Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Foto van ablusieblok Kgalagadi Oktober 2026 Goeie Hout -2 hours ago
Augrabies Kgalagadi Oktober 2026 Goeie Hout -2 hours ago
Augrabies Kgalagadi Oktober 2026 Geert -2 hours ago
Canyon... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
Augrabies - 20 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -4 hours ago
Lig my laphoedjie.... 2025 Wonderland 45 Wessel Strydom -17 hours ago

Walletjies laan saam braai

Waar my wa staan
Submitted by Arie on
Forums

Ons staan al vir 'n paar jaar op die selfde plek hier in Richards Baai.

So half weggesteekte plek uit die wind en bo die vloed lyn, hier is net 5 staanplekke almal lekker groot en seker so 50 m van die pad af.

Vir die eerste keer wat ek kan onthou is al 5 plekke geneem die jaar, gewoonlik is dit net ek en my groot [in gees maar veral in vlees] vriend Roelf wat hier staan, hy op die een punt en ek op die ander punt. Die 5 plekke is almal op so effense wal en omdat Roelf 'n Kaaskop  [ek is 'n Nederlander, maar hy is sommer 'n plein Hollander] praat ons maar altyd van die walletjies laan.

Ons twee [O/K 4 as jy die vrouens by tel] braai gereeld saam,maar ons het nou besluit ons hou more aand 'n braai vir die hele Walletjies laan, almal genooi en almal het aanvaar.

Nou het ek 'n moewiese probleem ek benodig nou halfgeklede of  halfontklede [dit hang af of jy 'n pesimis of optimis is] jong dames om in die karavaan vensters te sit en mooi lyk.

Het vir Petra gevra of sy in ons wa se venster sal sit maar dink toe so by my selwers dat dit sal dalk almal so skrik op die lyf jaag dat die braai gaan doodloop?

Enige iemand dalk voorstelle?

Vaalpark

Johann L

Fri, 16/06/2017 - 15:17

Arie, nou waars daai jonge dame wiese bikini top so te klein was, sy was dan so gewillig dat jy haar support in haar noot, dit is mos nou weer haar beurt om jou uit te help.

 

0
Waar my wa staan

Arie

Fri, 16/06/2017 - 19:04

NEE........ O dinges wie wil dit nou sien, magtag hoe naar word ek nou!!!

Kry sommer weer daai prentjie van oom Jepie waar hy aan die paal hang, nee blikslaer waars die rum?

0
Secunda

Sleep nou

Sat, 17/06/2017 - 09:43

Braai ou Arie dit bring almal saam praat saam wyn saam en gesellig saam

0
Waar my wa staan

Arie

Sun, 18/06/2017 - 12:24

Nou ja die Walletjies laan se saambraai was toe moewiese suksesvol!!

Lekker ge-eet, gesels en baaaaaie gelag, so lekker dat nog 'n klomp mense later die aand by ons kom aandsluit het. Hulle was getrek deur die lekker lagbuie en kom kyk wat aangaan, en toe sommer bly sit en saam ge-kuier!

Petra en ek het eers 12 uur in die bed gekom!

Ek is ook trotes om te noem dat ek niks anders as twee glase skoon coke gedrink het! Uit ondervinding het ek al geleer dat my arm altyd gedraai word om stories te vertel met so paar grappe tussen in, en as ek dan 'n dop of twee [dalk drie?] in het kan ek nie so vinnig aan antwoorde dink en vind dit moeilik om stories op te maak soos ek praat nie, dus los ek maar die dop.

Man wat 'n lekker aand was dit nie, eers het die Bokke ons trots gemaak, toe lekker ge-eet, en die res van die aand gelag dat die trane loop.

Ontmoet toe ook 'n dametjie van Skandinawie [toe sukkel ek eers, moes toe my ou storietjies in Engels uit dink!] wat die pragtige voornaam van Harda het. Ai 'n mooi naam by 'n mooi vroutjie! Sy tref toe die ongeluk dat sy met 'n pragtige jong boerseun met die van "De Kok" trou.

Ek sien toe dadelik die probleem; dink net as sy die foon antwoord met haar naam en van- Harda De Kok, klink mos so half onbetaamlik, amper soos 'n Italianer wat van 'n man se persoonlike goete praat!!?

