Ek bekyk my karavaan deur 'n venster waar hy in sy motorhuis staan, reg langs my studeerkamer................en dit irriteer my geweldig dat hy nou al vir langer as 'n maand nog netso met sy vuil Wiltuin stof daar staan. Ons mag mos nie karre of karavane was nie as gevolg van die waterskaarste hier in die Kaap.
Ek het toe besluit iets moet nou gedoen word. Gister was vroulief se wasdag en ek het twee emmers water opgevang van die wasmasjien se spoelwater nadat die ergste seepwater al uitgespoel is. Dink nou net daaraan : was 'n Exclusive met twee emmers water ! Ek het besluit om die voorkant en die agterkant eerste te was en die dak en die twee sykante vir 'n volgende wasdag te laat. 'n Trapleer is nader getrek en met 'n emmer bo-op die leer het ek van bo-af ondertoe gewas met soveel en so dikwels water as moontlik op die lap en direk daarna opgedroog met 'n ou handoek voor die seperige water droë strepe vorm. Ek kon die skerm oor die A-raam ook deeglik was, asook die lugversorger agterop die stert. Daar was ook nog genoeg water oor om die 4 wiele deeglik te was.
Ek is nogal in my skik met die eindresultaat - verstommend wat 'n mens kan uitrig as die waternood druk. Ek gaan volgende naweek die twee sykante was en die dak (wat ek tog nie kan sien nie) vir eers nie was nie.
Myne gaan weer eerskomende…
Myne gaan weer eerskomende naweek gewas word. Staan ook vol stof in die motorhuis
Dusty, jy mag maar 'n dusty…
Dusty, jy mag maar 'n dusty karavaan hê. Pas by jou naam. ![]()
Sal my waentjie was net voor…
Sal my waentjie was net voor ek Vrystaat toe oor n maand.
My waentjie was altyd toe onder een van daai sagte seile. Nou span ek net n dun skadunet oor hom en dit werk baie beter.
Een vannie dae
My trailer is onlangs gewas een van die dae se ook my karavaan is gewas lekke
Nou ja, neef se blink Jurgie…
Nou ja, neef se blink Jurgie het my laat skaam kry![]()
My Penta is altyd "skoon", of so lyk dit tot jy regtig begin skoon maak.
Hier is 'n foto van wat ek gister mee begin het, met skrop borsel, Blixem en 'n boor, en natuurlik baie elbow ghries.
Johann, dagsê. Vir daardie…
Johann, dagsê. Vir daardie gommerke is paraffien al wat "sag" is op die metaal/verf self. Jy kan probeer om met haardroeër die'n klein oppervlak, wat effe weggesteek is, effe warm te maak n dan die paraffienlappie oor te sit.
Die effe donkerder kleur mag ook wees dat die verf effe verbleik het oor die totale oppervlak behalwe waar plakker op was. Dit is algemeen. Jy kan ook die skoongemaakte oppervak na die hitte en paraffien toets met bietjie koekmeel op te gooi, as dit dan nog oor daardie deel assit, sal jy dalk die hitte en paraffien aanwending so paar keer moet herhaal. Daar was sekere viniel (sticker materiaal) wat effe hardnekkig was om weer te verwyder nadat dit baie aan son blootgestel was.
Dit het my genoop om destyds my eie ontwerpe plakkers bo-00r daardie gedeeltes te plak.
Sterkte.
Groete.
Hallo Frans, bly om weer …
Hallo Frans, bly om weer van jou te lees, dankie vir die inset, ek sal die meel ding probeer en sien wat maak dit.![]()
As ek nou met 'n lap oor die dele vryf "voel" ek nie 'n taaiegeit nie, maw. die lap, soos Shaun altyd sê, loop soos stroop.
Gaan ook iewers in die week motor waks aan sit, dit lyk altyd so mooi blink.
Liefde groete vir Linda.





Ons het ons karavaan ook…
Ons het ons karavaan ook verlede week gewas met emmers water. Uiteindelik kon ons ontslae raak van al die vlermuise se blertse, wat ons Junie al by Forever Plett gekry het. Ek stem, dit is nie lekker as die karavaan vuil is nie.