omtrent 'n miernes van bedrywigheid toe ons daar aankom. Nevermaaind beskikbare tafels en gasbraaiers toe ons daar aankom, het ook gesukkel om parkeerplek te kry. Nogtans het ons as familie lekker saamgekuier. Die oorspronklike plan was om weer met die S56 terug te keer, maar het ter wille van tyd besluit om met die teerpad terug te ry. Want boeta het besluit om ons met 'n Sunset Drive te trakteer wat reeds om 16:30 sou vertrek.

Word vervolg.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 13/07/2026 - 15:07

Ek het nog al die jare, sedert ek met 'n karavaan in die wildtuin kamp, 'n beleid dat ek nie meer as 125 km in die wildtuin tussen kampe/hekke sleep nie. Met dié dat die H14 steeds gesluit is, moet jy vanaf Phalaborwa noodwendig via Letaba na Shingwedzi ry. En dít maak dat dit 'n lang dag op die pad is wat in beginsel weier om vinniger as 30 kpu te sleep (genoeg voorheen daarvan op dié forum gesê oor die redes vir my besluit). Daarom het ek Saterdagoggend by Shingwedzi Ontvangs my eerste aand verander na Letaba (noudat laasgenoemde se kampeerterrein geopen het). M.a.w. ons bly nou een aand in Letaba en die volgende 4 in Shingwedzi. Die res van ons reisplan bly onveranderd - 1 aand by Forever Phalaborwa Safari Park, 3 aande by Klein-Kariba en dan nog drie keer se oorslaap op pad terug huistoe.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 13/07/2026 - 15:28

....is rerig nie waffers nie. Omdat dit weinig verander na S.wedzi toe, sien ek nie kans om die 2 kampe in een vakansie te benut nie. 

Dit is dan die rede waarom die hoofstad, Skukuza nou deel van ons kamplys is.  

Hopenlik is die H14 volgende jaar Mei oop. Omdat ons egter met die huiswaarts keer, by P.borwa Safari Park oorslaap, is ek vanaf Tsendze nie gejaag vir tyd nie, en sleep maklik Letaba om. 

0
Pretoria

Geert

Mon, 13/07/2026 - 17:43

Julle het nie vir Rodger raakgery nie???

Hoop nie so nie....wie gaan dan na die kamp omsien?

Skuus...moes netlaugh

0
Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 13/07/2026 - 17:51

Ek het voorheen nog net een keer 'n nagrit in die wildtuin onderneem - 'n hoogs suksesvolle rit by Talamati. Daardie aand het ons 'n trop leeus gesien wat weerskante van die voertuig saam met ons geloop het. Ons het o.a. ook 'n renoster en wildehonde gesien. Maar ek het nog nooit weer die begeerte gehad om so-iets te doen nie.

Boeta het egter besluit om ons almal vir 'n Sunset Drive te skiet. Dit het om 16:30 vertrek en 19:30 teruggekeer. Ons het 'n baie aangename gids/bestuurder, Noddy, gehad - wat baie interessante en insiggewende inligting oor sommige plante met ons gedeel het. Maar met die uitsondering van twee muskeljaatkatte het ons byna "sweet blue all" gesien.

Ons het egter 'n pragtige sonsondergang beleef.

Eiland

Eiland

Eiland

Die feit dat ons eers 19:30 in die kamp aangekom het, het beteken dat daar eers laat vuur aangesteek is - en gevolglik baie laat geëet is.

0
Kaap

Goeie Hout

Mon, 13/07/2026 - 18:25

Ai dit is nou lekker.  Daardie brekkies in oom Paul se tuin.  Ek het weer oom kasteel Light in n STANLEY gegooi dan weet niemand nie.

Ek haal sommer nou my Cobb uit en slaan n brekkie aan.  Maar dan gaan navigator my n KOPP klap.

Geniet dit en dankie dat jy deel.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 14/07/2026 - 07:45

Ons is Sondagoggend net na 08:00 weg uit Shingwedzi. Weereens het ons 'n swak wildbesigtigings-dag beleef. Met die uitsondering van 'n groot trop buffels by Rhidonda langs die H9, was wild maar skaars. 

Na 'n piepie- en diesel-opvulstop by Mopani, is ons vort tot Letaba. Ek stem saam met Geert - die dagbesoekers-geriewe by Mopani is netjies. Ons het ook al in die verlede daarvan gebruik gemaak.