Ek het haar aangeraai om liewer die foon te ant met net Harda.

0
Port Elizabeth

Frieps

Sun, 18/06/2017 - 13:08

Ek hoor gisteraand by Colin dat daar regtig 'n Walletjieslaan is waar die "dames" tentoongestel word in die vensters, ek het dit regtig nie eers geweet nie.  (Ook maar dom, sien.)   Toe verstaan ek eers waaroor die Walletjieslaan se saambraai en vrouens in die karavaanvensters gaan!!!

Ek glo om saam met jou te braai sal die trane laat loop.  Nie net trane nie, mens sal  op 'n stadium 'n droë broek ook moet gaan aantrek.   Jy staan seker bekend as die "kamp komediant".     Harda de Kok !!!  laugh

Nee, vaderland, Arie, jy moet 'n boek skryf met al die goeters in.

0
Waar my wa staan

Arie

Sun, 18/06/2017 - 14:04

Ja die Walletjies laan is natuurlik 'n baie beroemde [of is dit berugte] straat in Amsterdam, wonder nou net hoe weet collin van die plek. Ek self het natuurlik baie jare se in diepte ondersoek daar gedoen, nie omdat ek wou nie maar ek het myself gedwonge gevoel om vir my medemens maar die onaangename takie te verrig, kyk nou net, ek kan net so onbaatsugtig soos lolla wees?

Die rooilig begin so op die einde van die sakekern in Amsterdam, aan die een kant is daar pragtige ou europese huise met "Bay windows" waar die dametjies in 'n grootliks ontkleede staat hul ware ten toon stel, daar kan jy dan rustig op jou tyd window shopping doen en besluit wat sal die beste kopie vir jou wees.

Aan die anderkant is 'n Grag of in Afrikaans is kanaal, waar die kanaal huisbote aan die kaai le, hulle is dan ook huisbote van genot waar mens 'take aways" kan koop. Nee eintlik is ek verkeerd die huise en die bote is nie take away plekke nie, jy moet daar eet1

Dan is daar ook dames wat in straat op en af beweeg, en hier bedoel ek hulle loop op en dan weer af in die straat - nie wat spekkies nou weer gedink het nie!

Daar is dan ook 'n vaste hieragie met gepaargaande prys struktuur waaraan streng voldoen word.

Die "eetplekke" op die bote is die duurste, die spyskaart is gewoonlik jong dametjies van so 18 tot uiters 22 jaar oud. meestal dames studente wat die takie verrig om vir hul studies te betaal.

Mens kan nogal baie keer kry dat die dametjie wat jou tot diens was so vyf jaar later jou huis dokter mag wees.

Die dames wat nie graad vang of die sogenaamde drop outs skuif dan later oor na die hiuise toe, dit is nou as hul so 4 of 25 jaar oud word en nie meer as "prime beef" beskou kan word nie. Raak al bietjie taai glad nie meer so soepel sag en vogtig nie. Vanselfsprekend is daar dan natuurlik 'n gepaardgaande daling in die prys. Soos julle weet is daar 'n verskil in die prys van 1 ste graad vleis teenoor 2de graad?

Sou hulle dan die ouderdom van 30  of meer bereik neem die aanvraag sterk af en word hulle dan die sogenaamde "Street walker" Daar kan mens dan take aways kry of so nie sommer so vinnige enetjie daar in 'n stegie of so. die prys is dan natuurlik baie laer, seker gemideld so 35% van die prys op die bote.

Met die street walkers kry mens dan ook gereeld uitverkopings, veral as dit al so 2 tot 3 uur in die nag op 'n koue wintersnag is, dan kry jy partykeer 'n groot bargain selfs soms so laag as die prys van 'n warm beker sop.

Die profesionele loobaan van die dames is amper so erg soos ons rugby spelers, op 35 is daar omtrent meer geen mark vir hulle nie, party kan jy dan kry vir twee of drie sigarette!

Ek het dit so bietjie ligtelik beskryf hier maar dit is baie na aan die werklikheid. dit is eintlik uiters tragies, die meisies gaan bloed jonk in die beroep met die belofte van groot geld. En ja as hulle onder twintig is maak hulle groot geld, ongelukig speel dwelms 'n groot ro lin hul lewe. Meeste kan glad nie beroep beoefen as hulle nie onder die invloed van dwelms is sodat hulle nie bessef wat regtig om hul aangaan nie!

die gebruik van dwelms kos hulle soveel dat hul al hoe harder moet werk om meer dwelms te koop en so verval hulle in absolute wanhoop met geen toekoms voor hulle nie.

Terloops die beroep word streng gereguleer in Nederland, die meisies moet elke 6 maande 'n mediese ondersoek kry en moet hul sertifikate dat hul gesond en skoon is in hul kamers op die muur ten toon stel.

0
Port Elizabeth

Frieps

Sun, 18/06/2017 - 14:59

Nee, ek vra eerder nie hoe Colin daarvan weet nie.  Ek weet hy was nog nie in Amsterdam nie, so dit kan nie uit eie ondervinding wees nie.wink   Seker maar mannestories wat vertel word.

Ek sal maar nie verder uitvra oor die arme vrouens nie, maar wil eerder weet oor die mans.  Loop hulle nou openlik daar rond om te kyk en te kies?  Is hul meestal toeriste of locals ook? 

Wat is die rede dat die Nederlandse regering dit gewettig het en watse voordele hou dit vir die gemeenskap in?   Ek laat my nie vertel daai vrouens het 'n gelukkige normale lewe nie.  Al is dit tydelik 'n bron van inkomste.

0
Waar my wa staan

Arie

Sun, 18/06/2017 - 16:29

Jy praat nou or iets wat my baie na aan die hart le, ek kry daai meisies ontsetttend jammer

Jy kry nie eintlik so baie locals daar nie, meestal toeriste en baie is couples waar die vrouens saam met hul mans daar loop en kyk. Natuurlik net oor die snaaksgeid daarvan. Ja hulle loop heel openlik daar en rondkyk.

Dit is hoofsaaklik gewettig om die bedryf te kan reguleer, ekstra bron van inkomste belasting, gesondheid kan nou beheer word, veral met aids en so aan. Natuurlik bied dit baie beter beskerming aan die dames, hier is dit 'n uiters gevaarlike beroep, baie word vermoor, geslaan en so meer.

Voordele vir die gemeenskap; ja daaroor kan mens seker boeke vol skryf, die akademici is omtrent gelykop verdeel daarvoor en daarteen. Daar word beweer dat die egskeiding syfer en geweld teen vroue drasties afgeneem het? Persoonlik sou ek graag wil sien dat die bedryf hier ook gereguleer word, maar dit is my persoonlike opinie, en suiwer vir eerstens beskerming van die vroue en dan ook vir voorkoming van die verspreiding van seksueel oordraagbare siektes.

Familie lid van my is gelukig getroud met 'n dame wat die beroep vir 4 jaar beoefen het. Sy is nou 'n suksesvolle chemiese ingeneur, hulle het een dogtertjie en is op die oog af baie gelukig, hy is heeltemaal bewus van haar vorige loopbaan.

MAAR die wat wat daar uit kan stap met geld en dan ook 'n gelukige normale lewe kan lei is seker maar net so 5% of minder. Meeste sterf maar hier in hul laat dertigs of vroee veertigs as gevolg van dwelm en drank misbruik.

Interesant genoeg is baie van die dames in die beroep daar omrede hul deur hul Pa, broers of ander naby familie lede as kind misbruik was. Dit het hul self beeld so geskaad dat hul vas glo dat hul niks werd is en geen ander beroep kan volg nie. Baie van hulle is ook snaaks genoeg lesbiers en in 'n vaste intieme verhouding met van hul mede werkers betrokke. 

Ek het lank met die familie lid se vrou gekorospondeer en deur haar met ander ook gekorospondeer. Op daai manier redelike insig in hul lewens en die uiterste smart en wanhoop gekry!

Dit is ongelukig 'n beroep waar daar baie oor gespot word, ek is self skuldig daaraan, maar as jy eers die mens regtig leer ken kry jy 'n heel ander prentjie, daar is baie diepe hartseer agter hul sexy glimlag verskuil.

Ja daar is 'n paar wat ongeskonde met geleerdheid en 'n kans op 'n beter lewe daaruit kom, maar hulle is ver in die minderheid.

Meer oor gemeenskap voordele, baie mans wat van daai tipe dienste gebruik maak het maar een of ander perverse afwyking. Baie mans in top poste waar hul besluite maak oor miljoene Euro's gaan soontoe om verneder te word of met 'n sweep geslaan word. Daar is spesiale dames wat spesialiseer in afwykende gedrag, ek wil nie hier noem oor watse tipe sogenaamde normale mans soontoe gaan vir bevrediging nie.

Ja en ek glo dat vir daai tipe afwyking is hiedie seker 'n goeie [as ek die woord kan gebruik] uit laat klep vir sy drange, beter as om dit op sy vrou of kinders uit te haal.

Pedofiele maak baie van hul dienste gebruik, altyd meisies wat skraal gebou is, amper seuns agtig of jong mans wat amper kinderlik lyk word duur voor betaal om skool uniforms te dra en kinderlik op te tree, dit bevredig dan die pedofiel wat met jong tieners sou lol. die een wat regtig met kleuters lol kan hulle natuurlik nie help nie!

So ja as mens regtig op die saak ingaan is daar tog wel 'n saak te maak vir gemeenskaps diens.

Stop sal mens dit nooit stop nie, so miskien moet mens dit wettig dan is daar darem 'n mate van beheer oor. die ander groot gevaar is natuurlik dat mans wat van daai dienste gebruik maak later 'n vrou beskou as 'n komoditeit wat gebruik kan word en dan weggegooi word?

dit is 'n baie komplekse saak waar daar nie 'n masklike oplosing voor is nie!

Om af te sluit, ek het baie simpatie met die dames, en ook jong mans wat deur omstandighede [al was dit onkunde] in die lewe verval het, dit is erg en my hart bloei vir hulle.

Ek wens eerlikwaar dat ek iets vir hulle kon doen, maar wat??

0
Vaalpark

Johann L

Sun, 18/06/2017 - 20:23

Laat mens altyd dink, as jou kind gebore word het jy sulke mooi verwagtinge vir hulle. Jy wil vir hulle net die beste gee, en jy vertroetel jou kinders met liefde, koester die hoogste verwagtinge.

Dan sien jy op straat die dinge, jy kyk na die jong manne / meisies, wat by die verkeerslig gehawend, vuil en verhonger staan en bedel.

Ek kan nie anders as om te dink, daai persoon wat daar is, was ook op 'n tyd iemand se baba, ouers moes soveel "verwag" het van daai kind,  waar is daai ouer? 

Wat het gebeur, dat daai mens daar beland het.

Ek sal nooit so persoon beledig nie, ek het wel ophou om te gee, maar gee tog nog steeds om.

Het wel eenkeer vir 'n jongman wat bedel, gesê om na die ouer vrou wat staan en koerante / tydskrifre verkoop om 'n inkomste te genereer, gesê hy moet gaan karre oppas, doen net iets om jou omstandighede te verbeter.

Mens se hart gaan vir hulle uit, maar soos Arie sê, wat kan jy doen, jy kan nie almal help nie.

0
Port Elizabeth

Frieps

Mon, 19/06/2017 - 08:08

Dankie, Arie, vir jou verduideliking.   'n Mens moet jammer voel vir die mense, selfs die mans wat soontoe gaan.   Om so 'n lewe te lei kan nie van jou 'n gelukkige mens maak nie.   As Ma kan ek my nie indink hoe dit moet voel as jou dogter so beroep volg of as jy sou weet jou seun besoek sulke plekke nie.   Ons kan maar net sê "there but for the grace of God, go I".

0
Waar my wa staan

Arie

Mon, 19/06/2017 - 10:10

Freda, ja maar daar is ook n saak vir die mans wat take away bestel;

Kyk alle mans betaal maar daarvoor, hetsy in kontant of n huis klere, kos n huis, klere, vakansie, klere en so aan.

Voordel as jy kontant betaal het hulle nooit kopseer nie?

Niks is ooit eenvoudig nie, alles het maar twee kante?

0
Secunda

Sleep nou

Thu, 07/06/2018 - 16:20

By die twee oorde al n paar keer braaiers innie pad gesit saam ander kampers daan word daar gebraai en lekke gekuier die straat ook dan toe kampers wat braai het voorkeur by wat se oorde doen hulle dit nog

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus