Goeie more uit n nul grade Graaff Reinette.
Tenspyte van die koue buite het ons lekker warm geslaap. En moenie die stilte vergeet nie.
Die ontvangs by JESA was ook warm en uiters vriendelik.
Om op te som sou ek se 10 uit 10.
Hierdie plekkie op die PE pad sowat vier kilos uit Graaff.R by Adendorp is n uitstekende oornag kampplek. Karavaan staan onder skadunet. n Sleutel vir jou eie badkamer is n extra bonus. Hier buite sien ek n braaier. So as jy wil langer staan kan jy jy maar braai ook.
n Besoek aan die uitkykpunt na die vallei van verlatenheid moet sekerlik beskou word as die kersie op die koek.
Oky oky , net nie nou nie. Kom doen dit in warmder weer. Volgens eienaar / bestuurder is hulle nogal besig gedurende April / Desember. Maak voorsiening vir bespreking.
Fotos volg.. want nou is ons aan die regmaak om verder te ry ... Plett toe
Freda, vra Johan moet julle…
Freda, vra Johan moet julle more help kamp skuif, dan gaan plak julle weer daar waar julle rivier uitsig het??
Jammer, ek het hierdie ding om so bietjie humor in te gooi as ek 'n gap sien.
Johan, (Oom Jeep) julle moet die kamp geniet.
Dankie Oom Jeep! EK sien…
Dankie Oom Jeep! EK sien uit na die foto's!
Verskoon my
Verskoon my net 'n oomblik asseblief, ek gaan net gou pilletjies drink vir 'n seer skewe nek. Ek is nou-nou weer terg !
seer skewe nek
Wat nogal help om die nek pyne te verhoed, as jy op rekenaar is,regs-kliek op foto en kies "View image". Het nog nie op slimfoon probeer nie want jy kan hom mos draai.












Julle moet veilig ry Johan. …
Julle moet veilig ry Johan. Ons sien julle later vandag.