Wat is die algemene gevoel in die verbsnd?
Normaal gesêls mens mos maar oor enige onderwerp, en dit verander soos tyd aan gaan.
Ek wil graag die algemene gevoel rondom die "kaping" toets, vir my is dit nie belangrik as iemand my gesprek "weg praat" nie, ander voel weer dit is onvanpas.
Een van die redes waarom ek graag uit sluitsel sal wil kry, is omdat ek nie 'n konflik mens is nie en wil nie graag iemand te na kom nie, bv. Daar was 'n gesprek deur Tora begin wat handel oor sy netjiese metode van goed by mekaar hou, ek praat saam, maar brei so uit, dat ek half voel, ek "steel die kalk lig" en dit is werklik nie die bedoeling nie, al is hou dit verband met die gesprek, en is dus nie kaping in die ware sin van die woord nie.
Sal julle insette baie waardeur om hier jul gevoel uit te spreek, so kan mens mos vorentoe weet wat is die meerderheids gevoel.
VOORTREKKER: Dan is daar ook die 3de party, die buitestaander wat op google n onderwerp gesoek het en graag daaroor wil lees. Wanneer drade so erg gekaap word moet die leser partykeer deur bladsye van "off topic" insette filter om hopelik weer iets te kan lees en leer oor die oorspronlike onderwerp.
So al raak die gesels en afdwaal lekker binne in die groepm kan dit n frustrasie word vir die buitestaander.
FREDA: Ek voel ook soos Johann maar verstaan ook wat Voortrekker sê. Dit pla my nie as 'n draad in 'n mate, of tydelik, gekaap word nie. Dikwels hou dit nog steeds verband met die topic maar dan word daar kommentare op gelewer wat dikwels die hele topic vervander. Die meeste van die tyd is daar weer iemand wat terugkom na die oorspronklike onderwerp. Dit is so dat 'n onderwerp jou kan laat dink aan iets wat jy graag wil sê, miskien is dit dan beter om jou eie draad daaroor te begin. Maar om dit nou 'n saak van lewe en dood te maak, is darem ook nie nodig nie
LEN LOADER:
Ek sien hierdie as 'n geselsforum met die klem op gesels. Wanneer twee mense of 'n groep in lewende lywe gesels, word die onderwerp tog nie afgebaken deur reëls om kort-kort te toets of die gesprek nog by die heel eerste kommentaar is nie. Gesels is mos gesels en die een ding lei tot 'n ander. Ook niks fout met iemand wat die gesprek terugbring as daar nog iets van belang daaroor is nie.
Wat 3de partye wat via Google op 'n forum-onderwerp afkom betref, ons hoef seker nie vir hulle te "cater" nie, ons gesels mos tot voordeel van die forumlede.
Dus, my motto is "gesels in 'n lekker ontspanne atmosfeer" en bogger die res !
ARIE: Ek hoor wat Voorie se, maar dis mos lekker om net natuurlik te gesels? In enige gesprek draai die onderwerp mos maar soos wat die gesprek vorder.
HARRY DU RANDT:
Arie het geskryf:
Ek hoor wat Voorie se, maar dis mos lekker om net natuurlik te gesels? In enige gesprek draai die onderwerp mos maar soos wat die gesprek vorder.
Stem saam.
Soms loop n draad half dood en dan slaan hy n nuwe rigting in
ARIE:
Harry Du Randt het geskryf:
Arie het geskryf:Ek hoor wat Voorie se, maar dis mos lekker om net natuurlik te gesels? In enige gesprek draai die onderwerp mos maar soos wat die gesprek vorder.
Stem saam.
Soms loop n draad half dood en dan slaan hy n nuwe rigting in
Ek maak ook so, sodra ek voel ek begin vrek, gaan ek in n nuwe rigting.