Met die restaurant wat tans nog gesluit is in Letaba, is daar 'n tydelike fasiliteit wat vars roosterkoeke en koffie bedien. Ek kan dit regtig aanbeveel. Ons het 'n roosterkoek (in my geval met gebakte eier, spek en kaas) en koffie vir "brunch" geniet. Ons is net na 14:00 uit by Phalaborwahek.

Ons was nogals beïndruk met die hout wat ons in Gravelotte gekoop het en het eers weer daar by die houtverkopers stilgehou vir nog 20 sakkies hout (R15 per sakkie vir mopanie en R20 per sakkie vir die harder hout). 16:00 was ons terug by ons karavane hier by Eiland Spa, waar ons nog enkele lui-lekker dae oor het voordat ons eerskomende Sondag hiervandaan vertrek - my seun-hulle huistoe en ek en Ralie eers vir nog 5 aande wildtuin toe.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 14/07/2026 - 08:09

...ek toets sommer soms om te kyk wie lees met aandag insette. Vol punte vir joulaugh

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 14/07/2026 - 08:13

Chris, jy moet nou uitgeslape wees, begin kamp afbreek terwyl daai kleinseun en sy maat se hulp byderhand is. 

Dis dan styf sit in jou seun se Hilux, 3 volwassenes agter, is sekerlik effe knap. Arme kleindogter moet seker maar in die middel sit.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 14/07/2026 - 11:10

... alweer somer in die middel van die winter langs Eiland se swembad.

Eiland

Eiland

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 14/07/2026 - 15:07

....Merino gradering vir my. Dis om voete warm te hou en winterstone teen te werk.

Ons begin op 3C in oggend, dan styg dit so na 21C teen 15h00.

Ons gaan seker maar soggens koudkry  die laaste week van Julie,  in Manyane

0
Kaap

Goeie Hout

Tue, 14/07/2026 - 20:13

Hier is n winkel hier naby my groot dorp.  Hulle maak OSKAVA SLIPPERS.

Pappie hulle is warm....

Was vandag 7 by ons tot so 12.  BBBBBRRRRR

En Chris B kan swem...

0
Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 15/07/2026 - 13:24

Ons het sedert ons aankoms by Eiland nog net die lekkerste weer ondervind. Maar vandag is soos 'n snikhete dag wanneer ons tuis is in Kleinmond. Dit is ons eerste "aircon"-dag.

Gisteraand het ons weereens (maar darem die laaste keer vir 2026) die bosveldlug vervuil met 'n visreuk toe ons galjoen gebraai het. Ek het nog een galjoen in my kampvrieskas, maar ek belowe om dit nie volgende week in die wildtuin te braai nie.

Eiland

0
Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 16/07/2026 - 22:01

Ek sukkel net om vanaand foto's te plaas - die sein is baie swak.

Maar weereens het ons (inteendeel - nog steeds) om 'n lekker vuur gesit. Spar se hoender-espetadas was vanaand op die spyskaart - skou-gehalte.

Eiland

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Fri, 17/07/2026 - 12:33

(klein goedjies) begin waarskynlik al vandag. As ek so op die ander drade lees klink dit asof die wildtuin-koors hoog loop - mens kan mos ook net sóveel galjoen eet laugh - ek spot sommer, is eintlik jaloers. Geniet die laaste tydjie by Eiland.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 17/07/2026 - 13:14

Ja Rona - ek het reeds vanoggend 'n paar dingetjies bymekaar gesit. Maar ons kuier nog rustig hier by die swembad vandag.

Eiland

Voor môre se grootskaalse oppakkery wil ons nog eers môre-oggend 'n laaste stap inwerk langs die Letabarivier. En mammie sê ek moet eers môre by die barbier uitkom. Sy is nou keelvol vir dié "tramp" wat saam met haar kuier.

Eiland

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Fri, 17/07/2026 - 13:34

Jy sal moet verduidelik Chris. Is dit wat met mens gebeur as jy 'n eilandbewoner word vir so lank, of is daar 'n spesiale resep? Daan sal graag wil weet.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 17/07/2026 - 14:12

... sê net vir Daan dat hy 'n foto vir Chat GPT moet verskaf en vra dat die App vir hom lang hare en 'n volbaard moet gee - dan lyk hy soos die hooligan op my foto.

Nee - die ouman lyk darem nie só nie. Ek het wel op 21 Junie laas geskeer en lyk maar nét soos hieronder. Maar mammie laaik dit nie.

Eiland

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus