Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Kort net n bonus punt Springbok rugby Geert -1 hour ago
Hennie's toe vanaand Springbok rugby Rona du Plessis -3 hours ago
1997 Isuzu November 2026 Goeie Hout -4 hours ago
1997 Isuzu November 2026 Wessel Strydom -5 hours ago
Len... November 2026 Wessel Strydom -6 hours ago
Geert o Geert.... November 2026 Wessel Strydom -6 hours ago

'n Vuil karavaan ?

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader
Submitted by Len Loader on
Forums

Ek bekyk my karavaan deur 'n venster waar hy in sy motorhuis staan, reg langs my studeerkamer................en dit irriteer my geweldig dat hy nou al vir langer as 'n maand nog netso met sy vuil Wiltuin stof daar staan.  Ons mag mos nie karre of karavane was nie as gevolg van die waterskaarste hier in die Kaap.

Ek het toe besluit iets moet nou gedoen word.  Gister was vroulief se wasdag en ek het twee emmers water opgevang van die wasmasjien se spoelwater nadat die ergste seepwater al uitgespoel is.  Dink nou net daaraan : was 'n Exclusive met twee emmers water !  Ek het besluit om die voorkant en die agterkant eerste te was en die dak en die twee sykante vir 'n volgende wasdag te laat.  'n Trapleer is nader getrek en met 'n emmer bo-op die leer het ek van bo-af ondertoe gewas met soveel en so dikwels water as moontlik op die lap en direk daarna opgedroog met 'n ou handoek voor die seperige water droë strepe vorm. Ek kon die skerm oor die A-raam ook deeglik was, asook die lugversorger agterop die stert.  Daar was ook nog genoeg water oor om die 4 wiele deeglik te was.

Ek is nogal in my skik met die eindresultaat  -  verstommend wat 'n mens kan uitrig as die waternood druk.  Ek gaan volgende naweek die twee sykante was en die dak (wat ek tog nie kan sien nie) vir eers nie was nie.

Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Sun, 10/09/2017 - 07:37

Ons het ons karavaan ook verlede week gewas met emmers water.  Uiteindelik kon ons ontslae raak van al die vlermuise se blertse, wat ons Junie al by Forever Plett gekry het.   Ek stem, dit is nie lekker as die karavaan vuil is nie.

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Sun, 10/09/2017 - 09:02

Sal my waentjie was net voor ek Vrystaat toe oor n maand.

My waentjie was altyd toe onder een van daai sagte seile. Nou span ek net n dun skadunet oor hom en dit werk baie beter. 

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sun, 08/05/2022 - 07:19

Nou ja, neef se blink Jurgie het my laat skaam krywink

My Penta is altyd "skoon", of so lyk dit tot jy regtig begin skoon maak.

Hier is 'n foto van wat ek gister mee begin het, met skrop borsel, Blixem en 'n boor, en natuurlik baie  elbow ghries.

Penta
Dit lyk skoon want dit is egalig vuil, tot jy begin met harde arbeid
Penta
Die stickers het al lankal af gekom, maar ek het al met parrafien die taai probeer afhaal. Na so paar ritte kom die stof maar weer en wys die merke.

 

0
Klerksdorp
Profile picture for user Frans Pretorius

Frans Pretorius

Sun, 08/05/2022 - 12:01

Johann, dagsê. Vir daardie gommerke is paraffien al wat "sag" is op die metaal/verf self. Jy kan probeer om met haardroeër die'n klein oppervlak, wat effe weggesteek is, effe warm te maak n dan die paraffienlappie oor te sit.

Die effe donkerder kleur mag ook wees dat die verf effe verbleik het oor die totale oppervlak behalwe waar plakker op was. Dit is algemeen. Jy kan ook die skoongemaakte oppervak na die hitte en paraffien toets met bietjie koekmeel op te gooi, as dit dan nog oor daardie deel assit, sal jy dalk die hitte en paraffien aanwending so paar keer moet herhaal. Daar was sekere viniel (sticker materiaal) wat effe hardnekkig was om weer te verwyder nadat dit baie aan son blootgestel was.

Dit het my genoop om destyds my eie ontwerpe plakkers bo-00r daardie gedeeltes te plak.

Sterkte.

Groete.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sun, 08/05/2022 - 16:13

Hallo Frans, bly om weer  van jou te lees, dankie vir die inset, ek sal die meel ding probeer en sien wat maak dit.yes

As ek nou met 'n lap oor die dele vryf "voel" ek nie 'n taaiegeit nie, maw. die lap, soos Shaun altyd sê, loop soos stroop.

Gaan ook iewers in die week motor waks aan sit, dit lyk altyd so mooi blink.

Liefde groete vir Linda.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus