JOHANN L: Freda, baie geluk met jou verjaardag vandag, mag dit 'n baie geseënde en vreugdevolle jaar wees. Gods rykste seén wens ek jou toe.
Admin, jammer ek het nie geweet waar om die gesprek te plaas nie.
VOORTREKKER: Darem nog nie te laat nie. Veels gekuk Freda. Hoop jy het n lekker dag gehad!
HARRY DU RANDT: Baie geluk. Mag daar nog baie wees.
Geniet die dag wat oor is en ek hoop jy word bederf vannaand.
FREDA: Ek sien nou eers die draad. Baie dankie Johann, asook Voortrekker en Harry. Ek het 'n baie lekker verjaarsdag gehad. Nou kan ek maar ophou verjaar, die jare stap te vining aan. Ek het hulle gevra om maar eerder weg te bly, maar hulle is meedoënloos en kom jaar vir jaar weer 'n draai maak. :-)
LENNBOS: Baie geluk Freda al is dit later. Mag jy hierdie verjaarsdag saam met die begin van die forum vir altyd onthou as n baie spesiale een.
FREDA: Baie dankie Lennbos. Ja, ek is bevoorreg om my verjaarsdag so te sê saam met die nuwe Kampforum te hê. :-)
KOOS MOL: Hi Freda. Baie seën op jou nuwe jaar. Jy moet onthou die slim manne het nou onomwonde bewys dat hoe meer verjaarsdae jy het hoe langer lewe jy, so verjaarsdae het ook hul voordeel.
FREDA: Dankie Koos. :-) Ja, dit is so, elke verjaarsdag is nog 'n seen in ons lewe.
CHRIS BOUCHER:
Koos Mol het geskryf:
Hi Freda. Baie seën op jou nuwe jaar. Jy moet onthou die slim manne het nou onomwonde bewys dat hoe meer verjaarsdae jy het hoe langer lewe jy, so verjaarsdae het ook hul voordeel.
Slim Koos - slim!!!
Freda - Mag daar nog baie 1 Maart's wees.
Wilsur, dis darem oulik van…
Wilsur, dis darem oulik van jou om sommer 'n week voor my verjaarsdag al daarvan te onthou. Ek sou julle "loud & clear" daaraan herinner het ingeval julle vergeet het. Nou nie juis dat dit hoog op die agenda sou wees nie want dit is mos die tyd wat julle almal pad vat Mabalingwe toe. Die tannie se verjaarsdag sal seker dan tweede kom.
Julle beter 'n glasie op my skink daar by die saamtrek, moenie laat ek julle vang dat julle dit nie doen nie. ![]()





Antie Freda
Ek sien dit is weer sommer om die draai.