Dagse mense wil net n vraag vra .Hoe maklik ondervind julle om besprekings vir die Kruger Park te doen om hulle web werf .Ek kon nog nooit daarin slaag om suksesvol met hulle te bespreek nie mos altyd deur ander plekke bespreek .Maar nou doen Siyabona nie meer kamp besprekings nie net die Tent en Rondawels .Wie gebruik julle ? iemand het dit vir my genoem dat hulle net daar opdaag en vra vir staan plek maar jinne manne ek ry ver om weg gewys te word
LOUIS: Dagsê,
Ek bespreek maar deur hulle inbelsentrum te bel. Dit werk vir my die maklikste. Hulle is gewoonlik behulpsaam en proffesioneel. Maak seker op www.sanparks.org.za of hulle staanplek het vir die tydperk en kampe van jou keuse.
Geniet die wildtuin





Kruger Park Bespreking - Insette
SEGEKOK: Dit is Hel1 se department. Sy moet die besprekings doen. Sover ek weet doen sy die bel en vertel ding.
FRIKADEL: Gelukkig is ek baie in Pretoria so ek gaan fisies na hulle hoofkantoor daar in groenkloof, kyk die man in die oge, maak die bespreking, betaal en waai met my bewys van bespreking en betaling. Geen misverstande nie.
DASSIE: Dankie manne vir die terug voer .Die problem wat ek ondervind is dat ek gebruik die offisiele SanPark se web werf maar elke keer word daar gese daar is nie beskikbare kampeer plekke vir die dae wat ek aanvra .Ek het persoonlik die betrokke kamp gebel en dan se hulle ja daar is staan plekke oop .Ek kry net die gevoel dat die mense by HQ net te lui is om behoorlik te kyk en dan voer hulle jou die bollie storie daar is nie plek nie .Ek het laas jaar in February net daar by die Kruger opgedaag sonder bespeking en in n japtrap 2 weke kamp plek gekry .Soos genoem het ek voorheen Siyabona gebruik hulle was puik maar nou doen hulle nie meer kampeer bespekings nie .Kan ek miskien vra dat van die lede wat op die oomblik kamp in die Kruger net sal uitkyk hoe vol die kamp werklik is want weer eens is ek meegedeel deur HQ die kampe is vol bespreek Dankie byvoorbaat
LEN LOADER:
Dassie, ek maak gebruik van 'n SanParke satelietkantoor (dit is 'n franchise onderneming) hier in die Kaap en Trudie Kotze, 'n oud SanParke personeellid, is in beheer van sake. Ek het nog NOOIT 'n nee by haar gekry nie. As daar nie dadelik plek beskikbaar is nie, hou sy jou versoek ingedagte tot sy plek gekry het. 'n Mens moet egter net billik wees en minstens 'n paar maande vooraf jou versoek vir haar deurgee. Van ons vriende en familie tot in Pretoria maak van Trudie se dienste gebruik.
Die franchise onderneming verdien kommissie by SanParke en suksesvolle besprekings is dus prioriteit vir hulle.
Haar e-pos adres en telefoonnommer is :-
Tel: 021 552-0008
Fax: 021 552-7888
sanparks5@krugerlowveld…